Om Amelie se tafel. Elsa Winckler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Om Amelie se tafel - Elsa Winckler страница 4

Om Amelie se tafel - Elsa Winckler

Скачать книгу

is besig om huis te word, nes jy altyd wou hê.”

      Amelie knik haar kop en kyk om haar rond. Met die geld wat haar ouers vir haar nagelaat het, kon sy gaan swot. Daar was ook genoeg oor vir ’n deposito op hierdie skakelhuisie in die Paarl.

      Dis oud en was baie verwaarloos, maar die afgelope twee jaar het sy naweke hard gewerk. Dit begin al beter lyk. En dis háre. Niemand kan dit by haar afvat nie. Niemand kan vir haar sê sy kan nie meer hier bly nie of haar dwing om vreemde mense by haar te laat bly nie. Dis hare. Wel, hare en die bank s’n, maar uiteindelik sal dit net hare wees. Dit was haar vurige droom vandat sy die eerste aand in ’n lang saal saam met ander kinders moes slaap.

      “Die tuin aan die agterkant is nog ’n woesteny.” Terwyl sy praat, kyk Amelie by die venster uit na die wildernis wat eens seker ’n tuin was. Wat haar hart gesteel het toe sy die eerste keer na die eiendom kom kyk, was die groot boom aan die een kant van die erfie. Ondanks die onkruid, kon sy ’n lang tafel in haar verbeelding daar sien staan.

      Dít was haar huis, sy het nie verder gesoek nie.

      Natalie lag. “Jy sal daarby ook kom. Onthou jy nog hoe dit die eerste ses maande gelyk het nadat jy ingetrek het?”

      Amelie knik haar kop en kyk om haar rond. “Ek het van die vloer af gelewe. Maar ek kon van toe af elke maand ietsie koop en met my nuwe werk wat soveel meer betaal, behoort ek die plekkie vinniger vol te kry,” glimlag Amelie.

      Sy stap saam met Natalie voordeur toe.

      “Maak nou pelle met jou kollegas. Dit help nie jou huis is vol meubels en mooi goed en jy het nie mense met wie jy dit kan deel nie,” preek Natalie nog vir oulaas. Sy glimlag. “Jy het mense nodig wat om jou lang tafel gaan sit,” sê sy en sug. “Jy weet, die een waarvan jy altyd droom.”

      Amelie sluk aan die knop in haar keel. Natalie ken haar so goed. Sy was die een vir wie sy in die donker ure in die weeshuis van haar droom kon vertel: Die een van die mense aan ’n lang tafel onder ’n groot boom. Dit was nooit nodig om vir Natalie te verduidelik hoekom sy hierdie huisie wou koop nie. Toe sy vir haar die boom wys, het sy geweet.

      Hulle vee al twee oor hulle oë.

      Natalie lag. “En wie weet, dalk ontmoet jy jou soul mate in die Karoo. Een wat sal weet hy moet liewer vir jou rose of ’n rekenaar present gee as lelies.”

      Laggende bruin oë duik onmiddellik voor Amelie op, maar sy skud haar kop beslis. “Jy is die een wat op soek is na ’n soul mate. Ek stel nie belang nie,” terg sy en ignoreer die warm gevoel wat deur haar lyf beweeg.

      “Jy’s te gekompliseerd?” lag Natalie.

      “Soos jy alte goed weet,” sê Amelie. “Ons was tog van amper altyd af kamermaats.”

      “Wie ken jy wat nie ’n bietjie complicated is nie? Die geheim is om nie toe te laat dat dit jou verhoed om gelukkig te wees en liefde te vind nie.”

      Lank nadat Natalie weg is, eggo haar woorde nog in Amelie se kop. Liefde vind. Sy is maar skrikkerig daarvoor. En sy het nie ’n sielkundige nodig om te weet hoekom sy so versigtig is nie. Mense gaan weg, of nog erger, hulle gaan dood. Sy hou mense maar op ’n afstand. Op dié manier kan sy seker maak haar hart sal nooit weer so seerkry soos die dag toe sy moes hoor haar ma en pa is dood nie.

      Jan het probeer, maar dit sou nooit met hom kon werk nie. Ná die bos lelies is dit vir haar duidelik hy weet nie hoe haar kop werk nie.

      “Volgende keer. Ek belowe,” sê Amelie terwyl sy en Natalie tussen die ander mense hulle weg na die zumba-klas baan.

      Natalie snork. “Gmf, jy vergeet elke keer van jou belofte. Nee, wat. Ek gaan jou eenvoudig agter die stuurwiel vasbind,” dreig sy en systap ’n paar mense wat van voor af aankom.

      Amelie word eenkant toe gedruk en beland agter die breë rug van ’n man wat staan en gesels. Sy probeer om hom loop, maar aan weerskante drom mense. Haar oë sak af. Sy gymbroek pas netjies om ’n paar baie sexy boude. Sjoe. Sy is skoon kortasem.

      Sy probeer weer om die man beweeg, maar die vorige zumba-klas het skynbaar so pas klaargemaak. Mense stroom verby. Geïrriteerd deur die man wat die plek vol staan en haar simpel reaksie op ’n netjiese lyf, beur sy weer, en dié keer gebruik sy haar elmboog om ’n pad oop te maak.

      Die man beweeg effens weg en sy probeer verbyglip, maar sterk vingers vou om haar boarm.

      “Woah, juffrou, dis ’n geniepsige elmboog wat jy daar …”

      Sy ruk haar los en draai vies om na hom toe. “As jy nie …”

      En toe slaan haar woorde agter in haar keel vas. Dis wragtig die man wat gister haar voetstampery gadegeslaan het.

      Hy het ook opgehou praat, maar glimlag breed. “Ek moes geweet het dis jy,” lag hy. “Nog nie ontslae van al die aggressie nie?”

      Vererg draai sy weg sonder om hom te antwoord. Simpel vent. Hy staan die plek vol en nou is sý die ene aggressie? Sexy boudjies of te nie, sy hoop regtig sy hoef hom nooit weer raak te loop nie.

      Chris kyk die vroumens agterna. Sjoe, wat ’n lyfie. Kyk daardie lang, lang bene. En vir ’n vlietende oomblik het hy ’n glimps gehad van ’n paar baie sexy boobies. Maar o aarde, wat ’n beneukte entjie mens.

      As sy nie haar voet uit frustrasie stamp nie, gebruik sy haar elmboë om ’n pad oop te baklei. Hy kyk rond. Hy het seker op ’n slegte plek staan en gesels, maar almal doen dit maar hier. Niemand raak opgewerk daaroor nie.

      Hy het haar nog nooit by die gym gesien nie. Hy is ’n volbloedman en so ’n lyf sou hy nie misgekyk het nie.

      Die musiek begin speel in die vertrek waarin die meisiekind verdwyn het en hy stap na die gewigte waar ’n klomp ander mans staan en oefen. Mmm, van hier af kan hy die groepie dophou sonder dat sy dit agterkom.

      Hy is opgewonde oor die naweek. Sy werk maak hom opgewonde, maar hierdie keer is die vooruitsig dat hy dié enetjie ’n naweek lank kan dophou, ook daar. Hy glimlag.

      Die klomp langsaan buk almal vorentoe, maar sy oë val net op een paar netjiese agterstewe. Begeerte slaan soos ’n vuishou teen sy maag en hy laat sak die gewigte vinnig. Bliksem. As hy nie vanaand ’n voet wil verloor nie, sal hy moet begin konsentreer op wat hy doen.

      3

      Chris gryp die tweejarige Paul om sy lyfie en swaai hom in die rondte. Die kleintjie gil van plesier.

      “Ma sê julle moet kom eet!” roep sy suster Nicola van die stoep af.

      Chris tel die seuntjie hoog bokant sy kop op en laat sak hom sodat hy op sy nek sit. “Kom, ons gaan eet!” roep hy en klim die trappies op tot waar ’n lang gedekte tafel op die stoep staan.

      Hy laat sak sy suster René se seuntjie tot op die grond en kyk laggend hoe klein Paul dadelik op Tessa, sy ouma se groot Labrador, afpyl. Tipies seunskind is hy nie vir ’n oomblik stil nie.

      “Kom sit, mense,” roep sy pa en almal staan geselsend nader.

      Dis Sondag. En Sondae sit hulle aan om sy ma se kospotte. Sy dring nie daarop aan nie, maar hulle mis ’n Sondagete net by hoë uitsondering.

      Neethling

Скачать книгу