Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Elmer L. Towns

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns

Скачать книгу

ons in 1971 uit Chicago na Lynchburg trek, was daar ’n radikale insinking in die eiendomsmark in Chicago. Ek het daarom my huis in Chicago behou en elke maand die paaiement op die lening betaal. Ek het ’n huis in Lynchburg gekoop en ook elke maand die paaiement op daardie huis betaal. Elke maand het ek gebid dat die huis in Chicago verkoop sou word, maar ek het nie met baie geloof gebid nie. Weens die insinking in die mark was dit moeilik om optimisties te wees. My oë was op die omstandighede gerig, nie op God se vermoë om ’n wonderwerk te doen nie.

      In een stadium het ek vir my vrou gesê: “Kom ons vas op die vyftiende van die maand saam voor God en vra Hom dat die huis in Chicago verkoop sal word.”

      Die paaiement op daardie huis se verband moes op die vyftiende van elke maand betaal word, terwyl die paaiement op my huis in Lynchburg op die eerste dag van die maand betaal moes word. Ek het dit só gereël lank voordat ek daar­aan gedink het om te bid dat God sal ingryp. Ons het daardie maand begin vas en bid, maar niks het gebeur nie. Geen woord uit Chicago nie. Toe vergeet ek heeltemal om te vas, al het ek aangehou om elke dag te bid dat die huis verkoop sou word.

      Toe die tyd nader kom om die volgende maand se paaie­ment te betaal, het ek weer vir my vrou gesê: “Kom ons vas saam op die vyftiende en vra dat God sal ingryp en dat die huis verkoop sal word.” Ons het gevas, en weer het niks gebeur nie. Geen woord uit Chicago nie.

      Ek het aangehou om elke dag te bid, en ek en Ruth het elke daaropvolgende maand op die vyftiende dag gevas, al het niks gebeur nie. Ná ses maande het ons eiendomsagent ons uit die bloute gebel en gesê: “Bid … ek het ’n goeie aanbod op julle huis.” Hy was ’n Christenvriend, maar ek het hom nie vertel van ons vas nie.

      Ná ’n jaar het ek Chicago toe gegaan om die kontrak vir die verkoop van die huis te onderteken. Terwyl ek en die koper sit en gesels, noem hy terloops dat hy omtrent ’n jaar lank na ons huis gekyk het. Hy gee my toe die presiese datum waarop hy die eerste keer na ons huis gaan kyk het. “Dit was met my vrou se verjaarsdag.” Dit was op die sestiende dag van die maand toe ek en Ruth die eerste keer gebid het – presies een dag nadat ons gevas het! Die hare op my arms en in my nek het regop gestaan. Dit is God se werk, het ek gedink.

      Uit my eerste suksesvolle vas het ek drie waardevolle lesse geleer. Eerstens: Wanneer daaglikse gebed nie genoeg is nie, neem vas jou gebede na ’n hoër vlak. God ken jou hart, maar wanneer jy jou opregtheid bewys deur te vas, luister Hy aandagtig en antwoord Hy jou.

      Tweedens: Daar is krag in die gebede van twee of meer mense wat ooreenkom om saam te bid en te vas. Jesus het ons geleer: “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry” (Matt 18:19). Wanneer jy en jou lewensmaat, jou gemeente of enige ander groep gelowiges saamstaan om te bid, is daar krag in jul gebede – veral wanneer julle ’n doelwit stel en ’n gelofte aflê om saam te vas om hierdie doel te bereik.

      Derdens: Volharding is die geheim. As jy eers begin vas, moet jy nie tou opgooi nie. Ek is te bang om eens te dink aan wat kon gebeur het as ek en Ruth opgehou vas en bid het toe die huis ná die eerste keer nie verkoop is nie. Om te volhard met jou vas bewys jou getrouheid aan God en jou vaste oortuiging dat Hy iets magtigs sal doen – en dat Hy dit sal doen in antwoord op jou gebed.

      Kom ons kyk nou in meer besonderhede na jou vas. Wanneer jy wil begin vas en bid, is daar drie elemente wat jy eers in plek moet kry. Eerstens het jy ’n doelwit nodig. In my geval was my doelwit die verkoop van my huis. Tweedens moet jy ’n plan uitwerk. My plan was om elke maand op die vyftiende dag te vas. Derdens moet jy ’n gelofte aflê. Jy moet belowe om met die vas te volhard.

      Jy het waarskynlik reeds ’n projek of doelwit in gedagte, maar ek wil voorstel dat jy ’n kontrolelys vir jou vas opstel soos die een wat volg. Voordat hy van die aanloopbaan af opstyg, gaan ’n vlieënier deur sy kontrolelys om seker te maak alles werk perfek. Hy weet immers as hy net een klein besonderheid miskyk, kan dit ’n groot vliegtuigongeluk veroorsaak. Jy moet net so noukeurig wees wanneer jy vir jou vas voorberei; dis immers net so belangrik soos ’n vlug, indien nie belangriker nie. ’n Vlieënier dink aan die aardse lewe, maar jy spits jou toe op jou geestelike lewe. Gebruik daarom die voorgestelde kontrolelys, of stel jou eie lys op, om seker te maak jy het aan alles gedink en het alles wat jy nodig het om met jou vas te begin. Maak selfs afskrifte sodat jy die kontrolelys by jou kan hê elke keer dat jy vas. (Die voorbeeld van die kontrolelys hier onder is gegrond op my ervaring van vas en gebed toe ons ons huis in 1972 wou verkoop. Dit sal jou ’n idee gee van wat jy kan doen wanneer jy jou eie geloofsprojek op papier wil neerskryf.)

      Kontrolelys vir vas

      Doelwit: Om my huis in Chicago te verkoop.

      Verklaring: Ek glo God antwoord my gebede wanneer ek in Jesus se Naam iets spesifieks vra en die voorskrifte vir gebed volg. Ek begin daarom met hierdie Daniël-vas deur God te vra om my gebed te antwoord op grond van die gelofte waartoe ek my verbind het.

      Wat ek sal prysgee: Dit sal ’n Jom Kippoer-vas wees (met ander woorde, ek sal een dag vas).

      Begin: Sononder op die 14de dag van die maand.

      Eindig: Sononder op die 15de dag van die maand.

      Wanneer ek sal bid: Op die 15de dag van elke maand.

      Bybelse grondslag: Matteus 18:19.

      Bybelbelofte: “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry” (Matt 18:19).

      Hulpbronne nodig: Ek sal in my gebedsjoernaal neerskryf wat God vir my sê.

      Gebedsvennoot: My vrou, Ruth.

      Stappe ná die vas: Berei voor vir volgende maand se vas.

      Terwyl jy jou kontrolelys invul, kan jy ses dinge doen om te verseker dat jy die vas met die regte gesindheid begin. Dit sal jou help om jou geloofsdoel te bereik. Hierdie ses dinge is:

      1.Fokus op jou behoefte. Jy gaan nou iets doen wat nie deel van jou normale roetine of instink is nie. Jy kies om doelbewus nie te eet nie (of nie aan ander aktiwiteite deel te neem nie). Spits jou toe op wat jy wil hê God vir jou moet doen. Skryf jou behoefte duidelik neer; dit sal jou help om te konsentreer op wat jy doen en jou opregtheid om te volhard beklemtoon.

      2.Fokus op wat jy gaan doen. Jy gaan iets aan jou behoefte doen. Jy gaan die probleem voor die Here, die God van die heelal, neerlê. Konsentreer op jou gebedsverhouding met God om die probleem op te los.

      3.Begin en eindig met ’n doelwit. Sommige mense besef hulle het ’n maaltyd oorgeslaan en besluit dan om dit ’n “vas” te noem. Om ’n maaltyd bloot weens omstandighede oor te slaan is nie vas nie, tensy jy doelgerig voor die tyd bid en die tyd wat jy aan jou ete sou afgestaan het, vir ’n geestelike doelwit gebruik. God ken jou hart. Moet ook nie met ’n vas begin met die idee om te kyk hoe lank jy daarmee kan volhou voordat jy weer moet eet nie. Begin met ’n doelwit en beëindig jou vas op die vasgestelde tyd. Begin op ’n spesifieke dag en eindig op ’n spesifieke dag. Eindig sterk! Wanneer jy jou vas afsluit, kan jy vol blydskap ’n maaltyd as oorwinnaar geniet.

      4.Maak al die nodige hulpbronne bymekaar. Voordat jy begin vas, moet jy die hulpbronne bymekaarmaak wat jy tydens jou vas sal nodig hê. As jy vir iemand anders vas, moet jy ’n foto van die persoon kry, sodat jy daarna kan kyk en sodoende jou geheue verskerp. As jy oor rekenings vas, moet jy almal voor jou uitpak terwyl jy daaroor bid. Doen dieselfde as jy vas oor jou besluit om iemand af te dank of aan te stel. Sit die persoon se personeellêer oop voor jou neer terwyl jy bid. Soms lees ek ’n geestelike boek,

Скачать книгу