Ek stamel ek sterwe. Eben Venter

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ek stamel ek sterwe - Eben Venter страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Ek stamel ek sterwe - Eben Venter

Скачать книгу

vir ons, moenie ons gaan staan en verwaarloos nie.

      Ons bly jou pa en ma, jong, maak nie saak wat gebeur nie, en veels geluk vir môre, Konstant, en toe prop my pa sy sakdoek terug. Hy verwag nie dat ek iets daarop gaan sê nie. Die venster langs myne is toe, sodat die springbokkoppie-embleem daarop duidelik sigbaar is.

      Vir wat sukkel die trein so om te trek? Ek moet nou weg, vort, vort. Pa kon darem iets bygedra het tot my kaartjies. Ek hoop ek het genoeg geld. Ag, ek sal oukei wees, maar as hy wou, kon hy al twee my kaartjies betaal het. Hy’t oorgenoeg geld. Vort. Dis soos voertsek. Ek gaan hier weg soos ’n hond. Om my eie gat te gaan grou. Dis miskien ook maar beter so.

      Weet jy darem waar jy gaan bly in daai groot stad? vra my ma. Ek is slegs van haar stem bewus. Die afskeid is so aaklig dat my ander sintuie outomaties op go slow is.

      En Pa: Gopsestad, regte Sodom. Al betaal jy my ook, sal ek nie daar gaan bly nie.

      Hou hy nooit verdomp op nie? Ek is bly hy’t niks vir my betaal nie. Nee, o wragtag, dis beter so, dan bly ek onafhanklik. As daar eers geld in die prentjie kom, moet ’n mens mos verantwoording begin doen. Daar mag mos nie iets gegee word sonder dat daar weer iets terug verwag word nie. Wat heeltemal teenstrydig met die … Ag, los dit. Ek kan nie eers meer worrie om daaroor te dink nie. Ek versondig net verder my siel. Ek wens die bleddie trein wil nou ry. Waar’s Tilla en Mirjampie? Hulle kan nie eers getraak wees om my te kom groet nie.

      Het Hester nou vir Tilla en Mirjampie gaan soek? vra ek.

      Ekskuus tog ’n bietjie, meneer, lat ek kan verbykom, sê ’n vrou agter my boud.

      Pa hys hom op sy tone om in die treingangetjie en my kompartement in te loer.

      Is daar baie Kleurlinge hierso in eerste klas? wil hy weet.

      Wat maak dit tog saak, Pa?

      Ek vra maar net, magties. Dis mos nie nodig om my nou met so ’n toon in jou stem te antwoord nie. Sê my bietjie, Konstant, wanneer gaan jy weer die kans kry om met my te praat, toe, sê my.

      Kyk! Dis hoe die mense hier maak. Enige bobbejaan weet dis húlle wat so kleinlik is, maar as jy iets daarop te sê het, swaai hulle die hele ding om en gee voor dat dit eintlik jy is wat oor die tou getrap het, jy is nou skielik die een wat verkeerd is. ’n Mens kan jou mos nie verweer teen sulke mense nie. Dis beter om jou bek te hou. Ag, ek ken hierdie mense. Niemand kan my iets van hulle vertel nie. Die oomblik as die trein roer, gaan sit ek op daai sitplek en krap elke stoffie van my sole af, sowaar.

      Vanaf die oomblik toe my voorvel afgesny is tot nou toe het Pa my rondgeneuk, maar nou’s dit verby. Dit sal die dag wees, boetie – ek het geweet dis wat Pa sal sê. Wel, ek sê nou vir Pa: Wanneer hierdie trein trek, is ek vir goed onder Pa se vlerk uit. Buitendien, baie sake staan deesdae buite julle ou garde se beheer. Ons dogters word deesdae kaalbas reg voor die Voortrekker-monument afgeneem. Het Pa dit geweet? En vannag hier op die trein kan van alles en nog wat gebeur. Daar’s geen keer meer daaraan, nes my besluit, geen keer meer geen keer meer. Die trein vat my weg. Gaan derwaarts, ontroue. Gaan in jou moer in.

      Iewers vorentoe, onsigbaar van my familie se staankolletjie af, blaas die kondukteur sy fluitjie en soos ’n opslagkoeël spat die klank in ons rigting.

      Albert, ou Albert. Kyk hoe hou hy homself met sy eie arms vas. Dis ’n tragedie, het hy bly sê gisteraand, dis ’n tragedie.

      Ek weet nie eers waar ek in Johannesburg gaan bly nie. Dis die grootste tragedie.

      Konstant, roep Albert, Konnie.

      Hester se geel polkadot-rok kom tussen die mense op die perron aangenael, steeds sonder ons twee malgoed-sussies. Konnie, gil sy, Konnie, wag vir my, laat ek jou vashou.

      Die trein wag nie vir mens nie, sê Pa. Hy steek sy hand uit en druk myne deur die venster. Dis al wat hy my kan gee: Moenie vergeet wat jy hier geleer het nie, jong, moenie jou rug na ons keer nie. Ek hoop jy laat staan al jou dinge daar anderkant en keer terug, terug, Konstant Wasserman wat jy is.

      Versigtig tog, Hester, skree Ma.

      Die trein begin al rol en Hester swaai nog steeds soos ’n geelvink aan my nek, haar sout nattigheid nou op my wang afgevee.

      Hester, kom weg daar, ’n ongeluk gebeur gou, ’n trein is nie ’n ding om mee te speel nie, skree my ma weer, benoud nou. Vlagies van die parfuum op haar vel laat sy by my venster agter.

      Toe die trein verby die peperboom beweeg, storm Tilla en Mirjampie agter die stam uit en ’n joliger afskeid kan ek nie verlang nie. Konnie, dis ons, gil Tilla en hardloop al langs die trein terwyl sy ’n rooibessietakkie van die boom na my uithou. Konnie, gil Tilla en Mirjampie saam, lekker bly, en wuif soentjies, tande skitterend van spoeg. Konnieee, jodel hulle totdat die trein die draai vat.

      Tilla, Mirjam, skree ek, my mond soos ’n oog so nat.

      By die brug oor die spruit kan ek oor die dorp terugkyk. Die laaste stukkie laatmiddaghemel vou voor my oop. Teen vlokke appelkoos wolkies en die glaserige ylheid van die blou vlieg twee kraaie, tegelykertyd kraskwaad en triomfantlik op hulle hoogvlug.

      Ek kan nog iets ruik aan my van Ma, of is dit van Hester? Wat dra sy nou weer? Sy het gesê ek moet vir haar Chanel-lipstiffie saambring as ek terugkom. Dit was toe nie so vreeslik nie, die afskeid. Ek het tog maar verwag Pa sou so reageer. Ek het al baie stasie-afskeide agter die rug. Almal van hulle ou gekoude bene en nie die moeite werd om op te grawe nie.

      Behalwe die enkele keer toe Pa se oë blink geraak het, die keer toe ek army toe is. Was hy dalk getrek? Eers die gewone: Pas jouself op, Konstant, en so aan. En toe: Dis jou groot kans, man, maak die beste daarvan, die army gaan ’n man van jou maak. Ag, gaan kak, Pa, wat weet jy van my? Al kry ek nie eers ’n kussing vir my kop, is ek ten minste weg van jou handsambok, wat maak ou Konnie daar! Wie weet? Net ek en Ma. Sy’t so bedroef gelyk. Haar kinders, dis al waarvoor sy leef, nie vir Pa nie. Oh, well, sy leef seker maar vir hom ook. Sy luister in elk geval na hom. Dans na sy pype. En Albert, dit was baie treurig om van hom afskeid te neem, maar hy’s ook so kop in een mus met daai familie. Hy sê nooit wat hy regtig dink nie. Regte bleddie tweegatjakkals. Dis wat my so de moer in maak van hom. En as ek hom daaroor konfronteer, dan sê hy net: Moenie jy worrie nie, ek weet wat ek is en ek weet wat ek dink. Maar hy spel dit nooit uit nie. Hy kan seker ook nie anders nie. Hy wil nie die hand hap wat hom help nie. Ek’s die enigste een wat my mond oopmaak. Soms. En Pa, natuurlik, ek moet hom dit toegee, hy praat hart-op mond-verby. Konsekwent. Dis nie altyd ’n edel eienskap nie. As Adolf meer inkonsekwent was, is daar dalk minder van Abel se nasate ter helle gestuur. Maar daar bly maar altyd die hoop. Hel, man, dat hy nie eers hoop vir my wil oorhou nie. Dis wat my so … Wonder of hy ’n druppeltjie gevoel kan uitpers? Hy kan, maar weet nie hoe nie. Al ding van my wat hy raaksien, is my voël wat die familieboom, ek bedoel stamboom, moet laat voortwoeker.

      Vermenigvuldig en beswerm die aarde. Eintlik bedoel hy meer as dit. Dis hier ’n kwessie van twee vlieë met een klap, want wat hy óók in sy agterkop het, is ’n outnumbering, ’n out-whiting van die swartes. Alhoewel hy tog moet besef dis hopeloos naïef. Nogtans, ek dink dit bly ’n onuitgesproke wens van hom soos die een daai aand toe ek hulle afgeluister het.

      Ek weet dit was nie eerbaar nie en ek sal dit nooit weer doen nie, want dis beter as alles openlik gesê, gedaan en opgemors word. Bowendien het die luistervinkery my bedremmeld gelaat: Pa en Ma het buite op die stoep gesit, dit was al laat. Sy het gesê nee, sy moet nou in, die muskiete dra haar weg daarso. Maar toe sê hy: Sit nog so ’n rapsie, want hy wou haar van hierdie groot hartewens van hom vertel. En dit is dat hy eendag as silwerbaard net so op daardie

Скачать книгу