Ek stamel ek sterwe. Eben Venter

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ek stamel ek sterwe - Eben Venter страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Ek stamel ek sterwe - Eben Venter

Скачать книгу

sal hy wees. En sy naam? Raster Wasserman, natuurlik. Maar almal sal sommer van Rassie praat. En daarby kom nog Albert se bakoorseuntjies wat sonder ophou in en uit die bos nael, die laaste een van hulle Wassermantjies. En so af en toe sal een van hulle ’n es hier voor die stoep gooi: Watch hierie een, Oupa.

      Soos ’n kind met ’n nat stert word ek op my slaapbank wakker, een van die twee boonstes in die kompartement. Dis ’n klein uur van die nag. My een hand het bo-op my kopkussing aan die slaap geraak. Blou en bloedloos moet ek hom met my ander, lewende hand gaan haal en langs my sy plaas om prikkels en stekies lewe terug te bring. Die reghoekige ruimte tussen my bed en die plafon weeg swaar op my. ’n Koute swiep oor my nagsweetnat liggaam ten spyte van die warm bedompigheid in die kompartement. Ek rus duim en voorvinger op my ooglede.

      Dis benoud hier. Die spoorwegkombers is te dik. Net goed vir winternagte op die Transkaroo. Ek moet hom af kry. Die trein vat my weg, vat my weg. Ek het myself uitgelewer en dit is my keuse. As iets skeefloop, kan ek net myself blameer. Kan Pa my seblief haak met ’n paar sente? Hoeveel het jy nodig, Konstant? Met ’n paar sente kan jy mos niks ordentliks vir jou koop nie. Jy gaan moet leer om te vra wat jy nodig het, jong. Ma, ek het sokkies nodig, en nog ’n warm hemp sal nie sleg wees nie. En hoekom is dit dan makliker vir mamma-se-seuntjie om vir sy ma iets te vra? Die vaderhoormy, Konstant, van nou af gaan jy moet bôls hê. Onthou, dis nou alles iets van die verlede. Jy kan nie meer na jou pa toe hardloop vir ’n paar sente nie. Ek sweer ek gee nie om nie. Dit gaan ’n plesier wees om my eie sokkies te koop.

      Die kompartement ruik na mansvoet en bierpoep. Slaap, almal van hulle vas aan die slaap. Op die plaas ook. Gaan ek hulle ooit weer sien? Maar natuurlik, boetman, jy gaan mos nie jou pappie en mammie sommerso wegsmyt nie, hoe’s jou hart dan nou? Naar, my hart is naar, te veel bier, te kort ná die tennis. Ek moet my naarheid probeer wegsteek, dis ’n skande. Maar dit help niks nie. En Ma het als gesien. Ek moet by die manskleedkamer kom, agter die klubhuis. Ek moet my brein uitbraak. Die kleedkamer is vol ooms en ’n paar jongeres, ou klasmaats. Almal is besig om uit te trek, om tennissweet weg te stort.

      Fools. Julle’t gedink ek is al weg, mond afgevee, toilet getrek en vort. Maar ek het julle gehoor, agter die muurtjie het ek getalm en elke liewe bliksemse woord gehoor. Oom Jassie van Donkerpoort: Het hy darem ’n paal? Oom, ek dink die vraag is nie of hy ’n paal het nie. Dis daai Engelse boertjie wat daar agter die dam boer. Dunkeld, dink ek, simpel naam. Die vraag is of hy hom darem kan opkry, sê hy, lag hy. Ek hoor julle. Ek ruik julle rubbersole, julle Deep Heat. ’n Man antwoord Dunkeld. Ek kan nie sy stem plaas nie: Nee, nee, nee, julle praat almal kak, die vraag is eintlik of hy hom kan inkry. Nog ’n stem kom by, nog laggery, spieuttt van ’n vuurhoutjie wat ’n sigaret aansteek. In wat? vra die stem, in wat? vra ek vir julle.

      Ek hardloop weg, ongesiens, niemand het my gesien nie. Nooit weer nie. Die trein vat my weg. Ek gaan van nou af my eie sokkies koop en dit gaan ’n bleddie plesier wees.

      Ek kom orent, stamp my kop teen die lae plafon van die kompartement, knipmes my lyf en vind die nagligskakelaartjie met die slaapdooie hand wat weer bygekom het. Van agter sy mat glasie gooi die gloeilampie ’n ougeel damp in die benoude kompartement. ’n Snorkende mens op die onderste bank draai in sy slaap om en ’n blouwit voet peul tussen sy lakens uit. Ek trek vier naels oor die holte van my rug, ondersoek dan my vonds: tussen nael en ondernaelvlees is ’n sweterige, treingrys aanpaksel.

      Dis om van te gril. Daar’s niks soos ’n trein om jou hartkloppings te gee nie. Jy kan jouself omhels, jy kan jou arms om jou kaal lyf slaan, dit help alles niks nie. Ek’s nou eens en vir altyd weg, die vreemde in, mag die Vader my bewaar.

      Maar my angs is ’n skerp ding. En staalkoud. Hy kan my maklik onderploe. Maar hy sal my nie kry … Waar’s my padkosboksie? Bokant. Daar’s hy. Toebroodjies netjies in wakspapier. Môre sal ek al Ma se kombinasies geniet. Komkommer en kaas, biltong en tamatie. Perske. Hier’s een van Pa se perskes. ’n Sappige Oom Sarel. Pa se werk: hy’t vanoggend nog kombuis toe gestap, die mandjie van die rak afgehaal, by die sifdeur uit vrugteboord toe gestap en teruggekom met die oordadige maar goed bedoelde getal van twaalf ryp, geel taaipitperskes as toevoeging tot my padkos. Dankie, my pa, jou perske smaak soet.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RiMRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTggKE1hY2ludG9zaCkAMjAxODowNToy NSAxMTo0ODozOQAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAF04AAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0Nhf

Скачать книгу