Periandros van Korinthe. D.J. Opperman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Periandros van Korinthe - D.J. Opperman страница 4

Periandros van Korinthe - D.J. Opperman

Скачать книгу

Vader weer die opdrag vir die rare seereis stel?

      PERIANDROS

      Ja, want jy moet alles duidelik aan hom oorvertel.

      Ek moet in hierdie land van bietjie grond en baie klip

      daeliks oor die lot van die derduisende beskik,

      en uit die taai olyf, die engte tussen see en see

      besluit hoe ek ’n ganse volk gaan voed en klee.

      Tog, met tolgeld, die handelsvloot en garnisoen

      het ek die lande van die sfinks en die lemoen,

      van graan en silwer, lande wat ek net op kaarte ken,

      as bondgenote of kolonies van ons ryk gewen.

      Nou word die roustof in ons hawens opgehoop,

      verwerk en weer opnuut aan hulle terugverkoop:

      die kruike, silwerwerk, die streepkomberse van Korinthe

      is in elke dorpie om die waters van die Tussensee te vinde,

      en lewer nou en vir die wêreld later die bewys

      die skoonheid is in hierdie staat die hoogste eis.

      Ek moes die geld as middel vir ons ryk bedink,

      maar het vermanend die gevlerkte hings daarop geklink.

      En toe sien ek dat daar ’n ander slag van mense is:

      die jonger Bakchiadai, erfvyand van die koringkis,

      die nuwe rykes van Korinthe … Kyk hoe sit hulle daar verveel

      in die kalktuin die heeldag deur en kamma dambord speel.

      Dis winste en verliese; dis heeldag sit en kanse tel

      en meedoen aan die sette van die nuwe, goue spel.

      Die een koop al die kruike, ’n ander weer komberse op,

      die een word baas van olies, ’n ander laat die silwer klop;

      dit hou terug, laat los en stel die pryse vas,

      en heers verby my, heers net soos dit hulle pas.

      En nou die vraag waarop ek lank die antwoord reeds begeer:

      hoe moet ’n digter, denker, ’n man wat ontwikkel is, regeer?

      LUKOPHROON

      Raadpleeg die wysheid uit vier streke van die winde

      wat u laat saamwaai het in marmersale van Korinthe.

      PERIANDROS

      Ek sal, maar bo dié wysheid moet ek kan vertrou,

      soos vir Thrasuboelos, en daarom stuur ek juis ook jou.

      LUKOPHROON

      Vader, ek is half bang om van Korinthe weg te seil;

      ek voel daar dreig oor my, of eerder ons, ’n groot onheil.

      PERIANDROS

      Dis die opdrag en geheime taak wat jou oorspan;

      beskou dit as ’n rukkie rus, jou wording as ’n man.

      En vaar jy terug, mag daar ’n knop dan in jou keel opkom

      wanneer jy weer sien hoe die wit wolk bo die berg uitblom,

      of as jy in die nag kyk na die grootsste van gesigte:

      die eerste wêreldstad, ons korf van soet en goue ligte.

      Gordyn

      TWEEDE TONEEL

      Periandros en Melissa in hulle slaapkamer, waarin die sederkis nou staan.

      PERIANDROS

      En hierdie kissie vol albasterpotjies? Hierdie keur

      van al die olies en reukwaters van die fynste geur?

      MELISSA

      Pas op, moenie ’n druppeltjie daarvan uitmors!

      Dis palmolie vir die wange, die ronding van die bors,

      tiemie vir die keel en knieë, en die donkerbloue

      is ’n marjolein vir hare, wimpers en wenkbroue,

      die kruisement is vir die arms, en die soete

      vir die heupe, die mirre vir die bene en die voete …

      PERIANDROS

      Ja, ja! Maar wie het nogal dié vermetele en duur

      present agter my rug so stilletjies aan jou gestuur?

      Is dit dié keer dik Ganguloon, ons oliekoning,

      wat nou selfs instink tot die binnekamers van my woning?

      MELISSA

      Toe nou, toe nou! Keer tog net die woede;

      jy is verniet jaloers en altyd op jou hoede.

      Ja, ek het dit van ’n ander man, ’n fyn jong man …

      van Lukophroon die aand voor sy vertrek ontvang!

      PERIANDROS

      En soos gewoonlik ons verhouding weer met hom bespreek

      en skimpend hom so stilweg teen sy vader opgesteek.

      MELISSA

      So ’n beskuldiging het ek nog nooit verdien.

      Hy het self ore om te hoor en oë om te sien.

      PERIANDROS

      Met dié geskenk sterk hy jou in jou kwaad: al die rokke

      en reukwaters waarin jy sweef om ander mans te lok.

      MELISSA

      Maar waarom nie van ander mans die aandag soms ontvang?

      Jy stel mos min in my of in jou eie huis belang.

      Wanneer ons tuis as ’n gesin probeer vergader,

      vind ek in jou geen eggenoot, die kinders ook geen vader,

      maar altyd die heerser of die kunstenaar wat praat,

      praat,

Скачать книгу