Driveway Divatjie. Annalise Wiid

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Driveway Divatjie - Annalise Wiid страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Driveway Divatjie - Annalise Wiid

Скачать книгу

se kleintyd en hul grootword en huis verlaat en deur baie jare se onbevange menswees en tuinmaak en kaggelkuiers nie. Dit is nie deurdrenk van haar man se gedurige teenwoordigheid ná aftrede nie. In die nuwe plek het sy ’n enkelkamer. Tafelmaats. Gangvriende. Vloerkennisse. En heelwat minder privaatheid. Sy sal daaraan gewoond moet raak. Aanpassings, aanpassings, aanpassings. Sy stel haar daarop in soos ’n kameralens; met doelbewuste fokus.

      Ek wens haar die allerbeste toe. Praat nog ’n paar bemoedigende maar ontoereikende woordjies. Sy groet dapper: Haar oom Jannie het altyd gesê: “Jy kan nie terug nie, you’ve got to move forward.” En dit is wat sy nou gaan doen.

      Dit ontroer my – dat hy nou nog, soveel jare ná sy dood, steeds haar ware noord bly, steeds vir haar die koers aandui, haar steeds bly aanspoor. En hoe haar stem steeds sag word wanneer sy sy naam sê. Die man aan wie sy behoort.

      ’n Paar aande later slaap die kleintjie by my oor. ’n Engeltjie in fluffy pienk pajamas. Ek kyk af op die droomlandgesiggie: Hoe wonderlik het God jou gemaak! Jy’s so ontroerend mooi, so fassinerend, so broos, so vol potensiaal! Mag jy altyd, in Hom en in jou medemens, ’n heenkome hê, ’n harttuiste, selfs in die tye dat jy noodgedwonge alleen moet loop.

      Die waarheid van ’n mens

headpic.jpg

      DIE WAARHEID VAN ’N MENS

headpic.jpg

      Die vrou skuil diep onder die boom teen ’n onverwagte stortbui. ’n Plastieksak oor haar kop. Arms afwerend oor haar bors gevou teen die skielike koue. Haar liggaam so roerloos soos die boomstam self. Ek ry eers verby, maar stop en draai om toe haar beeld my bewussyn volledig tref. Waarheen sou sy op pad wees toe die reën haar stuit?

      “Ek moet my kind by die crèche gaan haal,” sê sy dankbaar toe sy in my kar klim. Terwyl sy die pad soontoe beduie, vertel sy die kleintjie, nou nege maande oud, is vroeggebore. Ek wag in die kar buite die speelskool. Ná ’n ruk klim sy weer in met ’n bondel komberse waaruit ’n fraai vetwanggesiggie grootoog loer. Klaar namaakgoue studs in die oortjies. Ek neem hulle die dorp in. Taxi rank toe. Daar buk die ma terug in die kar nadat sy reeds uitgeklim het. “If you hadn’t picked me up and I got soaked with rain, I would not have been able to hug my baby when I fetched her today. Thank you for your kindness.” En sy stap weer uit my lewe.

      Ek sal die vrou waarskynlik nooit weer sien nie. Ek sal haar ook nooit vergeet nie. Wat is dit wat maak dat sommige mense jou dieper raak as ander? Daarop is die antwoorde seker meer as al die blare van ’n bos vol bome. Vir party sal dit voorkoms wees, vir ander humor of intellek of prestasie. Dalk waardes of moed, deursettingsvermoë of lewensuitkyk. Vir my is dit wanneer die waarheid van ’n mens voor my oopvou. Wanneer wie die mens werklik is, vir my begin blom.

      Onlangs ontdek ek Leonard Cohen se DVD Songs from the Road. Grepe uit sy wêreldtoer van 2008 en 2009.

      Aangrypend! Daar staan hy: nou ’n skraal, ou man – gebeeldhoude gesig wat aan my oupa Wiid herinner. Hy dra ’n pak en ’n das en het ’n hoed op die kop. Dié haal hy soms, met ouwêreldse sjarme, af uit eerbied vir sy medemusikante. Hy beweeg min; kyk skaars die gehoor in die oë. Sing dieselfde liedjies van destyds, maar nou met ’n geweldige, ingehoue intensiteit wat dermdiep uit sy eerlike deurleefdheid kom en my geheel en al oorrompel.

      Ek dink dit is die een element van Kersfees wat my jaar ná jaar bewoë-diep raak: God se waarheid, wat so bloot lê in die weerlose babalyfie. Sy verstommende, waaghalsige, verbeeldingryke liefde. Grensloos na alle kante toe. En soos Cohen sing: “Love is not a victory march … it’s a cold and … very lonely hallelujah,” want die skadu van die kruis val immers van die begin af reeds oor die krip. Die waarheid: God wil ons onskuld en ons ontreddering omhels.

intextpic.jpg

      Kersfees is ’n wit lelie; dit vou God se hart oop, die waarheid van sy wese óóp. Gun dit vir jouself om diep daaruit te drink en loop dan met die dapperte daarvan die nuwe jaar en jou eie waarheid binne.

      Die dik donkie en die voortvarende vul

headpic.jpg

      DIE DIK DONKIE EN DIE VOORTVARENDE VUL

headpic.jpg

      Ek was veronderstel om op ’n donkie die kerk in te ry, soos Maria Betlehem waarskynlik destyds ge-in het. Maar ’n donkie is niemand se speelmaat nie. Nie eens die vindingrykste dominee s’n nie.

      Kerssangdiens se namiddag. Die gemeente geniet nog ongesteurd ’n warm somermiddagdutjie. Ons is al by die kerk. Vir klank toets en woorde oefen en koor opwarm. En om die donkie op te saal. Maar dié donkie is ’n perd van ’n ander kleur. Sy word aangemarsjeer daar van die Hop-huisies se kant af. Nogal mooi. Lig. Amper wit. Engelrein, lyk sy, maar onrusbarend breed. Op die nippertjie dragtig. Haar maag bult alkant uit soos ’n braaidrom. Agter haar trippel ’n donkerbruin, brandsiek vul. Vol skurwe kolle en met dik geel souse wat uit sy oë drup.

      Ek klim nie op een van hulle nie, is my eerste gedagte. Maar ’n man kom aangery in ’n ou skedonk, ook van die Hop-huisies se kant af. Hy stop voor die imposante sandsteenkerk en klim uit met ’n lieflike handgemaakte lappieskombers. ’n Waardige man. Hy gooi die kosbare erfstuk oor die dragtige donkie se stofrug en sê: “Dis vir die vrou om op te sit.” Ek sal die ryery moet heroorweeg, besef ek; uit respek vir dié heilige gebaar.

      Maar donkies verstaan van heiligheid en respek nie ’n snars nie! Die gemeente het intussen al begin aankom. Binne het die koster fakkels aangesteek. Welkomsvlamme; vreugdevure. Maar hy het hom misreken met die karige ventilasie van die kerk. Daar dam so ’n spul rook op dat ’n kind ’n asma-aanval kry en die koor hoegenaamd nie meer hul hoë note sal kan bykom nie. Ek staan en wag nog ewe rustig buite by die donkies toe hulle met die stomme kind uitstorm vir vars lug en vrywilligers binne vervaard die fakkels blus.

      Die dierbare dominee se plan was dat ek buite wag tot die koor “Stille Nag” begin sing. Teen vers twee moet ek en die donkie dan nou die kerk in. Toe ons besef sy’s te breed om op te sit, maak ons plan B: Die hoofouderling sal haar lei en ek stap net saam – ’n nagemaakte Maria, met ’n donkie wat nader is aan lewe skenk as sy!

      En dis net daar dat ek toe die volle betekenis van die woord “steeks” leer ken. Met haar neus halfpad in die voorportaal besluit Mevrou Donkie: Nottendêm, in dié fakkelstink gaan sy haar nie met haar ongeborene begewe nie. Die brandsiek vul, egter, ruik net avontuur en wil met alle mag die paadjie af. Dit veroorsaak ’n donkieknoop. Die dragtige merrie draai haar dwars om te probeer wegkom, die kosbare kwilt gly onwaardig grond

Скачать книгу