Te eenders, te anders. Elsa Winckler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Te eenders, te anders - Elsa Winckler страница 2

Te eenders, te anders - Elsa Winckler

Скачать книгу

      “Stadig, Leen, jy gaan jou splinternuwe karretjie afskryf. Ontspan nou!”

      Aileen vou haar vingers styf om die stuurwiel. “Argh! Ek kan my so vervies vir sulke mans! Wie is hy om vir my te vertel waar ek ’n winkel mag hê en waar nie? En wat is verkeerd met ’n stylvolle pâtisserie vol heerlike fyngebak in ’n kantoorblok? Koekies bak! Ek kan nie glo die man is so . . . so onopgevoed nie!”

      “Sjoe, ek het jou nog nooit só opgewerk gesien nie,” sê Nadia. “Jy is gewoonlik koel en kalm. Jy word miskien gou vies, soos dit ’n regte, egte rooikop betaam, maar jy koel net so vinnig af ook. Dit lyk my dié man het knoppies gedruk wat nog nooit gedruk is nie.”

      Aileen kyk vererg na Nadia en sien hoe haar vriendin styf aan die paneelkissie voor haar vashou. Sy haal haar voet van die petrolpedaal af. Sy ry te vinnig. En sy ís opgewerk. Dit is heeltemal buite haar aard. Die simpel man het haar behoorlik omgekrap.

      “Niemand het my nog ooit ’n ryk, oorgewig, spoilt daddy’s girl genoem nie.”

      Nadia lag. “Dit was darem voordat hy jou gesien het. En toe kon hy vir ’n tydjie nie ’n woord uitkry nie. Het jy agtergekom?”

      “Jy’s laf, man. Hy het seker net aan nog beledigings staan en dink. Ek hoop regtig nie dat ek nodig sal hê om verder iets met hom te doen te hê nie. Hy het my heeltemal verkeerd opgevryf.”

      “Soos ek sê . . . jy reageer darem baie heftig op die arme man. Ek het gewag en gehoop dat jy vir die een of ander sexy Fransman sou val terwyl jy daar was, maar lyk my hierdie rooikop het iets reggekry wat nie een van daai ouens kon doen nie.”

      “Moenie verspot wees nie, Nadia. Al wat hy reggekry het, is om my vies te maak. En dis definitief nie die regte knoppie om by my te druk nie. Hy is absoluut die laaste soort man in wie ek sal belangstel. Hy’s bossy, beledigend, maak wilde afleidings . . . En om alles te kroon het hy bloedrooi hare.”

      “Klink vir my asof julle perfek by mekaar sal pas.”

      “Jy moet vir jou snaaks hou.”

      “Nee, regtig! Ons besprekingsgroep kry ’n gasspreker wat oor hierdie soort ding gaan kom praat. Ek het solank daaroor begin lees. Mense se persoonlikhede en temperamente verskil radikaal.”

      “Presies. Daarom sal party mense net nooit oor die weg kom nie.”

      “As jy weet wat iemand anders se swakpunt is, kan jy . . .”Nadia vat skielik aan Aileen se arm. “Sê jou wat! Die gasspreker kom praat Donderdagaand met ons groepie. Sy gaan oor mense se verskillende persoonlikhede en temperamente gesels, dit sal baie interessant wees. Kom saam, toe! Ja, sure, daar is ’n klomp bibliotekaresses, maar daar is ook baie ander interessante mense, jy sal dit geniet.”

      Nadia giggel effens. “En hierdie een vrou, Maria, móét ek jou aan voorstel. Ek weet nie eens wat haar van is nie, maar ons almal hang altyd aan haar lippe. Sy moes ook op haar dag rooi hare gehad het, hier en daar slaan dit nog deur. Sy is histeries! Haar lippe is altyd bloedrooi geverf, jy kan haar nie miskyk nie. Sy maak trourokke en daar’s altyd snaakse stories oor haar seun en dogter. Die dogter maak ook klere en die seun is een of ander sakeman. Sy het hoeka vir ons hierdie spreker gereël, glo’n kennis van haar. Maria sê sy hoop om haar seun beter te leer verstaan.”

      “Gmf. Ek weet nie of enigiemand die vent wat ons nou net gesien het, beter kan of wil verstaan nie. Dis duidelik dat hy simpel vooropgestelde idees het en afleidings maak voordat hy al die feite het. En ek het nie nodig om te hoor hoekom ek nie van die man hou nie. Ek weet hoekom.”

      “Kom in elk geval saam. Ek dink ’n mens kan net iets leer. Toe man, ons kan agterna iets lekkers gaan doen. Dis gewoonlik nie baie lank nie, dan kan ons by Buena Vista ’n draai gaan maak vir ’n nightcap.”

      “Nou maar goed. Maar as dit my verveel, loop ons gouer.”

      Nadia lag. “Ek twyfel. Jy leer dalk iets oor jouself. Maar vertel nou eers vir my, wanneer trek jy in jou nuwe huisie in?”

      “Dit word op die oomblik uitgeverf en –”

      “Jy wil natuurlik die kombuis heeltemal oordoen,” terg Nadia.

      “Natuurlik! Ek is so opgewonde daaroor. Dankie tog vir my ouma se erfporsie en die drie jaar se Engels-gee in Korea, anders sou ek nooit vir my eie plekkie kon betaal het nie. Ek het regtig baie skraps gelewe in Korea, eintlik nou in Frank­ryk ook, maar dit was die moeite werd. My spaarvarkie is tot barstens toe vol. Ek sien só uit daarna om my eie ding te doen! Al die groot veranderings is klaar gedoen, my pa was ’n absolute champ en het gesorg dat alles in is wat moet in wees. Dis nog net die laaste verfwerk wat oorbly. Ek kan hopelik teen volgende naweek intrek, wanneer ek meer hulp van my familie en van my pel kan hê.” Sy kyk tergend na Nadia.

      “Natuurlik sal ek help, ja. Jy het so rondgerits die laaste paar jaar, ek is baie bly jy’s terug. Ek dink regtig Frankryk en Korea het nou genoeg van jou gesien, dis nou eers ons beurt.”

      Aileen glimlag vir haar. “Ja, dit was ’n dolle paar jaar, maar anders as jy wat altyd geweet het wat jy wil doen, het ek het regtig nie ’n clue gehad toe ek klaar geswot was nie. Ek het net geweet ek wil nie ’n ingenieur wees nie.”

      “Nog iets wat jy beter sal verstaan ná die praatjie Donder­dagaand. Hoekom jy in elk geval ingenieurswese gaan swot het, bly vir my ’n misterie. Dis net glad nie jy nie. En al daai somme!”

      “Ek hou van somme, dis die hoofrede hoekom ek daarvoor ingeskryf het. En ek is nie spyt nie. Dis net nie wat ek vir die res van my lewe wou doen nie. Maar ek het baie geleer, en baie daarvan is kennis wat ek ook kan gebruik wanneer ek die nuwe winkel inrig.”

      “Ek het vrede oor hoe jou winkel ingerig word, ek stel net belang in die lekkertes wat jy gaan verkoop. Ek kwyl by voorbaat as ek dink dat ek elke dag iets by jou plekkie kan kom eet. Ek is so opgewonde saam met jou! En ek dink die perseel is net reg. Dit lê teen die pad waarop al die toeriste beweeg na Oom Samie se Winkel en die res van die dorp se dinge. Ek het net nie gedink jy sal so ’n groot ruimte wil hê nie.”

      “Ek het eintlik iets kleiners in gedagte gehad, maar nou­dat ek gesien het hoe groot dit is, het ek sommer nuwe idees bygekry. Ek gaan ’n regte, egte Paryse pâtisserie daar staan maak.” Sy klik haar tong. “Koekies! Simpel man. Wat dink hy gaan ek verkoop, flippen lamingtons? Ek vervies my sommer van voor af.”

      Nadia lag. “Los nou maar die arme man. Hy gaan nie weet wat hom tref as jy eers volstoom aan die gang is nie.”

      “Nee wat, ek dink nie ek hoef hom ooit weer te sien nie. Hiervandaan sal ek met my pa of Evan onderhandel. Julian lyk vir my ten minste na ’n redelike mens, ek’s nie seker presies wat hy vir my pa doen nie. Die gebou bestuur, dalk.”

      “Wat sê Evan van jou planne?”

      “Jy ken mos vir hom. Regtig die ideale ouboet. Altyd ondersteunend.”

      “Is hy nou voltyds saam met jou pa in die besigheid?”

      “Ja. Die nuwe naam, McLachlan en Seun, is al opgesit. My pa is so trots.” Sy hou naby die studentesentrum van die universiteit stil en Nadia klim uit. “Baie dankie dat jy jou etenstyd opgeoffer het om saam met my te kom kyk, Nadia. Dis nice van jou.”

      “Jy was lank genoeg weg, dis lekker dat ons weer dinge saam kan doen. Ek kom laai jou Donderdagaand op, hoor, jy kan nie

Скачать книгу