Koukonap. Johann Botha

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Koukonap - Johann Botha страница 7

Koukonap - Johann Botha

Скачать книгу

in al drie skole is Afrikaans. Koukonap is dalk die Afrikaansste dorp in die hele wêreld. Almal praat Afrikaans, selfs die dorp se Engelse. Die aard en gehalte van die onderwys verskil egter, omdat die skole onder drie verskillende departemente val. Die Kaapse Onderwysdepartement sorg vir Koukonap Hoër. Onderwys in Breipaal val onder Kleurlingsake. Bongani se kleintjies kry Bantoe-Onderwys.

      Van hierdie ingewikkeldhede is Dries, en na hom Karel en Theunie, onbewus. Die dorp waarin hulle grootword, is ’n dorp waarin wit mense woon. Bruin mense en swart mense kom die dorp binne om in die huise en tuine en kantore te werk. Na werk verdwyn hulle op ’n doodnormale, vanselfsprekende manier. Nege-uur die aand lui daar ’n sirene. Dis die aandklok. Dan mag daar geen mens van kleur sonder ’n pas van die landdros meer in die dorp wees nie.

      Teen die tyd dat hy skool toe gaan, aanvaar Dries dat die dorp se mense nie skroom om hul werkers kaffers en hotnots te noem en self as baas of miesies aangespreek te word nie. Dis maar hoe dit is. Sy onderonsie met Jason was vir hom dus ’n skok. Eintlik hou hy nogal van Jason. Dat Jason dalk nie ’n hotnot wil wees nie, of genoem wil wees nie, het nie vantevore by hom opgekom nie. Maak dit regtig saak as Jason nie vir hom kleinbaas wil sê nie?

      Van een ding is hy vas oortuig, maak nie saak wie wat daarvan sê nie. Jason se ma, Ênie Malmok, die Fouries van Koukonap se Ênie Malmok, is beslis nie ’n hotnot nie. Nie Ênie nie.

      Aan sulke kwessies dink Dries net in die verbygaan. Die lewe is vol veel belangriker dinge. Een van daardie dinge is die feit dat ’n mens moet skool toe gaan. Of dit ’n goeie of sukkelende skool is; of dit ’n bevoorregte wit skool is of bloot ’n tipiese plattelandse skool wat na die beste van sy vermoë sy gemeenskap probeer dien – dit alles val buite Dries se verwysingsveld. Skool is skool.

      Volgens die dorp se persepsie is Koukonap Hoër ’n mekka van onderwys in die Noord-Kaap. Die skoolhoof spog met ’n B.Ed. van Bloemfontein en die geskiedenis-onderwyser het ’n M.A. van Stellenbosch. Dis ’n gekombineerde laer- en hoërskool wat leerlinge van sub A tot matriek huisves, in ’n baie goeie jaar dalk by die vyfhonderd kinders. Selfs die haasbekkies, vir wie Sus en Daan leer lees nog Grieks is, leer om Maandagoggend uit volle bors saam te sing as die saalbyeenkoms afgesluit word met die skoollied:

      Ken jul reeds vir Kouk’nap Ho-ho-her

      Langs die bos-omsoomde Vaal

      Waar die do-ring-bo-me wagstaan …

      Dries het uitgewerk hy het altesaam, van dag een tot hy twaalf jaar later die laaste vak van die eindeksamen afgelê het, meer as twaalfduisend uur op Koukonap se skoolbanke deurgebring. Op die keper beskou het min van daardie ure, terwyl die son buite oor die skool se dak beweeg en die peperbome op die speelterrein se lang skaduwees krimp en stadig weer begin rek, in sy herinnering bly steek.

      Van sy vroeë skooljare onthou hy – wat? Hoe hy met ’n griffie, ’n lei en ’n klam lappie leer skryf het. Dat spelling belangrik en lees ’n openbaring was. Hoe mevrou Van Rheede somme met ’n liniaal oor die kneukels gekorrigeer en verseker het dat die maal-tafels uit die kop geleer word.

      In die somer het die skool vroeër begin om die middag se ergste hitte vry te spring. Dan het die seuns net ’n hemp en kortbroek aangetrek en kaalvoet skool toe gegaan. Wintersoggende was die wêreld wit geryp en die emmer water onder die kraan by die agterdeur met ’n dik yslaag bedek. Op pad skool toe het jou asem wolkies in die lug geblaas en in die klaskamer moes jy eers jou stram vingers voor die swart stofie ontdooi voordat jy kon skryf.

      Speeltyd het die kinders van die dorp hul kosblikkies of toebroodjies in waspapier saamgevat na die speelterrein. Van die arm kinders van Die Erwe het nooit skoolkos saamgebring nie, maar kon met hul blikbekers in die tou val by die groot ysterbalie waarin oom Koos Potgieter, bygenaamd oom Koos Pot, in die winter sop of melk warm gemaak het.

      Dries het op ’n dag besef dat party kinders op ’n gegewe dag nie veel meer as dit te ete sou kry nie. Dit was die dag toe Faan Spengler, die klasboelie, vir Koenie Horn uit die sopry gestamp het.

      “Moenie so ’n donnerse vraat wees nie,” het hy gesê. Nog ’n stamp. “Weg is jy. Ander wil ook hê.”

      “Los hom tog uit, Faan.” Barbara van Deventer wil altyd iemand beskerm, maar takt is nie haar sterk punt nie. “Foei tog, hy is seker net honger.”

      “Hy het al gehad,” sê Faan. “Toe, vra hom self.”

      Maar Koenie stap sommer skuins na eenkant toe. Daar is ’n huiltrek op sy gesig. Wat daarna gebeur, het lank by Dries bly spook.

      Een van die kinders sien daar is fout met Koenie se broek.

      “Kyk net daar! Ek sweer hy’t in sy broek gepis.”

      “Sies, kyk die strepies daar teen sy been af.”

      “Hy het seker nie gewas nie. Het jy, Koenie?”

      “Kyk hoe bruin is sy bene.”

      “Dis maar altyd so bruin.”

      “Nou is dit bont.”

      “Bontbeen Koenie. Ou Bont-been Koe-nie, kan-nie nog kry-nie.”

      Party kinders lag. Ander kyk weg. Dries wens hy het die moed gehad om te praat. Dis nou te laat. Hy loop stilletjies agter Koenie aan. Hulle is ’n ent weg van die kinders by die balie.

      “Hierso, Koenie,” sê hy. “Jy kan my toebroodjie kry.”

      “Gaan kak,” sê Koenie.

      7. Arnotstraat

      Teen die tyd dat Lenie vir Theunie verwag het, was dit duidelik dat hul huurhuis te klein word. Lood het nagte wakker gelê van somme maak. ’n Groter huurhuis was natuurlik ’n opsie, maar Lood was besig met ’n kopskuif.

      Tot dusver het hy sy verblyf op Koukonap nog steeds as tydelik beskou. Sy eintlike tuiste, waarheen hy mettertyd sou terugkeer, was die Oos-Vrystaat. Miskien eendag Bloemfontein. Dat hy nou besig was met planne om eiendom op Koukonap te bekom, was vroeër ondenkbaar. Sonder dat hy dit agterkom, het hy hom versoen met ’n nuwe werklikheid. Op ’n manier was dit ’n tuiskoms.

      In sulke sake is vrouens meer prakties as mans. Lenie mag wel ’n gevoelsmens met ’n sterk streep romantiek in haar samestelling wees, maar waar dit om haar gesin se beswil gaan, oordeel sy met ’n genadelose nugterheid. Sy het lankal besef dat Lood se rol as posmeester op ’n klein dorp soos Koukonap hom baie goed pas. Hier is hy van aansien, die portuur van sakelui, boere en mense soos die predikant, die landdros en die sersant van polisie, die skoolhoof, die dokter en die dorp se twee prokureurs. Hier is hy baas van sy plaas; hy hoef by niemand te flikflooi ter wille van bevordering nie.

      Al wat hy hoef te doen, is om sy ambisie te temper.

      Ryk is die Fouries nie. Lood verdien ’n staatsdienssalaris waarmee hy verstandig te werk gaan. Hy weet hoe dit was om arm te wees. Dit het hom respek geleer vir geld, hom versigtig gemaak vir impulsiewe uitgawes en bang vir skuld. Hy verkies om binne sy vermoë te leef. Die beginsel is eenvoudig. As jy iets nie kan bekostig nie, moet dit nie koop nie.

      Hoewel daar dus nie oordaad is nie, ly Lood se gesin nie gebrek nie. Hulle voer in alle opsigte ’n ordentlike bestaan. Hul huurhuis en tuin word behoorlik in stand gehou. Daar is ’n paar akkertjies vir groente. Lenie sorg dat dit binne blink. Hoewel nie van die duurste nie, getuig haar gordyne, linne en breekware van goeie oordeel. Daar is vars

Скачать книгу