Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Elmer L. Towns

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns

Скачать книгу

van rou smart; om sonder kos te bly; ook (kontekstueel) om niks te drink nie; om ’n tyd lank te vas; om (’n dag, ens.) as ’n tyd van onthouding te onderhou of te vier.

      God het die mens se liggaam só geskep dat dit kos nodig het om te funksioneer. Om seker te maak die liggaam kry genoeg brandstof, het God in ons ’n aptyt vir kos geskep. Ons noem dit “honger”. Om te eet bevredig ons aptyt en gee ons die krag vir die take en aktiwiteite wat ons gedurende die dag moet voltooi. Hoekom sou iemand dan kies om te vas – om vir ’n bepaalde tydperk nie te eet nie?

      Vanuit God se perspektief is die rede eintlik eenvoudig. Ons vas om ’n geestelike doelwit te bereik. In die Ou Testament het die Israeliete die opdrag ontvang om een keer per jaar te vas: “Julle moet dit as ’n vaste instelling handhaaf dat julle almal … moet vas en alle werk moet staak op die tiende dag van die sewende maand” (Lev 16:29). Hierdie vas het op die Groot Versoendag (Jom Kippoer) plaasgevind. Op dié dag het die hoëpriester spesiale offers gebring om versoening vir die volk se sonde te doen. Tydens die ritueel het die hoëpriester by die Allerheiligste in die kern van die tempel ingegaan. Dit was die enigste tyd van die jaar dat hy daar toegelaat is. God wou hê sy volk moet op hierdie dag vas sodat hulle die ervaring van hul verlossing kon onthou. Almal het gevas om hulle te vereenselwig met die hoëpriester wat ’n lam vir die vergifnis van hul sonde geoffer het.

      Vandag leef ons as Christene onder die genade van God. Daar word nie meer van ons verwag om te vas nie. Jesus sê egter baie duidelik in Matteus 6:16 dat ons om sekere redes toegelaat word om te vas: “As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.” En in Matteus 9:15 sê Hy: “Kan die bruilofsgaste dan treur solank die bruidegom nog by hulle is? Maar daar kom ’n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.” Ons sien ook dat die apostels in die vroeë kerk vir ’n geestelike doel gevas het: “Toe hulle op ’n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: ‘Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.’ Nadat die gemeente gevas en gebid en hulle die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan” (Hand 13:2-3).

      Baie mense wat nog nooit gevas het nie, raak gespanne wanneer hulle daaraan dink dat hulle nie mag eet nie. Hulle wonder of hulle baie honger gaan word, en of die hongerpyne dit vir hulle te moeilik sal maak om met die vas te volhard. Hulle verwag dit gaan ’n onaangename ervaring wees. Dit was waarskynlik wat die lidmate van die Sentrale Baptiste-kerk gedink het toe Ron hulle vra om daardie dag te kom vas. Hou egter in gedagte dat vas nie pynliker sal wees as om op ’n dieet te gaan om gewig te verloor nie. Dit sal jou ook nie skade berokken nie. Eintlik is daar studies wat toon vas is goed vir jou liggaam omdat dit die liggaam help om van gifstowwe ontslae te raak.

      Die doel van vas is nie om jou godsdienstige toewyding aan God uiterlik aan almal te vertoon nie, maar eerder om ’n persoonlike verbintenis tussen jou en God te vestig. Dit is nie altyd maklik nie. Soos met enige ander geestelike dissipline sal jy ongetwyfeld weerstand en teenstand ervaar. Begin daarom jou Daniël-vas – of enige ander vas wat jy onderneem – met ’n volledige begrip van wat jy doen. Jy moet ook weet: Al is die pad moeilik, sal die beloning wonderlik wees.1

      4205.jpgMy gebedstyd

      Here, ek bid dat U my sal lei wanneer ek met hierdie vas begin.

      Amen.

      2

      Wat is ’n Daniël-vas?

      Jentezen Franklin, leraar van die Free Chapel in Gainesville, Georgia – ’n gemeente met 10 000 lidmate – begin elke nuwe jaar met ’n Daniël-vas van 21 dae. Almal in die gemeente vas saam, al vas almal nie ewe lank nie. Sommige mense vas een dag, ander drie dae, sommige ’n week en baie ander die volle 21 dae. Jentezen sê: “Ek het al mense hoor getuig dat net drie dae nadat hulle begin vas het vir ’n geliefde wat aan kanker ly, die kanker volkome genees is. Een vrou se seun was sterwend. Hy het aan leukemie gely en ’n koors van 41 °C gehad. Op die heel eerste dag van die vas het die koors begin afneem en hy het geen breinskade opgedoen nie.”2

      Franklin glo dit is belangrik vir die geestelike groei van die Free Chapel-gemeente om aan die begin van elke nuwe jaar te vas en offers aan God te bring. Sommige gemeentelede vas om van hul verslawing aan gemorskos bevry te word; ander vas om die mag van ’n onbeheerste aptyt te verbreek, en nog ander vas om hul verslawing aan nikotien, alkohol of dwelms te oorkom. Die meeste mense vas egter om God intiem te leer ken. Franklin sê: “Elke jaar moedig ek die lidmate van Free Chapel aan om saam met ons 21 dae lank te vas. Hoekom sou jy kies om die res van jou lewe siek, swak, oorgewig of uitgeput te voel as jy binne 21 dae ’n nuwe mens kan word? Hoekom waag jy nie ’n radikale tree in die geloof nie? Ons het net een lewe om aan God te gee. Kom ons neem beheer oor ons liggaam en leef vir God met die heel beste wat ons het.”3

      Hoe het dit dan gekom dat ’n vas na Daniël vernoem is? Met ander woorde, hoekom het Daniël gevas? Daniël was 16 jaar oud toe die Babiloniërs hom gevange neem. In daardie tyd was Nebukadnesar die koning van Babel. Daniël het in die paleis in Jerusalem grootgeword; dus is hy gekies om voorberei te word vir die een of ander regeringspos in Babel. Nebukadnesar het Daniël gekies omdat hy ’n jong man “sonder liggaamsgebrek” was, “toegerus met kennis, ver­standig, bekwaam en in staat om in die paleis diens te doen” (Dan 1:4, klem bygevoeg).

      Nebukadnesar wou hê Daniël moes “in die paleis diens … doen” (v 4) en hom help om sy heerskappy oor die Jode te vestig. Maar hy wou ook hê Daniël moes “Babilonies” wees. “Die koning het bepaal dat hulle [Daniël en sy drie vriende] ’n daaglikse porsie van sy kos en wyn moet ontvang” (v 5).

      Sommige vertalings gebruik in vers 5 die woord “lekker­nye” pleks van “kos”. Vandag verwys die woord “lekkernye” vir baie mense na eetgoed soos pizza of roomys. Hulle voeg selfs alkohol of dwelms by hierdie lys. Daniël het egter teen die koning se luuksekos besluit. “Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie” (v 8). Let op die woord “voorgeneem” in hierdie vers. Die geheim tot ’n Daniël-vas is om jou in jou hart voor te neem. Dit beteken jy lê aan die begin van jou vas ’n gelofte af dat jy die Here sal volg in wat jy eet en drink.

      Wat het Daniël gekies om te eet? Die Bybel sê vir ons hy het vir die hoofpaleisbeampte gesê: “Maak asseblief tien dae lank ’n proefneming met ons en laat hulle vir ons net groente gee om te eet en water om te drink” (v 12). Die woord “groente” verwys waarskynlik na blaaragtige groente­soorte soos kropslaai, kool of spinasie. Daniël het dus ’n blaargroente-dieet gevolg. Wat was die uitkoms? “Ná tien dae het hulle mooier en gesonder daar uitgesien as die jongmanne wat van die koning se kos geëet het” (v 15).

      Die toets wat Daniël aan die hoofpaleisbeampte voorgestel het, was baie eenvoudig. Wanneer jy met die Daniël-vas begin, kan jy kies om tien dae lank net groente te eet. Jy kan egter ook kies om die langer weergawe van die Daniël-vas te volg, soos dit in hoofstuk 10 uiteengesit word: “Ek het die volle drie weke geen lekker kos geëet nie, my mond nie aan vleis of wyn gesit nie en geen reukolie gebruik nie” (v 3). Daniël het 21 dae of “die volle drie weke” (v 3) lank gevas.

      Die frase “lekker kos” in hierdie gedeelte is interessant. “Lekker kos” verwys na iets wat jou smaakkliere as aan­ge­naam ervaar, soos steak, mosselsop, gebraaide garnale, knoffel­slakke, lamskenkels, en so meer. Die Boodskap vertaal “lekker kos” met “ryk kos of vleis”; die 1953-hersiening praat van “smaaklike spys … en vleis”, en die Nuwe Lewende Vertaling vertaal dit met “geurige kos of vleis”. Al hierdie variasies wys op presies dieselfde feit: Tydens ’n Daniël-vas offer jy die kos op wat jy geniet, en eet jy net wat nood­saak­lik

Скачать книгу