Vloek. Rudie van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vloek - Rudie van Rensburg страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Vloek - Rudie van Rensburg

Скачать книгу

      O’Reilly leun terug in sy stoel. “Dis ’n baie lang storie wat ek kort gaan probeer hou. Mercurius se grootbaas wou die héél beste man vir hierdie job hê, maar hy wou nie een van sy topondersoekers in New York betrek nie. Hy het my versoek om iemand te kry wat vertroud is met die Suid-Afrikaanse omgewing. Ek het toe die een man aanbeveel wat ek weet aan sy standaarde van die heel beste voldoen.”

      Calvyn en Sarah is nou die ene ore, kan Wim sien.

      “Net vinnig ’n bietjie agtergrond oor hom. In 2005, toe ek nog in die polisiediens was, het ons besef die dwelmprobleem in die Kaap ruk hande uit. Die druglords het nie net die Kaapse Vlakte nie, maar ook ander dele van die Skiereiland in hulle greep gehad. Daar is besluit op ’n polisiemol om die dwelmkartelle ondergronds te infiltreer. Die diens se topspeurder, Carl Bester, is gekry om hom as ’n dwelmhandelaar voor te doen. Dit was ’n hoogs geheime operasie waarvan slegs enkele mense geweet het: die bevelvoerder van die destydse aksie-eenheid teen ernstige georganiseerde misdaad, ek, wat van Johannesburg af gekom het omdat ek vroeër by ’n soortgelyke operasie betrokke was, en Bester. In die daaropvolgende drie jaar was ek Bester se enigste kontakman in die polisie.”

      Hy gee ’n laggie. “Die hele ding was so geheimsinnig dat Bester nie eens my regte naam geweet het nie, hy het my bloot as Benade geken. Ondanks die gevaar dat hy enige oomblik uitgevang kon word, het Bester hom suksesvol in die druglords se binnekring ingegrawe. Sy uitsonderlike speurinstink en vasberadenheid het my grensloos beïndruk. In Mei 2008 het hy die belangrikste dwelmbase aan die pen laat ry en is hulle reusedwelmstoor in die Worcester-omgewing blootgelê. Dit was die grootste dwelmdeurbraak in die land se geskiedenis.”

      O’Reilly trommel nadenkend met sy vingers op die tafel. “Deur die loop van daardie drie jaar het ek besef watter merkwaardige kêrel Bester is.”

      “En toe wyk hy uit na die Filippyne, van alle plekke?” vra Calvyn.

      O’Reilly sug. “Suksesverhale eindig nie altyd goed nie. Bester het homself aan miljoene rande se dwelmgeld gehelp toe hy alleen in daardie pakstoor was. As jy my vra, het hy sy daad geregverdig omdat hy drie jaar lank sy eie lewe op die spel geplaas het. ’n Medalje en handdruk van die minister van polisie sou die enigste blyk van waardering wees vir daardie helse opoffering. Maar Bester was gatvol vir moord en doodslag en hy’t by die polisie bedank. Met die gesteelde geld het hy ’n olyfplaas in die Klein-Karoo gekoop, maar sy destydse polisiebaas het uitgevind van die diefstal. Hy het met Bester ’n ooreenkoms gesluit: stilswye oor die geld as Bester hom ’n laaste keer met ’n ondergrondse operasie uithelp deur ’n wapensmokkelsindikaat binne te dring. Wat niemand geweet het nie, was dat die nasionale adjunkhoof van die polisie self betrokke was by die sindikaat. Bester het nie ’n kans gestaan nie – die adjunkhoof en sy meelopers het hom geframe as die grootkop van die sindikaat. Maar danksy ’n skerp speurder van die Nuweland-polisiestasie is die ware stand van sake oopgevlek. Die adjunkhoof en sy buddies is in boeie geslaan en Bester se naam is in ere herstel. Ongelukkig vir hom het dieselfde speurder óók uitgevind van die dwelmgeld wat hy gesteel het en die saak aan die destydse Skerpioene oorhandig. Bester het op ’n manier betyds daarvan te hore gekom en landuit gevlug. Hy is sedertdien op Interpol se lys van gesoektes. Deur die jare is hy eers in verskeie Suid-Amerikaanse lande opgemerk en daarna in Oos-Asië. ’n Paar maande terug is hy op ’n sekerheidskamera in Manila gesien, maar hy’t dit weer eens reggekry om Interpol te ontglip.”

      “Hy’s darem seker nie steeds op Interpol se lys nie?” vra Calvyn.

      “Nee, dis uitgeklaar,” sê O’Reilly. “Mercurius se grootbaas het hulle met die hulp van die CIA oortuig dat ons Bester nodig het vir ’n saak van internasionale belang. Sy papierwerk aan hierdie kant is ook feitlik afgehandel, wat beteken hy sal nie in Suid-Afrika vervolg word nie.”

      Calvyn vryf oor sy baardstoppels. “En Len gaan nou in Manila die goeie nuus aan hom oordra?”

      “Net so.”

      “En as Bester sê hy stel nie belang om ons te help nie?” vra Sarah.

      “Hy’t nie veel van ’n keuse nie. Ons het sy vrywaring van vervolging moontlik gemaak op grond daarvan dat hy ons help. Buitendien het New York ’n stewige geldpakket vir sy kontrakwerk bewillig. Hy sal dom wees om dit te weier.”

      “Waar pas ek en Sarah in die prentjie as daar nou ’n spesiale ondersoeker vir die saak is?” vra Calvyn.

      O’Reilly glimlag. “Dis eintlik die rede vir ons vergadering. Dit gaan só werk: Bester lei die operasie en Len assisteer hom met die grondwerk, byvoorbeeld om mense te ondervra, verdagtes te monitor, ensovoorts. Len met sy militêre ondervinding het nou wel nie polisie-agtergrond nie, maar Bester sal hom gou die ropes leer. Jy en Sarah is Bester se inligtingondersteuningspan. Ek weet julle is toegegooi met ander opdragte, maar vergeet eers heeltemal daarvan. Julle enigste taak, van vanoggend af, is om álles oor die vermoordes en die ander mans op ons lys uit te vind.”

      Calvyn gooi sy hande in die lug. “Ek het mos al probeer, Wim! Hulle is soos skimme wat nie bestaan nie …”

      O’Reilly se gesig verhard. “Ek weet, Calvyn, maar jy’t nog nie naastenby jou volle aandag daaraan gegee nie. En nou het jy Sarah se voltydse hulp én die samewerking van al die Mercurius-takke wêreldwyd. Wanneer Bester hier aankom, verwag ek dat julle al goeie vordering daarmee gemaak het.”

      Hy staan op. “Laat ek julle nie langer ophou nie.”

      5

      Woensdag 13 Maart 2002 – DRK

      Imani kreun toe hy die swaar sak op sy rug tel. Die wonde van die sambokhoue is nog rou, al smeer sy ma soggens voor werk sy rug met salf in.

      Sy bene wankel terwyl hy met die steil, modderige voetpaadjie ondertoe loop. Hy moet op sy tande byt om die konstante brandpyn te verduur. Sy ma het gesê hy’s nog nie reg om weer te werk nie, maar hy het al eergister begin. Sonder die dollar ’n dag wat hy hier verdien, is daar beswaarlik geld vir kos. Die paar dollar wat sy ma in ’n week by die mark kry, kan hulle nie aan die lewe hou nie. Vandat die skooltjie gesluit het, moet sy haar handgemaakte krale by die mark probeer verkoop vir ’n inkomste.

      Hy konsentreer om nie in die modder te gly nie. Die jong seun wat voor hom stap, nog nie eens tien jaar oud nie, se dun beentjies swik onder die gewig van die sak wat hy dra. Die seun struikel, gly en val. Akva, wat op hierdie deel van die roete toesighouer is, is soos blits op hom. Hy skree op die seun om op te staan, skop hom terselfdertyd in die ribbes. Die huilende kind probeer met sy hande keer, maar Akva hou aan skop.

      Imani stap verby sonder om na hulle te kyk. Op hierdie plek steur jy jou nie aan die lot van ander nie. Jy sorg net vir jouself. Dis al hoe jy oorleef.

      Die seun se krete weerklink steeds in Imani se ore. Hy skud sy kop. Akva is die wreedste luitenant van almal. Imani het op ’n keer gesien hoe hy ’n ou man van ’n krans af stamp toe dié nie vinnig genoeg na sy sin werk nie. Die man het hom doodgeval. Akva het gelag asof hy pas van ’n lastige vlieg ontslae geraak het.

      Wanneer iemand gestraf word, hanteer Akva altyd die sambok. En die glinstering in sy oë wys hy geniet elke oomblik daarvan.

      Imani wonder hoeveel houe hy sou gekry het as hulle die twaalf sakke onder die seil in die hoenderhok ontdek het. Sy ma wil nou hê hy moet dié sakke snags stuk-stuk terugbring. Sy sê hulle sal hom doodslaan as hulle die versteekte sakke kry.

      Maar hy gaan dit nie doen nie. Sy vriend anderkant die berg het hom twintig dollar op die plek belowe as hy vir hom twintig sakke aflewer. Met soveel geld

Скачать книгу