Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Elmer L. Towns

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns

Скачать книгу

target="_blank" rel="nofollow" href="#fb3_img_img_30e69923-f53c-50be-8b14-9fb31820bbfc.jpg" alt="4205.jpg"/>My gebedstyd

      Here, ek neem my voor om U te volg in wat ek eet en drink.

      Amen.

      3

      Hoekom besluit om te vas?

      Daniël en sy drie vriende moes ’n Babiloniese “opleidings­program” ondergaan om hulle voor te berei om in diens te tree van die koning van ’n vreemde land. Die jong mans is dus van die begin af blootgestel aan Babiloniese gebruike, wette, waardes en oortuigings.

      Hulle het ook van die koning se kos gekry om te eet. Daniël en sy vriende het egter vergunning gevra om nie die lekker kos en vleis te eet of die wyn te drink nie. Dalk het hulle dit gevra omdat die kos aan afgode geoffer is en hulle nie afgodsoffers wou eet nie. Dalk het die wyn hulle dronk laat word, wat ’n oortreding van hul Joodse gebruike sou wees. Of dalk is die vleis nie volgens die Joodse wette en voorskrifte berei nie. Wat die rede ook al was, Daniël het geweet die koning se kos was nie geskik vir hom en sy drie vriende nie; daarom het Daniel hom in sy hart voorgeneem om hom nie met die koning se smaaklike kos te verontreinig nie (Dan 1:8). Het hy dit ter wille van goeie gesondheid gekies, of wou hy sy liggaam vir God afgesonder hou? Albei! Daniël wou God se wil vir sy liggaam volg. Is dit nie ook wat jy vir jou liggaam begeer wanneer jy ’n Daniël-vas volg nie?

      Die Daniël-vas is nie in die eerste plek ’n dieetkundige keuse nie; dit is ’n geestelike gelofte aan God. Jy sal dalk gewig verloor terwyl jy vas; miskien sal jou bloeddruk- of cholesteroltelling daal. Al is dit ’n goeie uitkoms, is dit nie die hoofdoel van hierdie vas nie. Jy vas met ’n geestelike doelwit. Beter gesondheid is altyd ’n sekondêre uitkoms van die Daniël vas.

      Wat gebeur tydens ’n Daniël-vas? Eerstens herevalueer jy jou lewe in die lig van God se perspektief. Tweedens verbreek jy ’n paar slegte eetgewoontes, wat jou gesondheid verbeter. En wanneer jy die Daniël-vas saam met jou gemeente of ’n ander Christelike groep volg terwyl julle met ’n geestelike doelwit voor oë bid, verbeter jou selfbeheersing. Die feit dat die ander lede van die groep jou aanspreeklik kan hou, sal jou selfdissipline versterk.

      Wanneer jy die Daniël-vas volg, begin jy ook met ’n proses om jou liggaam te reinig van vette en ander moont­like newe-effekte van vleis in jou dieet. Jy bely jou sonde, en hierdie ervaring trek jou nader aan God. Baie mense wat aan ’n Daniël-vas deelneem, getuig trouens dat hulle in daardie tyd nader aan God is as op enige ander tydstip in hul lewe. Hoekom? Want hulle is elke oomblik van die dag aan God gehoorsaam. Wanneer jy vas, is jy die hele tyd van jou maag bewus, wat jou bewus maak van die rede waarom jy nie kos eet nie: jou soeke na intimiteit met God.

      ’n Laaste rede om te vas is dat dit jou daartoe lei om God te aanbid. Wanneer jy vas en bid, verheerlik jy God met liggaam én siel.

      4205.jpgMy gebedstyd

      Here, laat U deur my liggaam geheilig word terwyl ek die Daniël-vas doen.

      Amen.

      4

      Hoekom ’n gelofte aflê?

      Die Daniël-vas is ’n langtermyngelofte. Dit is langer as ’n eendagvas (soos die Jom Kippoer-vas, waartydens die Joodse volk vir 24 uur vas). Soos ons vroeër gesê het, het Daniël en sy vriende 10 dae lank gevas (Dan 1). Later het Daniël 21 dae lank gevas (Dan 10).

      Ongeag of jy 10 of 21 dae lank vas, jy moet jou dié twee vrae afvra: (1) Hoekom vas ek? en (2) Wat wil ek deur hierdie vas bereik? Tegnies gesproke behoort jy ter wille van fokus en toewyding aan ’n projek te vas of om ’n antwoord op gebed te ontvang.

      Die Daniël-vas is ’n tydgebonde gelofte. Jy moet voor die tyd besluit hoe lank jy gaan vas en dan hierdie verbintenis enduit nakom. Omdat ek al verskeie boeke oor vas geskryf het, ontvang ek talle briewe van mense wat my van hul ervarings met vas vertel. Soms vertel mense my hulle is reeds op dag 42 van ’n 40-dae-vas. Hulle geniet die ervaring so baie dat hulle nie wil ophou vas nie. Hulle vra: “Wat moet ek nou doen?” Ek skryf terug en sê hulle moet onmiddellik ophou vas. Hul vas was ’n tydgebonde gelofte. Hulle moet op die vasgestelde dag begin vas, die hele tyd hul belofte nakom, en die vas op die vasgestelde dag afsluit.

      Die Daniël-vas is ook ’n dissiplinegelofte. Jy versterk jou karakter in elke faset van jou lewe wanneer jy jou Daniël-vas doen. Wanneer jy beheer neem oor jou liggaam – jou uiterlike self – begin jy ook beheer neem oor jou innerlike karakter. Jy dissiplineer jou liggaam om die Here te verheerlik.

      Die Daniël-vas is ’n geestelike verbintenis. Jy bid terwyl jy ter wille van ’n geestelike doelwit vas. Onthou, jy sal nie veel bereik deur te vas as jy nie ook ernstig en opofferend bid nie. Terwyl jy jou liggaam dissiplineer, dissiplineer jy ook jou gebedslewe.

      Die Daniël-vas is ’n geloofsgelofte. In Markus 11:22 het Jesus sy dissipels aangespoor: “Julle moet geloof in God hê!” Om te verduidelik hoe hulle hul geloof sigbaar kon uitleef, het Hy vir hulle gesê: “Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur” (v 23). Toe Daniël met sy vas begin, het hy ’n geloofsverklaring afgelê om net groente te eet en water te drink. Jou vas is ook ’n verbale verklaring van wat jy van God vra om te doen.

      Die Daniël-vas is ’n gedeeltelike gelofte. Jy gee nie alle kos prys soos met ’n volkome vas nie. Jy drink ook nie soos met ’n normale vas net sap nie. Jy laat eerder sekere kosse uit jou dieet weg, kos wat jy normaalweg sou geëet het. Of jy skakel vir ’n vasgestelde tydperk sekere maaltye uit. Jy kan byvoorbeeld vir ’n bepaalde tyd een of twee maaltye per dag uitskakel. Laastens kan jy ook tydelik sekere gewoontes laat vaar.

      Die Daniël-vas is ’n gesondheidsgelofte. Jy bly weg van partytjie- of kitskos. Jy eet gewoonlik nie tussen maaltye nie, en jy eet net gesonde kos.

      Laastens is die Daniël-vas ’n leefstylgelofte. Toe Daniël toestemming vra om die koning se kos vir 10 dae lank te vermy, het hy sy hele lewe gewy aan die dieet wat hy gekies het. As hy sou aanhou “gesond” lyk, sou hy kon aanhou om sy dieet te volg.

      Sommige mense wat hulle voorneem om nie alkoholiese drankies te drink nie lê ’n lewenslange gelofte af. Hulle verbind hulle daartoe om nooit weer alkohol te gebruik nie. Dalk lê hul hierdie gelofte om gesondheidsredes af, want oormatige alkoholgebruik kan tot sirrose van die lewer en voortydige dood lei. Ander mense lê hierdie gelofte af omdat hulle aan alkohol verslaaf is. Nog ander lê om geestelike redes ’n gelofte af om nie alkohol te gebruik nie, dalk omdat hulle glo dis verkeerd. (My pa het as ’n alkoholis gesterf, en my familie is in armoede gedompel weens sy verslawing. Ek het die Bybel baie noukeurig bestudeer en my persoonlike oortuiging is dat dit verkeerd is om alkohol te drink.) In die Bybel het Johannes die Doper, die profeet Samuel en die rigter Simson ’n lewenslange gelofte afgelê om nie alkohol te drink nie. As ons die Here wil dien soos hulle Hom gedien het, behoort ons hul voorbeeld te volg en die nasireërgelofte af te lê (Num 6:1-8).

      Let wel dat daar nêrens in die Bybel gelowiges is wat die opdrag ontvang het om ’n Daniël-vas te volg nie. Ons het die vryheid ontvang om te mag eet, en ons eet gesond om gesond te bly. God het vir Petrus gesê: “Kom, Petrus, slag en eet” (Hand 10:13). Hierdeur het Hy die seremoniële koswette afgeskaf. Wanneer jy dus gesonde kos eet, eet dit daarom met ’n skoon gewete tot verheerliking van God. “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie” (Kol 3:23). Tog voel sommige mense steeds skuldig wanneer hulle hul Daniël-vas afsluit en na hul normale eetgewoontes terugkeer. Onthou

Скачать книгу