Ek en jy verskil hemelsbreed. Louise van Coller

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ek en jy verskil hemelsbreed - Louise van Coller страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Ek en jy verskil hemelsbreed - Louise van Coller

Скачать книгу

is veranderbaar.Beplan vooruit.Pas aan soos die dag vorder.Voel veilig binne reëls en prosedures.Vind reëls beperkend en wil vry wees.Gedruk vir tyd – meestal betyds.Daar’s nog baie tyd.Verkies sperdatums.Sien sperdatums as relatief.Hou daarvan om dinge klaar te maak.Hou daarvan om dinge te begin.Geniet die finale produk.Geniet die tentatiewe produk met ruimte vir verandering.Beplan hul toekoms.Laat die lewe net gebeur.Volgens David Keirsey: 50% van die samelewingVolgens David Keirsey: 50% van die samelewing

      Kies jou persoonlike voorkeur:

      Noudat die vier verskillende voorkeurvlakke geïdentifiseer en verduidelik is, skryf jou vier letters neer waar jy meestal funksioneer en let op die kombinasies daarvan. Vanuit hierdie vier voorkeurvlakke ontstaan daar dan 16 verskillende persoonlikhede wat op sekere aspekte ooreenstem en op ander drasties en beslis verskil. Byvoorbeeld ESTJ of INFP of …

      Tydens professionele persoonlikheidsanalise word elke spesifieke persoonlikheidstipe breedvoerig bespreek, met verwysing na die benadering tot werk, as huweliksmaat, kinderlewe en tipiese persoonlikheidstrekke. Moontlike beroepe word ook bespreek en ’n persoon se inherente benadering ten opsigte van die lewe word duidelik en sigbaar weerspieël, sodat ’n mens jouself sien presies soos jy is. Laat jou persoonlikheidsanalise by iemand professioneel doen, juis omdat jy nou verstaan hoe grondig mense verskil. Op hierdie manier kan jy hieruit iets oor jouself leer wat waarde tot jou lewe toevoeg.

      Ek hoor gereeld dat mense tydens die voorlees van hul per­soonlikheidstipe vir my sê dat niemand hulle nog ooit so raak beskryf het soos hierdie persoonlikheidstipering nie. Dit is of ’n mens antwoorde op vrae kry waaroor jy nog altyd gewonder het, en so bring dit ’n dieper verstaan en aanvaarding van jouself net soos God jou gemaak het.

      Selfs ná die ware persoonlikheid uitkom en jy sien hoe jou brein funksioneer ten opsigte van besluitneming, gedrag, per­soonlike spasie en emosie, is dit steeds nodig om jouself te sien vir wie jy is, en te kyk of jy binne die wil van God leef ten opsigte van jou naaste en jou God.

      Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

      (Ps. 139:23-24) (1953-vertaling.)

      Waste no more time arguing what a good man should be. Be one!

      – Marcus Aurelius

      (Keirsey-seminare word op ’n gereelde basis landwyd profes­sio­neel deur Antoinette Struwig aangebied. Afrikaanse en Engelse verwerkings van verskillende dele van die handleidings, asook ’n CD met ’n elektroniese weergawe kan direk bestel word.

      Antoinette Struwig

      [email protected]

      Enige navrae ten opsigte van gekwalifiseerde professionele per­sone in jou omgewing wat hierdie toetse afneem, kan gerig word aan Antoinette Struwig.)

      4

      Die verstaan van wie ek en jy is

      Marital happiness is dependent on the extent that we meet our partners’ emotional needs.

      – Arnold Mol

      Voor jy kan weet wat ander nodig het, is dit noodsaaklik om jouself te leer ken en te verstaan. As jy jouself nie ken nie, is die kans groot dat jy ander ook nie sal verstaan nie, en nie regtig genade met hul andersheid sal hê nie. Eers daarna kan jy jou maat leer ken en met oë van aanvaarding na hom of haar kyk.

      Gebed

      Dankie, Vader, dat dat U ons met ’n spesifieke persoonlikheid in die moederskoot aanmekaar geweef het. Ek vra u seën oor almal wat hulleself beter wil leer ken, en dat U Uself in die duidelike weerspieëling van U kinders se ware identiteit sal openbaar. Mag U elkeen lei en hiermee bystaan.

      Dankie, Vader.

      Amen.

      Noudat jy uit die vier blokkies in hoofstuk drie jou voorkeur­tipes verstaan en ’n moontlike idee het van hoe elkeen se kop anders dink, wil ek die sestien persoonlikhede opsommend verduidelik. Dit sal die verskille en interessanthede rondom jou identiteit uitlig en laat waardeer.

      Daar bestaan dus vier hoofgroepe, met verskille in elke groepe.

      Moontlikhede

      (Opsomming: einde van die hoofstuk)

SJ-HooftipeNF-HooftipeNT-HooftipeSP-Hooftipe
ISTJINFJINTJISTP
ESTJENFJENTJESTP
ISFJINFPINTPISFP
ESFJENFPENTPESFP

      Indien jy dalk verward is en jouself duidelik binne twee groepe sien en eintlik deurmekaar voel, wil ek dit verduidelik.

      Kombinasiepersoonlikhede

      Daar mag areas wees waar jy onseker was en in albei groepe tuis is, byvoorbeeld by Ekstrovert en Introvert. Dit beteken dan dat jy ’n kombinasie van ekstroverse eienskappe sowel as introverse eienskappe het. Jy het dus mense nodig as bron van energie, maar nie vir te lank nie, dan sal hulle jou uitput. Dit is op geen wyse verkeerd of verwarrend nie. Jou voorkeur is verdeel tussen die twee, E en I, en jy behoort ’n mate van balans tussen die twee te openbaar.

      Waar voorkeure by albei van die laaste groep voorkom, die Judging(J)/Berekend en Perceiving(P)/Begrypend, sal sulke persone van die voltooiing van sommige dinge hou, maar nie heeltyd onder druk wil verkeer ter wille van voltooiing nie. Sulke persone sal ’n toleransie hê ten opsigte van mense wat nie altyd betyds of pynlik netjies is nie, maar self soms ’n mate van behoefte daartoe hê. Dit behoort ook nie ’n probleem te veroorsaak nie, hoewel daardie persone hulleself soms ’n bietjie kan verwar, maar nie genoeg om oor bekommerd te wees nie.

      Waar gelyke tellings by die Gevoelsmens(F) en Denker(F) voorkom, sal daardie persone emosioneel/denkend wees en eintlik baie gebalanseerd voorkom. Sulke persone behoort dit soms moeilik te vind om te kies tussen rede en emosie, omdat hulle nie altyd weet of hul hart of verstand die keuse maak nie. Daar mag omstandighede wees wat die geneigdheid om van hart en verstand gebruik te maak beïnvloed, soos byvoorbeeld die dood van ’n kind, ’n egskeiding, onlangse trauma of ander beradingsinsidente asook nuutgevonde Christenskap of huidige grondige karaktergroei. Waar persone die Keirsey-persoonlikheidsanalise laat doen, sal hul puntetelling dit duidelik maak en hulle help om dit beter te verstaan en onsekerhede uit die weg ruim.

      Waar daar by die Sensories(S) en Intuïtief(N) gelyke voor­keure voorkom, mag sulke persone nou meer deurmekaar voel as ooit. Juis omdat hulle hul sintuie(S) gebruik om inligting te versamel en hul intuïsie(N) ook sterk ontwikkel is as bron van waarneming, weet hulle nou nie meer wat en hoe hulle dink nie. Dit veroorsaak innerlike konflik en laat hulle maklik sê dat hulle juis om hierdie rede nie te diep oor hulleself wil dink nie. Hulle kan dan effe vies voel. Hou moed, juis hierin lê ’n waardevolle antwoord, wat jou baie dinge beter sal laat verstaan wanneer jy dit begryp.

      (Ek gaan hierdie verskynsel breedvoerig bespreek, maar weereens wil ek jou aanraai om dit met ’n persoonlikheidsanalis of berader met kennis en ondervinding te bespreek.)

      Die verwarring ten opsigte van Sensories(S)/Intuïtief(N)

      Ek sien gereeld met berading dat mense wat

Скачать книгу