Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Elmer L. Towns

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns

Скачать книгу

Bybelstudie- of kleingroepbyeenkoms by die kerk voor te berei, kan jy eerder bid in die tyd dat jy gewoonlik vir ontspanning lees. Jy kan ook bid pleks van koerant lees.

      •Ander. Dit is ’n baie buigsame area. Mense kan vas van enigiets wat God aan hulle openbaar.

      •’n Gelofte. Hierdie geloofsverbintenis verg dat jy ’n kaartjie onderteken as ’n verbintenis aan God, en nie aan die gemeente of jou leraar nie.

      •Beperk selfoongebruik en teksboodskappe. Al is dit soms noodsaaklik dat ons hierdie kommunikasiemiddel gebruik, is dit tydrowend en moet ons tydens ’n Daniël-vas selfoongebruik beperk. (In die vierde kwartaal van 2008 het jong mense gemiddeld ongeveer 2 272 teksboodskappe per maand gestuur – dit is byna 80 boodskappe per dag.)4

      •Beperk die gebruik van iPad of MP3-spelers. Sommige mense beperk hul musiek deur tydens ’n Daniël-vas net na geestelike musiek te luister (lof-en-aanbiddings­musiek wat die hart vir gebed voorberei). Dit beteken tydens ’n Daniël-vas luister jy na geen sekulêre musiek nie.

      Ek was by die Metropolitan Church of God in Birmingham, Alabama, waar Raymond Culpepper destyds die leraar was. (Vandag is hy die staatsoorsiener van Alabama.) Sy gemeente het probeer om $5 miljoen vir ’n aktiwiteitsentrum vir jong mense bymekaar te maak. Die gehoor van 2 000 mense is gevra om ’n verbinteniskaartjie in te vul, soortgelyk aan die een wat Ron Phillips in sy gemeente gebruik het. Culpepper het gesê: “Ons gaan nie die kaartjies opneem soos ons elke Sondag die dankoffer opneem nie. Ek wil hê julle moet vorentoe kom, na die preekstoel toe, in gebed neerbuig en julle verbind tot die gelofte wat julle afgelê het. Los dan die kaartjies hier by die preekstoel.”

      So baie mense het vorentoe gestap dat daar nie meer plek voor die preekstoel was nie. Die mense het in die paadjies gekniel en dan hul kaartjies tot voor gegooi. Hierdie mense het hulle gelofte om te bid baie letterlik opgeneem.

      Wat kan ons by hierdie gemeentes leer? Klein dingetjies word groot in God se oë wanneer dit ’n teken van ons verbintenis aan Hom is. God let op ons klein liefdesdade: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (Matt 25:40). Jy moet altyd onthou jy vas eerstens nie ter wille van jou gemeente of gebedsverhoring of enige ander rede nie; jy vas vir God, want jy het voor Hom ’n gelofte afgelê. “God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het … nie” (Heb 6:10).

      Voorstelle vir ’n Daniël-vas

      1.Skakel een maaltyd per dag uit en bid in die tyd wat jy sou gebruik het om te eet.

      2.Skakel twee maaltye per dag uit en bid in daardie tye.

      3.Skakel alle nagereg uit.

      4.Skakel alle ryk en oorbodige kos uit wat jy net agter die lekkerte aan eet.

      5.Eet net noodsaaklike kos, en net tydens ’n maaltyd (geen peuselhappies nie).

      6.Skakel alle drankies uit buiten water (geen koffie, tee, gaskoeldrank of gekoopte drankies nie).

      Hedendaagse interpretasies van die Daniël-vas

      1.Geen teksboodskappe, Facebook- of Twitter-bood­skappe wat jou gedagtes van God kan weglei nie.

      2.Geen sekulêre musiek nie, net lof-en-aanbiddings­musiek.

      3.Geen koerante of boeke wat jy vir ontspanning lees nie; staan die tyd aan gebed af.

      4.Geen televisie nie; staan die tyd aan gebed af.

      5.Geen sportaktiwiteite nie; staan die tyd aan gebed af.

      6.Geen seks nie. “Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir ’n be­paalde tyd om julle aan die gebed te wy” (1 Kor 7:5).

      4205.jpgMy gebedstyd

      Here, ek wy klein dinge aan U toe om daarmee te getuig U is in beheer van my hele lewe.

      Here, ek wil getrou wees in elke geloofsonderneming, hoe klein ook al, om groot antwoorde op my gebede te ontvang.

      Here, ek belowe om my liefde vir U op elke moontlike manier, klein of groot, uit te leef.

      Amen.

      6

      Wat is die hoofdoel van die Daniël-vas?

      Wanneer jy met die Daniël-vas begin, is dit maklik om net te fokus op die kos wat jy opoffer of die aktiwiteite wat jy prysgee. Dit is maklik om jou oë te rig op wat jy jou ontsê, en nie op die doelwit waarvoor jy vas nie. Onthou, God is nie beïndruk omdat jy heeltemal opgehou eet het of omdat jy opgehou het om sekere kossoorte te eet nie, selfs al doen jy dit ter wille van jou gesondheid. God is nie beïndruk met die uiterlike dade van jou vas nie. Die geheim van enige vas is nie wat jy uit jou maag hou nie, dis wat uit jou hart voortvloei. God stel hoofsaaklik in jou innerlike menswees belang, nie in jou uiterlike liggaam nie.

      Jesus het die geestelike energie beskryf wat ons nodig het om geestelike hindernisse af te breek: “Maar hierdie goed kan net deur gebed en vas uitgedryf word” (Matt 17:20); daarom moet jy jou geheel en al aan gebed én vas toewy. Die verbintenis van jou uiterlike liggaam tot die vas is ’n weerspieëling van jou innerlike verbintenis tot gebed. Let ook op dat die frase “gebed en vas” in hierdie konteks op ’n voortgesette aksie dui. Dit beteken jy behoort meer as een keer te bid en te vas of dit ’n deurlopende dissipline te maak. Tydens jou Daniël-vas sal jou besluite oor wat jy eet of wat jy prysgee ’n groter invloed op jou gebedslewe hê as die meeste ander geestelike dissiplines. As jy ligtelik met die Daniël-vas omgaan, sal jy waarskynlik nie erns maak met jou toewyding aan gebed nie.

      Die basiese beginsel van dissipelskap is nie ontkenning of selfdissipline nie, dis om Jesus Christus te volg. Jesus het gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg” (Luk 9:23). Dit beteken jy moet na die Here draai en Hom eerste stel in jou lewe, en ook wegdraai van enigiets wat jou keer om Hom te volg.

      Daar is drie woorde of frases in hierdie vers wat jou Daniël-vas behoort te beïnvloed. Die eerste woord is “verloën”. Dit beteken jy behoort ontslae te raak van enigiets wat jou ver­hou­ding met Christus benadeel. Klim van die troon in jou hart af, en laat Jesus daar sit en beheer wat jy eet en drink. Die tweede frase is “elke dag”. Om Jesus te volg vra ’n 24/7-verbintenis. Jou Daniël-vas vereis daarom ’n gelofte om 10 of 21 dae lank te vas, sowel as voortdurende gebed. Die derde woord is “volg”. Jesus het gevas om Hom vir sy geestelike werk voor te berei, en jy moet sy voorbeeld volg met ’n Daniël-vas vir jou geestelike gelofte.

      4205.jpgMy gebedstyd

      Here, tydens my Daniël-vas sal ek myself genot ontsê sodat ek u wil vir my lewe kan soek. Dit is vir my ’n voorreg om lekker kos tot u eer prys te gee en as ’n teken van my verbintenis tot getroue gebed.

      Here, ek het ’n gelofte aan U gemaak dat ek 10 of 21 dae lank getrou sal vas en bid.

      Here, gee my die selfdissipline om my gelofte om te vas na te kom, en gee my die vasbeslotenheid om getrou te bid in my soeke na ’n antwoord.

      Amen.

      7

Скачать книгу