.
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу - страница 7
Introverte(I) is weer meer na binne gekeer en verkry hul energie vanuit hulself en hul gedagtes en gevoelens. Hulle geniet tyd op hul eie en herlaai wanneer hulle in hul eie spasie is en privaatheid het. Hulle is gewoonlik nie groepdiere nie en sal ten beste onafhanklik funksioneer. Te veel menslike interaksie in een dag mag hulle moeg en gedreineer laat.
(Let wel: Hulle geniet mense ook, maar verkies om nie die grootste deel van die dag tussen mense te wees nie en geniet dan een-tot-een-verhoudings, waar groepe mense hul energie kan dreineer.)
(Kyk na die kort opsomming en waar jy onseker is tussen twee alternatiewe, skryf neer in watter kategorie jy meer natuurlik val.)
EKSTROVERT(E) | INTROVERT(I) |
Geniet mense en nooi hulle graag binne. | Geniet hul eie geselskap en is tevrede tuis. |
Hulle is vrolik en mensgerig. | Hulle is gereserveerd. |
Onderbrekings kan hulle stimuleer. | Onderbrekings trek hul aandag af. |
Praat oor wat hulle dink; dink hardop. | Is privaat en hou hul gedagtes binne. |
Hulle funksioneer graag in ’n groep. | Funksioneer graag onafhanklik en alleen. |
Geniet interaksie. | Geniet konsentrasie. |
Sosiaal. | Territoriaal. |
Doen eers en dink later. | Dink eers en doen later. |
Funksioneer in die algemeen. | Funksioneer in diepte. |
Praat soms te veel. | Praat soms te min. |
Volgens David Keirsey: 75% van die samelewing | Volgens David Keirsey: 25% van die samelewing |
Kies jou persoonlike voorkeur:
INtuition/Sensation (N/S) Intuïsie/Sintuiglikheid
(Die manier waarop jy inligting inneem wat tot besluitneming lei.)
Sintuiglike(S) mense maak ten sterkste gebruik van hul vyf sintuie om inligting op te neem en is gewoonlik realisties en prakties in alles wat hulle aanpak. (Die vyf sintuie: reuk, sig, gehoor, tas, smaak.)
Hulle is die mense wat bewyse in alles soek en ondervinding en feite vertrou. Hul voete is plat op die aarde en hulle leef in ’n wêreld van werklikhede. Hulle sal ’n taak in kleiner dele opbreek om dit verstaanbaar te maak en is planmakers wat binne ’n roetine kan funksioneer. Hulle verwag dat elkeen sy deel moet doen en gee self hul beste.
Intuïtiewe(N) mense vertrou hul sesde sintuig (intuïsie) en neem die meeste inligting op deur ’n “gevoel”. Hulle is visioenêr in hul denke en kan hul verbeelding gebruik om kreatief te wees. As kinders was hulle dikwels dromers en kon stories opmaak, fantaseer en hulself soms lekker in ’n wêreld van hul eie inleef. As volwassenes leef hulle in ’n wêreld van moontlikhede – herhaling en roetine kan hulle uitput. Hulle het nodig om binne nuwe inspirasie te funksioneer en sien die lewe vanuit ’n heel ander perspektief as die sensoriese persoon.
SENSORIES(S) | INTUÏTIEF(N) |
Reageer op ondervinding. | Reageer op intuïsie. |
Leer uit die verlede se ervarings. | Kyk vorentoe na die toekoms. |
Realisties en prakties. | Spekulatief, kreatief en vindingryk. |
Leef binne die werklikheid. | Leef in ’n wêreld van wat kan wees. |
Breek in dele op om verstaanbaar te maak. | Sien die groter prentjie. |
Werk met feite en duidelike instruksies. | Gebruik hul voorgevoel en sesde sintuig. |
Funksioneer binne aksie. | Funksioneer binne moontlikhede. |
Maak projekte klaar. | Geniet die projek tot iets nuuts opdaag. |
Voete plat op die aarde. (Realis) | Kop in die wolke. (Dromer) |
Volgens David Keirsey: 75% van die samelewing | Volgens David Keirsey: 25% van die samelewing |
Kies jou persoonlike voorkeur:
Thinking/Feeling (T/F) Denkend/Gevoel
(Dink jy met jou hart of met jou kop wanneer jy besluite neem?)
Denkers(T) is logiese mense en maak meer staat op kopbesluite. Hulle staan vir die waarheid en sal veg om hul punt oor te dra, selfs al kan dit ander seermaak. Hulle is taakgerig en laat hulle nie maklik deur emosies afsit nie. Hulle raak nie te persoonlik by mense betrokke nie en bly objektief. Hulle mag vir ander koud voorkom en is gewoonlik redelike hardekoppe. Hulle verwag die beste van elkeen en raak ongemaklik met te veel emosionele vertoon.
Gevoelsmense(F) dink letterlik met hul harte en beleef emosie in hul besluitnemingsproses. Hulle identifiseer persoonlik met mense en word as warm, liefdevolle mense ervaar. Hulle is gemaklik met hul eie emosies en maak staat op hul waardes en wil ander graag akkommodeer.
Albei tipes is nodig en bruikbaar, maar hulle sien en beleef dinge totaal verskillend: Die een vanuit die hart(F), en die ander vanuit die kop(T). Onthou egter dat albei emosie beleef, die denker is net nie gemaklik om daaraan uiting te gee nie en sal miskien rooi raak of sweterige hande kry by die belewing daarvan. Net so gebruik die gevoelsmens ook sy kognitiewe denke, maar ervaar hy eers die hart se roepstem bo sy kop.
DENKEND(T) | GEVOELSMENS(F) |
Besluit met logiese denke. | Besluit met emosie, sterker as denke. |
Gee kritiek. | Gee waardering en warmhartigheid. |
Ferm. | Gebruik oortuiging of manipulering. (Sag) |
Taakgerig. | Verhoudingsgerig. |
Objektief. | Subjektief. |
Regverdig en eerlik, dikwels nie gepla oor ander se gevoelens nie. | Diplomaties en versigtig vir ander se gevoelens. |
Onpersoonlik betrokke. | Persoonlik betrokke. |
Neem opinies nie persoonlik op nie. | Neem alles persoonlik op. |
Gee erkenning meestal slegs waar prestasie oorskry is. | Gee lof vir enige prestasie. |
Het ’n harde kop. | Het ’n sagte hart. |
Volgens David Keirsey: 50% van die samelewing | Volgens David Keirsey: 50% van die samelewing |
Kies jou persoonlike voorkeur:
Judging/Perceiving (J/P) Berekend/Begrypend
(Vind jy jou vrede binne afhandeling en orde of irriteer dit jou?)
Hierdie voorkeur is ’n totale verskil in lewensbenadering en kan groot konflik en irritasie in verhoudings bring – by vriendskappe sowel as in die huwelik. Wanneer mense ’n nodigheid vind om take te voltooi en eers vrede ervaar as dit afgehandel is, is hulle Berekend(J). Hulle sal ’n dringendheid ervaar tot ’n projek voltooi is en kan dan eers waarlik ontspan. Hulle hou van orde, goeie tydsbeplanning en is gewoonlik betyds of streef daarna. Hulle beplan hul lewe en wil gereed wees vir aksie, en daarom voel hulle veilig in ’n georganiseerde beplande omgewing. Hulle hou nie van verrassings nie en leef binne redelike grense wat hulle aan hulle self stel. Hulle kan streng wees oor netheid en sukkel om binne chaos te funksioneer en te konsentreer.
Begrypende(P) mense ervaar nie ’n dringendheid om dinge af te handel nie en kan sulke druk as stresvol ervaar. Hulle hou van die vryheid van die lewe en ervaar reëls en keerdatums as onnodige struikelblokke. Hulle het ’n meer gemaklike benadering ten opsigte van die lewe en kinders grootmaak – chaos kan later opgeruim word. “Live and let live!” Hulle verkies avontuur en wil nie hul lewe haarfyn beplan nie; hulle laat ruimte vir spontaneïteit en geniet dit om impulsief te kan reageer. Tyd pla hulle nie, ’n paar minute laat sal niemand doodmaak nie. Hulle kan mense wat altyd betyds is en almal aanjaag, vanuit hul rustige wese, soms as irriterend en vervelig ervaar. (Hoewel teenoorgesteldes mekaar tog kan aantrek.)
BEREKEND(J) | BEGRYPEND(P) |
Maak werk klaar voor hulle speel. | Werk en speel soos hulle voel. |
Hulle het ’n behoefte aan netheid, orde en voltooiing. | Hulle ervaar druk wanneer netheid gehandhaaf
|