Melodie Omnibus 2. Wilmari Jooste

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Melodie Omnibus 2 - Wilmari Jooste страница 17

Melodie Omnibus 2 - Wilmari Jooste

Скачать книгу

oë skiet vonke en sy byt behoorlik die woorde tussen haar tande uit: “Ek ís ’n gewone vrou, nié een of ander frats nie. En wat meer is: my doen en late het absoluut niks met jou uit te waai nie. Soek jy maar liewer die moordenaar en los my net uit.”

      Haar volgende woorde is aan Gerrie gerig. “Verskoon my, asseblief. Ek is skielik nie meer honger nie.”

      Met ’n laaste, vernietigende blik na Jans draai sy om en stap ken omhoog na die uitgang.

      “Sjoe, dit was onverwags! En wat nou van haar kos?” wonder Gerrie verbaas.

      “Eet jy dit maar, dan hoef ek tog nie weer jou treurmare oor die klein porsietjies aan te hoor nie,” reageer Jans stram.

      In sy gedagtes verwens hy homself. Hy moes sy woorde beter gekies het, maar dit was darem nou ook nie só erg nie. Het sy maar so ’n kruidjie-roer-my-nie-geaardheid, of is daar meer agter dié skielike uitbarsting?

      Ná ete stap hy ingedagte terug na sy chalet. ’n Uur of twee gaan hy weer deur sy aantekeninge, maak notas en onderstreep hier en daar iets.

      Gelukkig is dit ’n langnaweek, so die meeste mense vertrek eers môre. Daarna gaan sy ondersoek aansienlik bemoeilik word, want sy getuies gaan letterlik oor die hele land versprei wees. Hy moet seker maak dat hy niks miskyk nie. Dis dalk die toevalligste gebeurtenis of opmerking wat vir ’n deurbraak in die saak kan sorg.

      Toe hy uiteindelik sy lig afskakel, sien hy dat Fransien se ligte nog brand. Wat sou sy so laat so op haar eentjie doen? Is dit ’n skuldige gewete wat haar wakker hou? Of is sy dalk nie alleen nie? Het sy dalk geselskap – mánsgeselskap?

      Hierdie laaste gedagte staan hom meteens glad nie aan nie.

      Miskien moet hy haar môreoggend ’n bietjie gaan paai – sommer vroeg-vroeg. Sy is ’n belangrike getuie, en hy kan dit nie bekostig dat sy hom vyandiggesind is nie. Hy het haar volle samewerking nodig.

      Sy is darem deksels mooi as sy so blosend in haar slaapklere staan – én sy maak wragtie lekker koffie …

      13

      Soos elke oggend sedert sy by die vakansieoord aangekom het, maak die voëlgekwetter Fransien met sonsopkoms wakker. Ná haar klein ontploffinkie by die restaurant die vorige aand was sy – kwaad en ontsteld soos sy was – boonop verplig om vir haarself te kom kos maak.

      Met al die woelinge in haar kon sy toe ook nie aan die slaap raak nie. Ná ’n halfuur of meer se rondrol het sy maar weer haar lig aangesit en ’n boek begin lees. Dit was nou net mooi die verkeerde ding om te doen; sy weet mos sy kan nie ’n boek neersit as sy dit eers begin het nie.

      Dit voel asof sy pas aan die slaap geraak het toe die veervolkie die vroegoggendskemering op hulle vrolike, luidrugtige manier begin groet. Sy probeer eers die gefluit en gekweel ignoreer, maar eindelik gee sy die stryd gewonne.

      Sy is nou klaar wakker en sy is lus vir koffie. Dit móét ’n besonderse sonsopkoms wees wat soveel rumoer ontlok, dus kan sy net sowel buite gaan sit en deel vorm van die verwelkomingskomitee – met ’n bekertjie koffie byderhand, natuurlik.

      Met ’n behaaglike suggie koester sy ’n rukkie later die beker tussen haar hande. Met soveel natuurskoon en vredigheid om jou kan jy mos nie anders as om ’n beter mens te voel nie. Haar gewete pla haar ’n bietjie oor haar bitsigheid van die vorige aand. Hoe moes die arme man geweet het dat sy ’n broertjie dood het daaraan om as ongewoon getipeer te word? Hy het hom maar net swak uitgedruk en toe byt sy amper sy kop af.

      Sy ken haarself nie so opvlieënd nie; die gebeure van die afgelope dae is besig om sy tol te eis. Of is dit haar liggaam se reaksie op die man in die chalet langsaan, wat haar die hele tyd op die verdediging – of in hierdie geval, die aanval – plaas? Hoe dit ook al sy, sy is hom definitief ’n verskoning verskuldig.

      Fransien sit droomverlore op die stoeptrappie. Onbewustelik wag sy vir tekens van lewe van Jans se kant af. Hoe gouer sy hierdie jammersêery agter die rug kry, hoe beter.

      Dis amper met verligting dat sy hom na haar toe sien aankom. Ten minste hoef sy nie aan sy deur te gaan klop met haar hoed in die hand nie!

      Hy kom staan bedees ’n paar meter van haar af en bekyk haar vir ’n paar sekondes ondersoekend.

      Fransien praat eerste, voor haar moed haar kan begewe: “Jammer oor gisteraand. Ek weet nie wat in my gevaar het nie …”

      “In die haak. Ek het my nie baie goed uitgedruk nie. Sorry, hoor.”

      “Koffie?”

      “Ek dag jy vra nooit!”

      Dankbaar dat die verskoningvraery agter die rug is, verdwyn Fransien na binne. Hulle is wel stywerig teenoor mekaar, maar dis darem beter as die openlike konfrontasie van die vorige aand.

      Sy laat val byna die skinkbord toe sy haar eie weerkaatsing in die sitkamerspieël sien.

      “O vrek! Hy’t jou wrintie weer in jou slaapklere gevang, Fransien. Netnou dink die man jy probeer hom verlei!” baklei sy onderlangs met haarself.

      Soos die vorige oggend gaan pluk sy blitsvinnig ’n sweetpak aan, voor sy met die skinkbord uitstap.

      Toe Jans haar met dáárdie glimlaggie bedank vir die koffie, staal sy haar by voorbaat teen die nou al bekende valsensasie. As die vent net nie so aantreklik was nie! Hoe moet ’n vrou se hart dit nou hou?

      Eintlik irriteer hy haar die meeste van die tyd tot in haar siel – veral wanneer daardie waas van verveeldheid oor sy oë trek, soos nou weer. Maar elke keer as hy glimlag, raak haar knieë pure jellie en haar hart slaan ’n slag of wat oor. Hierdie verspottigheid moet end kry, vandag nog!

      Jans staar afwesig voor hom uit. Hy moes van beter geweet het as om weer vanoggend by Fransien te kom koffie drink. Dit raak al moeiliker om sy afstand te behou. Sy kop waarsku hom daarteen om by haar betrokke te raak, maar sy liggaam is net nie meer gehoorsaam nie. Hoe sal dit wees om sy vingers deur daardie deurmekaar krulle te trek, net een keer daardie satynagtige vel teen sy eie lyf te voel?

      Fransien probeer die geselskap aan die gang hou, maar ná ’n rukkie gee sy moed op. Dis duidelik dat Jans se aandag glad nie by haar is nie.

      Stadigaan begin sy haar vererg. Die buffel! Sy is baie duidelik vir hom niks meer as ’n gerieflike koffiedrinkplek nie.

      “Is jy klaar?” Haar stem is skerper as wat sy bedoel het.

      Jans kyk amper verbaas na die leë beker in sy hand.

      “Wat? O! Ja …”

      Hy staan vinnig op om die beker op die skinkbord te sit, net toe Fransien buk om dit by hom te neem. Vir ’n oomblik is hulle so naby aan mekaar dat hulle byna aan mekaar raak. Hulle blikke verstrengel en Fransien se asem stok in haar keel. Daar is ’n smeuling in Jans se oë wat sy nie kan misverstaan nie: hy is net so bewus van haar as wat sy van hom is.

      “Gee, ek sal die skinkbord invat. Ek moet in elk geval verkas, ek het baie werk.”

      Sy woorde bring haar stadig terug na die werklikheid. Asof in ’n droom loop sy voor hom uit kombuis toe. Sy buk ingedagte om die deurmatjie reguit te trek. Jans, wat kort agter haar was, kan net nie vinnig genoeg tot stilstand kom nie.

      Hy

Скачать книгу