Ys. Rudie van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ys - Rudie van Rensburg страница 5

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Ys - Rudie van Rensburg

Скачать книгу

raak.”

      “En wat sê jy toe?”

      “Dat ek eers met jou moet praat.”

      Frankie wil haar nie nou al vertel van Ludick se negatiewe houding oor sy boekwinkelplanne nie. Hy wil eers seker maak of ’n paroolbeampte by magte is om so voorskriftelik te wees.

      “Sê ek stel belang, maar ek kan eers later kom kyk.”

      Die teleurstelling wys op haar gesig. “En as iemand anders jou voorspring?”

      “Dan aanvaar ons dit so. Nie die einde van die wêreld nie. Daar sal ander geleenthede kom.”

      Sy knik, glimlag. “Dokter Roos se seun is ’n graphic designer. Ek’t hom gevra om solank ’n logo vir die winkel te ontwerp. Hy sal dit verniet vir ons doen.”

      Hy gee haar hand weer ’n drukkie. “Jy’s ’n ster!”

      * * *

      Net ’n halfuur ná Willie se oproep is daar ’n dawerende klop aan die deur.

      Viking staan breed en met ’n groot glimlag daar toe hy oopmaak. Sy blonde krulhare is langer as in sy polisiedae en sy gesigplooie het vermenigvuldig, maar sy gestalte is nog net so fors, die bynaam Viking steeds gepas.

      Hy gryp Willie aan die skouers en skud hom soos ’n lappop rond. “As jy nie so lelik was nie, het ek jou nou ’n soen gegee,” lag hy. “Dis goed om jou weer te sien! Magtig, maar jy’s nou éérs ’n ou seningbiltong. Eet jy nie in Amerika nie?”

      Willie lag net en beduie hom na die leunstoele in die sitkamertjie.

      “Bleddie impressive suite dié,” sê Viking terwyl hy rondkyk.

      Willie skink vir hulle die koffie wat hy reeds bestel het. Hulle gesels oor ditjies en datjies. Viking vertel hom van die gesukkel met sy kafee.

      “Die mense wat vir jou werk, steel meer as die customers. Ek het ook nie meer kans gesien vir die lang ure nie. Die plek uiteindelik vir next to nothing verkoop.” Hy lag verleë. “Ek’s nou ’n redelike ou bankrotgat.”

      “Hoe klink ’n kwartmiljoen rand om jou weer op jou voete te kry?”

      Viking fluit deur sy tande. “Fok, wat praat jy! Sê net wat ek moet doen en dis gedoen.”

      “Ek verteenwoordig ’n kliënt in Amerika.” Willie verduidelik die opdrag sonder om na MacArthur, sy posisie of sy motiewe te verwys. “Jy gaan dit nie alleen kan hanteer nie, want ek gaan nie by die operasionele sy betrokke wees nie. Ek sal wel van die kantlyn opdragte gee, maar ek soek iemand wat jou kan help, iemand wat ons kan vertrou. Daar’s vir hom ook ’n kwartmiljoen op die spel.”

      Willie het Viking fyn dopgehou terwyl hy gepraat het. Die man het nie een keer teruggedeins oor wat van hom verwag word nie, wat ’n goeie teken is.

      Maar nou frons Viking. “Hoekom kan ek of my partner nie sommer ook die joppie in die hotel afhandel nie?”

      “Te gevaarlik. As iets sou verkeerd loop en julle word vasgetrek, kan my blote teenwoordigheid in die land vrae laat ontstaan. Dit kan my kliënt ook in die spervuur plaas. Jy en jou partner moet iemand kry om daai deel van die job te doen. Verkieslik iemand van wie julle ná die tyd maklik ontslae kan raak sonder dat die wêreld hom sal mis. ’n Loner.”

      “Hmm … iemand disposable. Dis ’n bleddie tall order in so ’n kort tydjie.”

      “Ek weet. Maar daarom is my kliënt bereid om so goed te betaal.”

      Die keep op Viking se voorkop verdwyn vinnig. Hy steek sy hand na Willie uit. “Oukei, ons het ’n deal.”

      Willie ignoreer die gebaar. “Jy’t my nog nie vertel van die partner wat jy én ek kan vertrou nie.”

      “Buiten jou ken ek net een man wat ek met my lewe trust. Hy’t in jou plek saam met my by die Skerpioene gewerk. Toe ek die pakket moes vat, is hy Valke toe.” Viking glimlag. “Maar nes ek is hy ook nou werkloos en fokken hard up vir geld.”

      “Ken ek hom?”

      “Dink nie so nie. Hulle’t hom van Mitchells Plain se stasie af gekry om die Skerpioene te join. ’n Paar jaar terug is hy by die Valke gefire omdat hy kwansuis met een van die vroue daar gelol het. Sexual harassment, maar hy’t vir my gesê die vrou was agter sý lyf aan. En toe hy haar moer toe stuur omdat hy happily married is, gaan fabricate sy stories.” Viking skud sy kop. “Geen geregtigheid meer in hierdie fokken land nie.”

      “Wie’s hy?”

      “Elton … Elton Fortuin. Hy was destyds ’n kaptein.”

      4

      Van: Jack MacArthur

      Aan: Mickey Rogers

      Mickey, ek verneem van een van my kollegas in die energiekomitee dat jy oortuig is die ryk oliebronne in Arktika is nie nou al ’n prioriteitsaak vir ander lande nie. Ek verskil ernstig. Die Russe het al in 2007 met ’n duikboot ’n Russiese vlag op die Arktiese seebodem gehys. Hulle is meer as enige ander land besig om kleims af te steek in die ondersese gebiede. Kanada het reeds ’n seehawe aan die mees noordelike punt van Baffin-eiland gebou. Dis kwansuis ’n militêre basis, maar onlangse CIA-inligting dui op bedrywighede eie aan olie-eksplorasie. Ook Groenland maak amptelik aanspraak op sowat 1,2 miljoen vierkante kilometer van die Noordpool-gebied. Ons kan nie bekostig om langer te talm nie. ’n Ja-stem vir ons voorgestelde wetswysigings is die eerste stap in die regte rigting.

      * * *

      Colyn en Piedt is reeds in die konferensielokaal toe Kassie en Rooi instap.

      “Jis, jis,” groet Rooi. “Hoe gaan dit vandag?”

      “Bestendig,” mompel Colyn, ’n lang, skraal kaptein van Kassie se jare, wat altyd lyk asof hy ’n swaar las op sy smal skouers dra. Sy sidekick, adjudant-offisier Piedt, glimlag net onderlangs terwyl hy oor sy ken streel. Dié gewoonte gaan oor in versnelde aksie wanneer die brigadier teenwoordig is, het Kassie al opgemerk.

      “Waar’s Malabe en Britz?” vra Rooi.

      “Pretoria toe,” sê Piedt. “Het glo met mense gaan chat wat vrinne was van die moordenaar op wie se case hulle werk.”

      Hulle sit in doodse stilte en wag op brigadier Fortuin. Kassie draai die proppie van sy Creme Soda oop en neem ’n sluk. Die gedempte atmosfeer stem hom onrustig. By Nuweland se terugvoersessies moes kolonel Daniels altyd sy stem verhef om die groep speurders tot bedaring te bring.

      Sy nuwe kollegas is ’n klomp suutjiespoepers, dink hy. Glad nie te vereenselwig met hoogs bekwame speurders wat almal van spesialiseenhede oorgeplaas is nie, soos die kolonel hom destyds met die werwing van die Spookeenheid verseker het. Hy het selfversekerde en luidrugtige kollegas verwag.

      Almal skuif reg in hulle stoele toe brigadier Fortuin inkom.

      Kassie hou haar onderlangs dop terwyl sy haar plek aan die hoof van die tafel inneem. Sy is ’n aantreklike vrou met pikswart hare en die gelaatstrekke van ’n Egiptiese skoonheid, maar vandag het sy ’n geswelde regterwang met ’n

Скачать книгу