Periandros van Korinthe. D.J. Opperman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Periandros van Korinthe - D.J. Opperman страница

Periandros van Korinthe - D.J. Opperman

Скачать книгу

ction>

      

      D.J. Opperman

      Periandros

      van

      Korinthe

      Tafelberg

      VIR FRED LE ROUX

      PERSONE

      PERIÁNDROSGriekse heerser van Korinthe, 6de eeu v.C.

      MELÍSSAsy vrou.

      KÚÚPSELOShulle oudste seun, effens swaapagtig.

      LÚKOPHROONhulle seun, moontlike opvolger.

      HERMÍONEEhulle dogter.

      PRÓKLESMelissa se vader, heerser van Epidauros.

      GÁNGULOONwysgeer, handelaar, jeugminnaar van Melissa.

      ARÍOONdigter.

      SAPPHObesoekende digteres.

      ANACHÁRSISbesoekende wysgeer.

      BÁRAKOS’n kreupel neef, vertroueling en boodskapper.

      Leier van die leër, werkers, soldate, matrose, burgers, boodskapper, sluipmoordenaars.

      Die eerste keer opgevoer deur die Universiteit van Kaapstad vanaf 21 tot 29 Mei 1955 in die Klein Teater, Kaapstad, en op 31 Mei en 1 Junie 1955 in die Bothasaal, Stellenbosch, onder regie van Ria Olivier.

      ROLVERDELING

      PERIANDROSFred le Roux

      LUKOPHROONPaul Malherbe

      MELISSARia Olivier

      HERMIONEEHelena Louw

      KUUPSELOSDanie Marais

      ARIOONGideon Horn

      ANACHARSISHannes van der Merwe

      GANGULOONPieter Bredenkamp

      SAPPHONerina Ferreira

      PROKLESKobus van der Colff

      BARAKOSAlbertus Bosman (en Johann Cilliers)

      LEIER VAN DIE LEËRPiet Neethling

      PRIESTERSBilly Trengove

      Johann Cilliers

      SEGSMAN VAN MATROSEBilly Trengove

      SEGSMAN VAN BURGERSJohann Cilliers

      BOODSKAPPERD.J. Marais

      ANDER DEELNEMERSChristine Scholtz, Babs Nel, Stephanie de Kock, Christie van der Merwe, Paul Fourie, Dan Hesse, Bob Joubert, Sybrand van Wyk, Eben Louw, Johann Heyns, Chris Smith, Chris van den Berg

      TONEELBESTUURDERChristine Scholtz

      SOUFFLEURJohann Cilliers

      KOSTUUMS ONTWERP DEURStephan de Villiers

      UITGEVOER DEURGretel Mills

      DECORCecil Pym

      BELIGTINGE.G. Marshall

      KONTROLEUR VAN TEATERProf. Donald Inskip

      ’n Radioverwerking, onder regie van Ken Swart, is op 29 Oktober 1954 vanuit Kaapstad deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie uitgesaai. Die musiek daarvoor is gekomponeer deur Hubert du Plessis.

      Eerste Bedryf

      EERSTE TONEEL

      Op die vooraand van Lukophroon se vertrek kyk hy en Periandros vanuit die hof na Korinthe onderwyl hulle op die koms van die koringkis wag.

      PERIANDROS

      Môre vroeg nog voor die duisende atlete na die park

      toe loop, moet ons, my seun, eers op die strand ’n wildevark

      as offer slag, sodat hierna die Spele van die Isthmos

      ’n rus en groter eenheid aan ons handelsryk besorg:

      aan Kerkura, aan Leukas, Anaktorion en Apollonia,

      aan Epidamnos, Potidaia en ander soos Ambrakia;

      verder dat sy bloed die kuit van die katonkel en tornyn

      sal ryg aan stele van die seebamboes en laat verskyn

      hier waar die wildevark die waters effens rooi bevlek.

      LUKOPHROON

      Ja, Vader, en so die reën van die Gode na Korinthe trek!

      Dis weer die ou-ou kuns: in die staat sal daar niks skort

      solank die burgers hulle koringbrood het en hul sport!

      Hoe nugter kan ’n digter of ’n wysgeer, as hy wil, regeer!

      PERIANDROS

      Verder, terwyl die meeue gulsig oor die water skeer,

      sal die twee perde lê en bloei oor die geklipte:

      die wit merrie van Arabië, die swart hings van Egipte,

      bloei sodat die golwe proesend alle handelskepe

      van die wêreld na die kuste van Korinthe sleep. –

      Jy kan gerus na ons ou stad voor jou vertrek weer kyk …

      LUKOPHROON

      … sodat ek op die rare seereis droom van ’n nog groter ryk!

      PERIANDROS

      Jy spot, maar eendag sal die wêreld hierdie stad onthou

      as ’n digter se grootste droom uit klip en mens gehou,

      en weet tussen dié marmersale en dié spits sipresse

      het eens die fynste digters, denkers en die danseresse

      uit die wêreldvertes en die eilande omheen vergader

      in hierdie stad Korinthe óm Periandros die oervader

      van alles skoons en wys … Ba! hoe sit die rykes weer verveel

      in die kalktuin die heeldag deur en kamma dambord speel. –

      Kyk, daar onder kom die werkers eindelik met die koringkis!

      LUKOPHROON

      Hoe ruik tog so ’n digterlike stad na kaas en vis!

      PERIANDROS

Скачать книгу