Sirkus. Irma Venter

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sirkus - Irma Venter страница 11

Автор:
Серия:
Издательство:
Sirkus - Irma Venter

Скачать книгу

hou van die geluid van die mes en die hout. Die skoon, soliede, warm klank. Die eenvoud van dit alles. Mens gooi mis, of raak. Niks tussenin nie.

      “Adriana. Kom nou. Jy moet gaan leer.”

      Daisy gaan nie ophou neul tot ek my huiswerk doen of oor iets praat waarin sy belangstel nie. “Het julle al nuus oor Jonas?”

      Sy bly stil.

      Ek draai na haar.

      “Jonas is gearresteer,” sê sy uiteindelik.

      My hand, gereed om weer te gooi, sak. “Wat het hy gedoen?”

      “Iets oor die Staat. Ek verstaan nie mooi nie. Tiny probeer uitvind, maar niemand wil hom eers sê waar Jonas aangehou word nie.”

      “Iemand moet seker weet.”

      “Mense in hierdie land word gereeld gearresteer sonder dat iemand ooit weet hoekom.”

      “Ek’s jammer.” Ek weet nie wat anders om te sê nie. En ek weet om stil te bly oor wat ek dink, nes die Hollander altyd sê ek moet.

      Daisy kyk lank na haar skoene. “Jy weet nie dalk iets nie? Soos waarmee Jonas besig was nie? Hy wou niks vir my sê nie.”

      “Wat bedoel jy, weet ek iets? Hoe sal ek iets weet?”

      “Jou pa. Hierdie plek. Tiny.” Sy trek haar skouers op. “Julle leef nie soos die meeste wit Suid-Afrikaners nie.”

      Ek gooi die mes, mis die bord amper heeltemal. “Jy ook nie.”

      Sy bly stil, lag dan. Draai dat ek nie haar gesig kan sien nie.

      Thuk.

      Amper daar. Dis beter.

      Thuk.

      Donnerse gemors van ’n land.

      Thuk.

      Van ’n huis.

      Thuk.

      Van ’n lewe.

      RANNA

      1

      Pretoria, vandag

      “Ek sal ’n afspraak maak,” stry ek. Rek my treë om by Liesbet Fey by te hou. “Volgende week is goed.”

      Die vrou het dié leuen seker al baie gehoor. Sy hou net aan loop, haar voetstappe lig op die dun blou mat.

      Ek bly stil, volg haar gedwee, verby die rye houtbanke en om die kansel na die deur wat na die konsistorie lei. Die plek ruik soos alle kerke: kerswas, politoer, hout. Een keer per week word alles netjies skoongemaak en blink gevryf.

      Sy hou die deur oop en wag dat ek inloop.

      “Dis sommer laf,” skerm ek weer. “En jy het nie tyd nie.”

      Sy waai my besware weg. “Ek het baie tyd. En soms is mens net dapper omdat die tyd reg is. Of as die geleentheid vir jou geskep word.”

      ’n Pienk pamflet teen die muur sê die NG Kerk Moot-Suid hou oor twee weke basaar. Hulle kort eiers en suiker vir die pannekoek­tafel.

      ’n Binnedeur wat oopstaan, lei na Liesbet se kantoor.

      Die vertrek is lig en koel. Die son val deur kantgordyne wat af en toe in ’n effense wind beweeg. Die mure is diepbruin geverf en teen twee mure hang kleurryke landskaptonele, geskilder deur E Fey. Rye foto’s hang teen die ander muur. Op die vloer lê ’n geweefde rooi mat.

      Weer dink ek aan Adriana. Dié vertrek lyk amper asof sy dit ver­sier het. Ek sweer hierdie vrou is familie van haar.

      Liesbet maak die deur sag en beslis toe. Sy loop verby my en gaan sit, beduie na die stoel oorkant hare. Daar is geen lessenaar nie. Niks om dit soos ’n onderhoud te laat voel of jou bang te maak dat iemand in jou kop gaan rondkrap nie.

      ’n Foto van ’n jetty wat ver die see in strek, trek my aandag. In die voorgrond staan ’n ou man met wit hare en skerp blou oë langs ’n Land Cruiser. Ek sweer ek ken die plek.

      Ek draai na haar. “Swakopmund?”

      “Ja. Ek was ’n proponent daar tot so vyf maande gelede. Nou is ek hier, een van drie leraars vir hierdie kerk.”

      Ek staar weer na die foto. “Ek sou die see te veel mis om hierheen te kom.”

      “Wil jy nie maar sit nie? Ek sal nie byt nie.”

      Deur die oop venster hoor ek hoe die grassnyer stil word. Veraf klap ’n bal teen ’n krieketkolf.

      Ek gaan sit onwillig.

      “Jy’t gesê jy wonder oor kinders. Waaroor wonder jy?”

      Ek kruis my arms, sug. “Of ek kinders moet hê. Wil hê.”

      “Dis nogal ’n belangrike verskil.”

      “Nie regtig nie … Wel, ja, miskien.”

      “Is jy getroud?”

      “Ek bly saam met iemand. Ek dink hy wil kinders hê.”

      “Dink?”

      Hmm, uitgevang. Alex was nie seker van sy saak nie.

      Sy leun vorentoe. “As jy moet praat sonder om te dink, wat sê jou hart?”

      “Ek weet nie. Ek raak ouer, die tyd raak minder. Maar my ouerhuis … dit was nie maklik nie. Leer mens nie meeste van jou slegte gewoontes by jou ouers aan nie?”

      “Party gewoontes dalk, maar nie almal nie. Sommige is maar ons eie. En ook ons eie skuld.”

      “Jy’s seker reg.”

      Ek skuif ongemaklik rond. Wat moet ek doen? Ek wil vir seker nie verder oor kinders praat nie. “Ken jy regtig nie ’n Adriana nie?”

      “Jy sê haar van is De Klerk?”

      “Ja.”

      ’n Stem praat skielik by die venster. Ek skrik. Soek na die wapen agter my rug.

      “Totsiens, dominee,” groet die ou man wat netnou nog gras gesny het. “Sien dominee oormôre weer.”

      Liesbet draai na hom dat hy haar lippe kan lees. “Dag, oom Freddie. Mooi ry.”

      Toe sy terugsit in haar stoel, weet ek ek het die Glock te laat gelos.

      Sy huiwer ’n oomblik. “Wat is agter jou rug?”

      “Niks nie.”

      “Is dit ’n pistool? Ons laat geen wapens in die kerk toe nie.”

      Ek

Скачать книгу