Satyn Omnibus 5. Wilmari Jooste

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Satyn Omnibus 5 - Wilmari Jooste страница 5

Satyn Omnibus 5 - Wilmari Jooste

Скачать книгу

jy op die lughawe?”

      “Wat het dit met jou te doen?”

      “Alles. Ek moes jou gaan haal het. Talien het gesê dis vandag, ek moes die vlugnommer en tyd van aankoms vasstel, maar dit het my skoon ontgaan.”

      Dit wys jou hoe onbelangrik hy haar ag. Tipies Jurg van Deventer, dink sy kwaad. Dink net aan homself! Sy wil die foon neerplak, maar kan nie, nie voor sy die nodige inligting uit hom gekry het nie.

      “Hoekom?” vra sy.

      “Al die krisisse en drama. My gedagtes was op ’n ander plek.”

      “Ek praat nie van jou simpel geheue nie. Ek bedoel hoekom moes jy my gaan haal het?”

      “Jy het mos nie eie vervoer nie, en om ’n taxi al die pad van die lughawe tot op Vuurfontein te kry, sou jou ’n aardige bedrag uit die sak gejaag het.”

      Probeer hy haar opsetlik kwaad maak? Hy het niks verander nie en is nog net so irriterend soos destyds.

      Clio tel tot tien. “Ek bedoel: hoekom moes jý my gaan haal het en nie Arnold nie? Waar’s hy?”

      “Dis ’n lang storie … Het jy al gearriveer?”

      “Lankal, swaer,” antwoord sy sarkasties. “Dis net jý wat uit tyd is, wat nie weet of jy kom of gaan nie.”

      “Op die lughawe gearriveer?” voeg hy by.

      “Ure gelede.”

      “Dessit … Sit jy nog heeltyd daar en wag?”

      Clio is lus om hom ’n dwars antwoord te gee. Maar dis verspot om soos twee kinders te staan en baklei terwyl daar belangriker kwessies is.

      “Nee, ek is by vriende,” verduidelik sy kortaf. “Vir die dérde maal: Wat gaan aan met Arnold? Is hy daar?”

      Jurg is ’n oomblik stil en toe hy voortgaan, is sy stem sober. “Arnold is nie hier nie, Cleopatra, hy is in die hospitaal.”

      Haar maag kry ’n hol kol. Dan was haar voorgevoel sowaar reg … Iets het gebeur.

      “Hospitaal?” eggo sy.

      “In die waakeenheid.”

      Haar knieë is bewerig en sy gaan sit op die stoeltjie voor die spieëlkas. “Wat makeer hom?”

      “Harsingskudding en gebreekte ribbes.”

      Skok en ontsteltenis maak haar stem skril. “En jy sê my nóú eers? Hoekom het jy nie van die begin af so gesê nie?”

      “Jy het my nie juis kans gegee nie.”

      Blaamverskuiwing … Hy was altyd goed daarmee. Clio laat haar nie uitlok nie. Arnold is belangriker as haar en Jurg se kinderagtige vete.

      “Wat het gebeur?” vra sy.

      “’n Perd het hom afgegooi, naby die rivier. Hy het sleg geval – skeef teen ’n boomstam. Een kant van sy gesig is erg gekneus. Johannes, die een voorman, het op hom afgekom. Hy het bekommerd geraak toe Zeus alleen by die stalle aankom en het na Arnold gaan soek, hom ’n halfuur later bewusteloos in die veld kry lê. Genadiglik het Johannes kopgehou en ’n boodskap gestuur na waar ek by die melkery besig was. Ons is met die bakkie uit soontoe, het ’n draagbaar geprakseer en met Arnold hospitaal toe gejaag. Ek het pas met die dokter gepraat. Arnold is gestabiliseer, maar hy het nog nie bygekom nie.”

      ’n Mond vol om te verteer … “Wanneer het dit gebeur?” vra Clio.

      “Vanoggend.”

      “Hoe laat?” Sy weet nie hoekom dit saak maak nie, behalwe as ’n aanduiding of Arnold van plan was om lughawe toe te gaan. As dit vroegoggend was, sou dit hom genoeg tyd gegee het om ná die tyd klaar te maak en haar te gaan haal.

      “Vroeg, omtrent sesuur. Dit is sy gewoonte om soggens douvoordag te gaan ry, voor dit te warm word.”

      Darem ’n troos, vir wat dit werd is … “In watter hospitaal is hy?”

      “Die privaat hospitaal op Bela-Bela. Talien is by hom, maar ek moes terugkom om na probleme op die plaas om te sien. Die kragopwekker het gebreek en die diere is sonder water. In die harwar het ek tred verloor met die tyd. Ek is jammer. Was jy baie bekommerd?”

      “Vanselfsprekend. Ek het Arnold probeer bel, maar daar was nie antwoord nie, en hy het nie op my boodskappe gereageer nie.”

      “Sy selfoon is weg, blykbaar êrens uit sy sak geval. Dalk lê dit nog daar waar hy geval het. Ek sal môre as daar kans is, gaan soek.”

      So, hy het nie kop uitgetrek nie … Die besef van wat gebeur het, dring nou eers ten volle tot haar deur. Arme Arnold, dat so iets met hom moet gebeur. Hy het ’n passie vir perde en is ’n goeie ruiter. Haar pa was altyd te besig en dit was Arnold wat ouboet gespeel het: haar eendag op ’n perd se rug getel en haar geleer galop is soos wals. Een, twee, drie … Een, twee, drie … Ritmies op en af, sy en die perd saam as ’n eenheid. Haar voete in die stiebeuels moenie soos ’n V uitwys buitetoe nie, maar gepunt wees binnetoe, soos ’n pylpunt.

      Sy het gesukkel om die ritme te vind en het eers later tot haar skande gebieg dat sy nie kan dans nie, dat sy nie weet hoe om te wals nie. Hy het nie gelag of haar gespot soos Jurg en ander seuns sou nie. Hy het ewe geduldig tussen Talien se CD’s een gesoek met Strauss se Weense walse op, die stoele in die sitkamer weggeskuif en haar leer wals. Een, twee, drie … Een, twee, drie … Ritmies op en af, terwyl sy bo-op sy voete gestaan het.

      Dit was pret, soos grootmense by ’n partytjie, behalwe dat dit helder oordag op ’n Maandagoggend was en dat hy haar vasgehou het asof sy ’n strooipop was. Daardie skoolvakansie het sy drie nuwe dinge geleer. Sy het leer wals. Sy het leer perdry. En sy het geleer dat die vaal buurseun wat sy al eeue lank ken, ander gewaarwordinge in haar jongmeisiehart wakker gemaak het as wat ’n “ouboet” veronderstel was om wakker te maak.

      Sy kan nie onthou hoe oud sy was nie. Maar Arnold was vyf jaar ouer en moes ook bewus geraak het van die verandering in hul verhouding. Want dit was ’n paar weke daarna dat hy op ’n kol skielik aangebied het om haar boekesak te dra, een middag ná atletiekoefening toe sy ’n pakkerasie gehad het van spykerskoene, sweetpak en nog ’n tennisraket ook. In die skoolbus het hy ewe luiters die pakkerasie op die vloer by sy voete ingedruk, die raket op sy skoot vasgehou en vir haar die helfte van die bank oopgehou om langs hom te sit.

      Vir ’n skaam ou was dit ’n groot stap. Dit het maande geduur – tot die volgende skoolvakansie – voor hy moed bymekaargeskraap het en een middag by die Hoekkafee op die dorp vir haar ’n melkskommel gekoop het. ’n Lang pienk glas vol, die kleur van die T-hemp wat sy aangehad het.

      Sy was baie selfbewus, bang sy mors of die mense kyk vir hulle. Sy en Arnold het altyd land en sand aanmekaar gesels, oor enige ding onder die son, maar skielik het sy met ’n mond vol tande gesit en kort-kort aan haar pienk hemp gerem omdat sy bang was dit sit te styf en meet haar figuur af, wat begin grootmeisie word het hier bolangs.

      Sy het gewonder of Arnold opgelet het … Of kyk seuns net na rugby en nie na sulke goete nie? Die tienertydskrifte wat sy verslind het, het gesê hulle kýk. Hulle sien en wéét van dié goete.

      Sy

Скачать книгу