Satyn Omnibus 5. Wilmari Jooste

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Satyn Omnibus 5 - Wilmari Jooste страница 6

Satyn Omnibus 5 - Wilmari Jooste

Скачать книгу

later, toe sy en haar maats op hulle beurt in rugby begin belangstel het. Ook na die seuns in ’n skrum begin kyk het, en onderlangs gefluister en gegiggel het.

      Jurg van Deventer se kuite was die gespierdste en sy sitvlak die platste, het die ry meisies op die pawiljoen besluit en aan hom vyf sterretjies toegeken. Clio het heimlik saamgestem, maar dit het nie saak gemaak nie, want Jurg het nie getel nie. Sy het ’n renons in die jonger Van Deventer-broer gehad en hom ’n minuspunt gegee – vir sy lelike persoonlikheid. Vir haar was Arnold se skraal lyf die mooiste. Hy was haar maat, haar held, haar kêrel.

      En nou het hy sleg geval, skeef teen ’n boomstam, in ’n koma, met harsingskudding …

      Hy het vir haar geskryf van die nuwe hings wat hy ’n tyd gelede gekoop het. Zeus. Pikswart, en met ’n stamboom langer as prins Charles s’n, het hy gespot. Nou het die hings hom byna laat verongeluk …

      In haar keel brand die rouheid van ingehoue trane en Clio sukkel om te praat. “Ek sal hom … vir Arnold graag wil sien.”

      “Natuurlik,” stem Jurg saam. “Dis verstaanbaar. Hierdie vriende by wie jy bly: is dit ou bekendes van jou ouers?”

      “Nee, ’n meisie wat ek op die vliegtuig ontmoet het.”

      “Wie is sy?”

      “Aloma Bremer.”

      “Waar woon sy?”

      “Pretoria.”

      “Watter deel?”

      Sy raak ongeduldig met al die vrae. “My kop is suf. Ek weet nie, ek kan nie onthou nie.”

      “Dit maak nie saak nie. Ek sal nog so ’n halfuur hier besig wees voor ek kan wegkom. Dan moet ek gou by die hospitaal aangaan, maar daarna kan ek ry om jou te kom haal.”

      Sy is huilerig en nie lus om in Jurg se gesig vas te kyk nie. “Teen daardie tyd is dit al middernag. Toemaar, ek sal self ’n plan maak.”

      “Hoe?” vra hy skepties.

      “Ek sal loop. Duimgooi. Op ’n donkiekar ry of agterop ’n lorrie. Ek is nie die hulpelose soort nie.”

      Hy is ergerlik. “Hou op bog praat. Jy kan nie loop nie, dis te ver. En ryloop is te gevaarlik, veral in die aand. Dis Suid-Afrika hierdie, nie Kanada nie.”

      “Wat gee jy om as ek oor die kop geslaan word?”

      “Met my broer buite aksie is ek verantwoordelik vir jou.”

      “Dis onnodig. Ek het nie jou hulp nodig nie.”

      “Nog net so koppig soos altyd. Het jy nie intussen grootgeword nie?”

      “Ek het, maar klink my dis jý wat in die hek bly sit het,” kap sy teë. “Nog net so baasspelerig soos altyd. Loop maak die kragopwekker reg en gee vir jou diere water. Ek sal my eie sake reël.”

      “Wag vir – ” begin hy, maar Clio laat hom nie klaar praat nie en druk die foon dood. Sy is nie lus vir ’n stryery met Jurg nie. Hy is die soort wat aanhou karring tot hy gewen het.

      Sy bly voor die spieëlkas sit met haar kop in haar hande gestut, stel haar ’n prentjie van Arnold in die hospitaal voor: bleek en slap teen die kussings, toe oë en onbewus van wat om hom aangaan. Harsingskudding dui gewoonlik op ’n breinbesering, en dis gevaarlik. Onvoorspelbaar. Wat gebeur as hy nie bykom nie? As daar breinskade is?

      Of is sy onnodig negatief? Dis moegheid en stres wat haar so ’n doemprofeet maak. Sy vryf met haar vingerpunte oor haar slape, waar ’n hoofpyn begin klop. Deels spanning, deels moegheid. Sy is gistermiddag eenuur uit Calgary weg, wat beteken dat sy meer as vier-en-twintig uur op pad was. Agtien uur daarvan in ’n beknopte vliegtuigsitplek, waartydens sy nie ’n oog toegemaak het nie. Die res van die tyd in lughawens se vertreksale waar sy moes spook om haar bagasie te kry en weer ’n aansluitingsvlug te haal. Sy voel of ’n trop beeste oor haar gehardloop het.

      Dit herinner Clio aan haar ouers, en sy bel huis toe om haar ma te laat weet sy het veilig gearriveer en haar van Arnold te vertel.

      Sy het pas klaar gepraat toe Aloma inkom.

      “Jy bly so lank weg, ek het gewonder …” Sy bly stil en kyk met groot oë na Clio. “Wat is verkeerd?”

      Clio vertel. Van die perd, die val en die hospitaal.

      “Ek het geweet Arnold sou my nie in die steek laat nie. Hy is nie só nie. Hy is … hy …” Haar stem breek. “Hy’s lief vir my … Ek kan hom nie alleen daar in die hospitaal laat lê nie. Ek moet na hom toe gaan.”

      “Hy is nie alleen nie. Sy tante is by hom,” paai Aloma.

      “Arnold het baie seergekry, hy het my nodig …”

      “Hy is in goeie sorg, en die dokters ken hulle werk. Daar is niks wat jy vir hom kan doen nie.”

      Clio druk haar hand teen haar mond. Haar skouers ruk en sy begin huil.

      Aloma laat haar op die bed sit en gee vir haar die boks snesies aan. Sy praat rustig om Clio te kalmeer. “As Arnold in intensiewesorg is, sal jy nie by hom toegelaat word nie. Jy is gedaan, vodde. Jy het rus nodig – ’n paar uur se slaap, anders gaan jy oppak. Dan is jy vir Arnold niks werd wanneer hy bykom nie.”

      Clio lig ’n betraande gesig op en haar oë pleit by haar vriendin. “Dink jy hy sal? Sál bykom?”

      “Dis nie in ons hande nie. Jy moet bid, glo en vertrou.”

      “Ek het hom van lelike goed verdink. Dat hy nie vir my omgee nie, selfs dalk ’n ander meisie het en my nie op Vuurfontein wil hê nie. Dit was lelik van my.”

      “Dit was ’n natuurlike reaksie. Jy het mos nie geweet wat gebeur het nie.”

      “Maar ek het dadelik die slegste gedink! Arme Arnold het beter verdien …”

      “Jy het nie geweet nie. Jy was moeg en gestres.” Aloma hou haar vas en wieg haar heen en weer, soos ’n kind wat ’n nagmerrie gehad het.

      “Jy moet iets eet, dan sal jy beter voel. My ma het sommer vinnig ’n souttert gemaak. Ek gaan vir jou daarvan inskep, met lekker vars brood en Marmite. Dis een van die dinge wat ek gemis het – mens kry mos nie Marmite oorsee nie. Ná ete bel ons die hospitaal en vind uit hoe dit met Arnold gaan.”

      “Vóór ete,” dring Clio aan.

      Pleks dat sy Jurg vir Talien se selfoonnommer gevra het. Sy sou darem net wou groet, en Talien is reg dáár, by Arnold se bed. Talien sou haar meer kon vertel as Jurg; geduldiger haar vrae beantwoord het en haar dalk kon gerusstel.

      “Ons kan hospitaal toe gaan,” bied Aloma aan. “Ek sal jou neem, dis nie ’n probleem nie. Maar jy lyk of jy skaars een voet voor die ander kan sit sonder om in te konk. Dis beter as jy eet en rus inkry, dan ry ons vroeg môre-oggend.”

      Aloma is self ook gedaan, besef Clio. Dit was vir haar ook ’n lang vlug, en sy dra haar eie hartseer. Wat sy sê, maak sin. Clio sou graag by die hospitaal wou wees, maar kan nie van haar vriendin verwag om dié tyd van die aand al die pad Bela-Bela toe te ry

Скачать книгу