Skepsel. Willem Anker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Skepsel - Willem Anker страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Skepsel - Willem  Anker

Скачать книгу

uit ’n botteltjie, kyk daarna en gooi dit terug. Haar tandeborsel se battery is pap. Sy vryf die tandepasta met ’n dooie vinger oor haar tande. Die waterlose toilet laat haar hardop lag. Pris lag saam en weer skrik Rebecca tot in haar beendere. Pris vra om verskoning, sê sy kan nie anders nie. Menslike gelag is letterlik aansteeklik.

      Rebecca sit, en vee haar af met die harde, herwinde toiletpapier. Toe sy nog long drops in squatter camps gebou het, was dit nie cool om in ’n gat te kak nie. Die estates wat haar pa gebou het, was toegerus met toilette wat jou boude verwarm en jou poephol droogblaas. Maar wanneer sy nou uiteindelik in een van sy skeppings beland en in die en suite van die gastekamer haar ding gedoen het, moet sy buk oor hierdie epitoom van groen-tegnologie om ’n grafie mulch op haar drol doer onder te gooi.

      Sy stuur vir Lindi ’n boodskap: “Veilig @ Pa. Saam met #sexy-zombiekiller-nurse en HAL9000 in weird Escher-huis. #Tardis. #Bigger-on-the-inside. Drukkies vir M.”

      Die antwoord kom onmiddellik: “#Home-is-where-the-zombies-are. Lala kahle, Vroulief.”

      Sy sit die lig af en die alarmsensor se rooi flitsende LED skyn soos ’n vuurtoring in die donker. Sy klim uit die bed, kou ’n stuk kougom terwyl sy twee slaappille sluk, en druk die kougom op die LED. Toe sy die bedlig weer afskakel, sê die huis vir haar goeienag.

      “Pris. Lekker slaap.”

      “Ek slaap nie, Rebecca. Ek is ’n algoritme.”

      “Pris, so jy droom nie eens van elektriese skape nie?”

      “Jammer, Rebecca. Ek verstaan nie die opdrag nie.”

      Voyager 1 se kamera-oë is afgeskakel op Valentynsdag 1990. Rebecca was twaalf jaar oud. Ben van oorkant die pad het vir haar ’n kaartjie met ’n rooi hart, deurboor met ’n pyl, in die posbus gelos.

      Sy sit die lig aan. Pris gee haar aanwysings na die hoofslaapkamer. Sy sluip op haar sokkies in die gang af en maak die deur versigtig oop. Henk lê in die lig van haar seekat-nightlight van toe sy so oud soos Mandla was. Sy het aangeneem die ding is al dekades gelede weggegooi. Voor die bed lê ’n Jack Russell in ’n rottangmandjie. Langs die mandjie staan ’n bonsai-boompie in ’n wit plastiekpot.

      Toe sy hom laas gesien het, was Henk se vel nie byna deurskynend, met are wat blou en vlak onder die oppervlak loop nie. Sy wangbene, ore en neus was minder prominent, die hande sonder vlekke en die vingerbene nie sigbaar nie. Sy staan en luister na sy vlak asem. Die hond lig sy kop en laat dit weer sak. Die hond se oë is toegewerk. Sy neem die hand wat onder die duvet uitsteek versigtig in hare en vou die arm terug onder die duvet. Haar hand rus rakelings op die grys mus. Vir ’n oomblik is sy doodseker dat net die gebreide wol die skedel in plek hou.

      In 2013, toe net vyf van Voyager 1 se elf sintuie nog aangeskakel was – meetinstrumente vir goed soos magnetiese velde, ultravioletstrale en plasmagolwe – het hy die interstellêre ruimte ingegaan, uiteindelik vry van vader Sol se swaartekrag.

      Rebecca pak twee kussings teen haar aan, ’n arm om die boonste kussing, ’n been oor die onderste een. Sy lê en luister na die see, wat presies soos witruis op ’n ou TV klink.

      Net ná vyf kom maak Ariel vir Rebecca wakker. Haar pa het sy bed natgemaak. “Shame, those tranquillisers make him sleep through anything. He buzzed me, but you’re here now.”

      Henk is weer aan die slaap toe Rebecca in sy kamer kom. Sy maak hom wakker en trek hom op.

      “Hallo, Pa.”

      “Hallo, Geitjie.” Sy antwoord is outomaties terwyl hy staan en wieg, aan die slaap op sy voete. Hy het haar laas Geitjie genoem toe haar ma nog gelewe het.

      Sy vind skoon lakens in die kas en vervang die beddegoed.

      Elke Voyager het minder as 70 KB geheue, sy herinneringe gestoor op agbaan-bandopnemers, teruggestuur na sy tuisplaneet met behulp van ’n versender skaars sterker as ’n gloeilamp, sy geheue byna ’n kwartmiljoen keer minder as dié van Rebecca se foon. Wanneer hy kan, kommunikeer hy met sy planeet. Sy mense is altyd bly om van hom te hoor. Rondom 2025 sal sy batterye afloop en sal hy in stilte voortdryf, min of meer onsterflik, solank hy nie huis toe kom nie.

      Rebecca kon nie die boom vind waarteen haar ma vasgery het nie. Sy was so seker dit was daardie bloekom, op daardie plek langs die pad. Dáárdie pad. Die boom was nie waar dit moes wees nie. Miskien is dit jare gelede al uitgekap. Miskien is dit nog daar, net êrens verder af met die pad. Dit was nie waar dit moes wees nie.

      Mamma, iemand skuif bloekoms rond in die nag.

      BEENDERE 1

      Dit is al drie dae sedert hy verdwyn het in die poolnag. Hy is weg en dit gaan eers oor twee maande lig word.

      Ek en Howard het Svalbard toe gekom vir die Beendere. Hier sit ek nou op die ysgrond, halfpad tussen Noorweë en die Noordpool. Hy was gelukkig om genooi te word. Ons het gedink ons was gelukkig om hier te kon wees. Die hele wêreld praat oor hierdie rare vonds, maar net ’n paar uitverkorenes word hier toegelaat.

      Ná die ontdekking is die perseel dadelik omhein en toegang streng beperk deur die Noorweegse owerhede. Volgens die Svalbard-verdrag is die argipel ’n gedemilitariseerde sone, omdat die verdrag die vestiging van militêre installasies verbied. Enige militêre aktiwiteite deur Noorweë word beperk tot die beskerming van die natuurlike omgewing, soos om seker te maak daar word nie te veel walvisse gevang nie. Omdat die Beendere tot op hede amptelik as ’n natuurverskynsel, ’n besonder seldsame natuurverskynsel, beskou word, het Noorweë hom die reg toegeëien om die area rondom die Beendere af te kamp en te bewaak. Natuurlik het die internasionale wetenskaplike gemeenskap toegang tot die objekte wat ons nog die Beendere noem.

      Ons was van die eerstes wat hier opgedaag het, aan die begin van November, toe daar in die dagure soms nog glimmerings op die horison was. Wanneer die koue onderste luglae bedek word deur warmer lugmassas hoër op, sal die termoklien (die laag met abrupte temperatuursveranderings) optree as ’n tipe spieël en sal sonstrale steeds sigbaar wees, selfs al is die son in werklikheid reeds onder die horison. Nou, met ingang Desember, is dit pikdonker en die eerste skemerings sal eers weer aan die einde van Januarie gesien word. Die donkertyd, mørketiden.

      Ons was besig met ’n navorsingsprojek by Geelhoutgrot naby George, waar ons oorblyfsels van die vroeë Homo sapiens se kombuisware ondersoek het, toe hy die oproep kry om onmiddellik te kom ondersoek instel. ’n Vreemde ontdekking is gemaak tien kilometer noord van Longyearbyen op die eiland Spitsbergen, die grootste nedersetting op die Svalbard-argipel. Dit is die administratiewe sentrum, hoewel dit in wese niks meer as ’n klein steenkoolmyndorpie is nie, deesdae ’n toeristebestemming, met skaars meer as tweeduisend inwoners.

      Howard het my gevra om saam te kom, as sy assistent, nie net omdat ons saam gewerk het by Geelhoutgrot nie, maar omdat ons die afgelope paar maande minnaars was. Hy het gedink dit sou goed wees as ons ’n wyle onder wakende oë kon uitkom en tussen vreemdelinge kon gaan bly en sien hoe ons verhouding sou ontwikkel, indien enigsins.

      Ná die nodige owerhede ons binne enkele dae van Schengen-visums voorsien het, het ons Oslo toe gevlieg via Frankfurt en, ná ’n aandete van pizza, skyr en bier en ’n nag van opgewonde seks, die volgende dag na Tromsø. In die lug het ons gesien hoe die son oor die see sak, om nie weer op te kom voor ons terugkeer nie. Op Longyearbyen se klein lughawe langs die Adventfjorden het ons ons tasse gekry op die bagasieband met die opgestopte ysbeer in die middel van die eiland uitgestal. Die bussie het ons deur die dorp geneem. Ons het by die ruit uitgekyk na die berg Hiorthfjellet. Die bestuurder het gevra of ons enigiets by

Скачать книгу