Die heelal op my tong. Anoeschka von Meck

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die heelal op my tong - Anoeschka von Meck страница

Die heelal op my tong - Anoeschka von Meck

Скачать книгу

ection>

      TITELS DEUR DIESELFDE SKRYWER

      Annerkant die longdrop

      Vaselinetjie

      Die ontwaking: Essie Honiball

      Net voor die droogte my breek

      Uitgegee in 2020 deur Penguin Random House Suid-Afrika (Edms.) Bpk.

      Maatskappyregistrasienr. 1953/000441/07

      The Estuaries Nr. 4, Oxbow-singel, Century-rylaan, Century City, Kaapstad, 7441

      Posbus 1144, Kaapstad, 8000

       www.penguinrandomhouse.co.za

      © Anoeschka von Meck 2020

      Alle regte voorbehou.

      Geen deel van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of langs enige meganiese of elektroniese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of CD-opname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring of -verkryging.

      Eerste uitgawe, eerste druk 2020

      ISBN 978-1-4859-0410-6 (Druk)

      ISBN 978-1-4859-0455-7 (ePub)

      Omslagontwerp deur publicide,

      na ’n kunswerk van Maxfield Parrish

      Teksontwerp deur Fahiema Hallam

      Geset in BookmanITC Lt BT

      As ’n saluut aan my pa, Vloog Theron

      (11 November 1941 – 29 Desember 2009)

      Pa as huursoldaat en aide-de-camp vir Moïse Tshombe van die Kongo in 1962.

      Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

      SPREUKE 18:21

      Hierdie verhaal is bisaro-fiksie. Glo dit op eie risiko.

      Inhoud

       1. Mustang Sarie se Groot Trek

       2. Die ware Jakob

       3. Dollarboer

       4. Wat eet jou?

       5. Die verbode blondine

       6. Waar jy land, daar is jy

       7. Van my trollie af

       8. Die Rooiseeloper

       9. Bhoetan se hoofstad

       10. Tering van die siel

       11. ’n Man wat een stel spore trap

       12. Op soek na Pniël

       13. In Hitchcock se jacuzzi

       14. Die kokefires doen Palm Springs

       15. Wille Willemien se seksles

       16. Die onrondfokbare Tintin

       17. Die orakel van Sedona

       18. Soetmielie

       19. Vir wie die jas pas

      Mustang Sarie se Groot Trek

      My lyf en my gees pas nie bymekaar nie.

      Dit is wat Pa van my gesê het. Die man wat soms die emosionele koëffisiënt van roereier gehad het. Veral as dit by homself of sy eie kinders gekom het. Tog was Pa dié slag reg soos hy dikwels wel sy teiken getref het. Pa was ’n uitmuntende skut. ’n Wafferse cock-and-fire.

      “Weet jy waarvandaan kom die gat hier in jou muur?” beduie ek vir die vrou met die soel gelaatstrekke van iemand wat dalk Indiaanbloed het. Met haar onopgesmukte poniestert is sy die nuwe eienaar van die bekende, maar verbasend oninteressante, Little Alien Inn Motel.

      Rachel, Population 54. Dit staan op ’n bord voor jy na die piepklein amper-dorpie op Nevada se Extraterrestrial Highway indraai. Dis waar ek twee nagte wil slaap sodat ek kan uitry na Area 51. Dis die streng bewaakte Amerikaanse woestyngebied waar ’n UFO glo nié in 1947 neergeplons en verskeie getinfoeliede buiteruimse oorle’s nooit tussen die wrakstukke gevind is nie.

      “Nah?” kyk Belle op van die nat lap waarmee sy ’n kol op haar boesem probeer uitkry. Op haar T-hemp is haar naam en die gesig van ’n alien.

      Dit was mý pa wat ’n gat deur kolonel Wendelle Stevens se spyskaart geskiet het. Op ’n dare. Voor jou tyd. In the eighties, sê ek.

      “Man! Are you serious? I’ve been meaning to fix it, but now I think I’ll just keep it for the story? Where you guys from?”

      “South Africa. And afterwards they still ordered from that same menu – hole and all.”

      Ek en Belle is ewe ingenome. Ek’s verbaas dat dié gat in al die jare nog nooit toegepleister is nie. Byna het ek die insident nie eens onthou nie. Pa en

Скачать книгу