Te eenders, te anders. Elsa Winckler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Te eenders, te anders - Elsa Winckler страница 3

Te eenders, te anders - Elsa Winckler

Скачать книгу

Sy en Nadia is van die eerste dag op skool al maats. Sy het haar so gemis die laaste klompie jaar en dis so lekker om te weet sy is weer op dieselfde dorp as haar groot vriendin.

      Terwyl sy tydelik by haar pa bly, probeer Aileen elke aand vir hulle kos maak. Dit lyk asof haar pa gewig verloor het. Hy was nog nooit die beste kok nie en hy en Evan het seker op wegneemetes en toebroodjies gelewe terwyl sy weg was.

      Aileen kyk by die kombuisvenster uit terwyl sy die blaar­slaai afspoel, na die boompies wat haar ma geplant het. Haar ma was so lief vir kosmaak. Aileen mis haar nog elke dag. Sy was twaalf en Evan vyftien toe haar ma die lang stryd teen borskanker verloor het. Haar mooi rooikopma sou nooit weer vir haar stories opmaak oor rooikopprinsesse en rooikopfeetjies nie. Maar sy sal dit altyd in haar haar hart saamdra.

      Sy sluk teen die knop in haar keel en draai terug om die slaai klaar te maak. Haar pa en broer behoort enige oomblik hier te wees. Maar sy sou vanaand wat wou gee om ook met haar ma te kan gesels. Om te hoor wat sy dink van die rooikopman wat Aileen vanmiddag ontmoet het. Om te vra wat dit beteken dat haar hart so bollemakiesie geslaan het. Om haar te hoor lag.

      “Hallo, hallo,” sê haar broer in die deur, en sy vee vinnig oor haar wang.

      “Wat ruik ek?” vra haar pa, op sy seun se hakke.

      “Lekker tamatiebredie vir die koue aand,” glimlag Aileen.

      “Wonderlik! Evan, kry vir ons glase, ek kry die wyn.” Haar pa soek in die wynrak rond. “En toe? Het jy tyd gehad om te gaan kyk na die gebou waarvan ek jou vertel het? Wat dink jy?”

      “Ek hou baie van die perseel, ek wil dit graag hê. Ek hoop net nie ek hoef weer met daardie onbeskofte vent te praat nie.”

      Haar pa draai om en kyk haar verbaas aan. “Julian? Onbeskof? Dis darem baie –”

      “Nee, nie Julian nie, die ander een. Met die rooi hare,” sê sy en voel hoe haar gesig warm word.

      Evan kom nader gestap met die wynglase. “Hoekom is jy so rooi? Iemand jou vies gemaak?”

      “Klink my so,” sê haar pa geamuseerd en maak ’n bottel wyn oop, maar sy voel sy oë op haar. “Was Allen Muir met ander woorde ook daar?” vra hy dan.

      Sy knik en hou haar oë op die slaai. “Ja, wat ’n arrogante vent. Sê ek moet my koekies op ’n ander plek gaan bak. Bid jou aan! Asof wat ek doen, aan koekies bak gelykgestel kan word.”

      “Maar is dit nie wat jy wil verkoop nie?” vra haar broer kamma onskuldig en koes net betyds vir die vadoek wat sy na hom gooi. Hy gooi sy hande laggend in die lug. “Ek speel net, man.”

      “Ek het my so vervies vir hom, Pa! Wie dink hy is hy? Ek het dit baie duidelik gemaak dat ek van nou af net met Pa en, as dit nodig is, met Julian sal praat. Dankie tog dis Pa se gebou.”

      Haar pa stik in sy eerste slukkie wyn. “Wat? Dis nie my gebou nie, Aileen,” proes hy. “Dis syne! Ek dink Julian het wel ’n aandeel daarin, maar Allen is die eienaar.”

      Aileen kreun hard. “Moenie dít vir my sê nie! Hoekom het Pa my dan soontoe gestuur?”

      “Omdat ek dink dis die perfekte ligging vir wat jy in gedagte het. Ons het nie nou openinge in enige van ons eie geboue nie. Ek het verlede week vir Julian raakgeloop en gevra of hulle nog ruimtes het om te verhuur. Ek het geweet die gebou is in Dorpstraat, en toe hy praat van die ruimte op die hoek, het ek gedink dis net die regte plek vir jou.”

      Aileen voel soos ’n klein dogtertjie wat haar bene wil skop en haarself op die vloer wil neergooi van pure frustrasie. “Ek glo dit nie! Dit ís ’n wonderlike ligging, maar ek sal maar iets anders moet soek. Daardie man en ek sal nooit oor die weg kom nie.” Sy lig ’n stuk van haar hare op. “Twee rooikoppe kan net moeilikheid veroorsaak.”

      Haar pa sluk aan sy wyn en kyk haar ondersoekend aan. “Regtig? Ek het gedink jy kan enige situasie en enige mens hanteer. Jou menseverhoudinge was nog altyd jou sterkpunt. Ek kan nie dink jy sal met iemand koppe stamp net omdat julle dieselfde haarkleur het nie. Maar nou goed, as jy klaar besluit het, moet ons maar verder rondkyk. Kan ons eet? Ek is rasend honger en jou bredie ruik hemels.”

      Haar pa en Evan sit hul glase neer op die groot gedekte tafel. “Kan ons help opdra?” vra Evan, en Aileen beduie na die slaai.

      Haar kop werk oortyd terwyl sy die bredie en bykos tafel toe dra. Dit is die perfekte ligging. Haar pa is, soos altyd, honderd persent reg. Maar dis daai man se gebou. Die een met die knalrooi hare en die groen, groen oë. Die een wat haar ’n spoilt daddy’s girl noem. Wat dink sy wil blote koekies verkoop.

      “Jy hoef nie so te frons nie, Ounooi,” lag haar pa en sit sy hand op haar arm toe sy gaan sit. “Ons sal wel ’n ander plan maak.”

      Hoe kan sy nou vir haar pa sê dat dit presies is wat haar so mateloos irriteer? Sy wil nie hê daar moet ’n ander plan wees nie. Hoe meer sy daaroor dink, hoe meer besef sy dat die ruimte presies is wat sy wil hê. Die ligging is perfek en daar is genoeg plek sodat sy ’n goed toegeruste kombuis daar kan inrig. Haar aanvanklike plan was om die meeste van die bakwerk tuis te doen. ’n Klein winkelruimte waar dit verkoop kon word, met ’n klein kombuisie waar sy net die versiering kon doen, was eintlik wat sy beplan het. Maar vandat sy vandag die plek gesien het, besef sy hoe lekker dit sal wees om ’n groter kombuis daar te hê.

      Die vraag is nou net: Hoe gaan sy dit kry sonder om ooit weer met Allen Muir te praat?

      2

      “Die Myers-Briggs-indeling van persoonlikheidstipes is ’n psigometriese vraelys wat ontwerp is om mense se psigologiese voorkeure te meet – hoe hulle die wêreld beskou en die manier waarop hulle besluite neem.”

      Aileen sluk ’n gaap in en knip haar oë. Nadia por haar met die elmboog en sy sit regop. Sy moet konsentreer. Die vrou kan haar dalk net help om Allen Muir reg te benader. Sy sal immers om verskoning moet vra vir haar optrede van twee dae gelede. Sy slaap sleg, sy oefen voor die spieël, maar sy kon haarself nog nie sover kry om spyt genoeg te lyk nie.

      Want sy is nog altyd vies vir hom. Maar oukei, sy was verkeerd. Haar pa het wel met nog ’n paar voorstelle gekom, en sy het ewe hoopvol na die geboue gaan kyk. Maar sy weet ál meer vir seker dat die rooikopvent se gebou die beste ruimte het vir haar pâtisserie.

      Nadia beduie kwaai vir haar om vorentoe te kyk. Sy vou haar arms en probeer luister. Die aanbieder beduie na ’n voorstelling wat sy met ’n projektor teen die een muur gegooi het.

      “Belangrik vir die Myers-Briggs-indeling van persoonlikheidstipes is Jung se teorie oor sielkundige tipes. Hy maak die onderskeid tussen twee dichotomiese pare kognitiewe funksies. Eerstens die rasionele funksies – dink en voel – en verder die irrasionele funksies van aanvoeling en intuïsie. Die Jungiaanse teorie sluit in persoonliksheidsinstrumente soos ekstroversie en introversie, aanpasbaarheid, konsentrasievermoë, gevoel en intuïsie.”

      “Waarvan praat die vrou tog alles?” fluister Aileen verveeld vir Nadia.

      “Sjuut,” fluister Nadia en maak vir haar groot oë. “Luister net, dan sal jy agterkom waaroor dit gaan.”

      Aileen vou haar arms en probeer weer fokus. Haar gedagtes is egter so besig met planne vir haar nuwe plek en frustrasie oor die man wat in haar pad staan dat sy sukkel om regtig op die praatjie te konsentreer. Sy sit naderhand vooroor en probeer weer iets inneem. Nadia sal haar sweerlik

Скачать книгу