Elza Rademeyer Omnibus 8. Elza Rademeyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Elza Rademeyer Omnibus 8 - Elza Rademeyer страница 5

Elza Rademeyer Omnibus 8 - Elza Rademeyer

Скачать книгу

te ry, stap sy vooruit om solank in die motor te gaan klim. Haar handsak glip egter uit haar hand toe sy die deur wil oopmaak, en die volgende oomblik lê die inhoud daarvan uitgestrooi oor die gras. Sy buk en begin haastig om alles op te tel toe sy sien Peet is in aantog. Maar toe sy haar hand uitsteek om die laaste buisie handeroom raak te vat, sien sy te laat hy het sy hand ook daarna uitgesteek. Haar vingers brand soos ’n kooltjie vuur toe sy aan hom raak, en sy pluk haar hand so vinnig weg dat sy amper haar balans verloor. Boonop klink haar stem vir haar nes die gepiep van ’n hees hoender toe sy noodgedwonge moet dankie sê toe hy die buisie room na haar uithou.

      Hy maak die deur vir haar oop om in te klim, en gee ’n laggie toe haar sandaal van haar voet glip met die inklimslag. “Toemaar, ek sal dit optel.”

      Sy bloos onwillekeurig toe sy die skoen by hom neem en vlugtig na hom opkyk. Wat het haar gisteroggend toe sy hom die eerste keer gesien het, laat dink hy is ’n vaal ou mannetjie? Hy’s alles behalwe vaal. Eintlik het hy ’n baie besonderse gesig. ’n Sterk manlike gesig.

      ’n Rukkie nadat die voertuig in beweging gekom het, vly Jan onverwags sy kop teen haar skouer. “Gee jy om as ek jou as kopkussing gebruik? Ek het verlede nag omtrent nie ’n oog toegemaak nie.”

      “Wat het jou dan uit die slaap gehou?”

      “Jy, wie anders,” sê Jan. “Ek het myself gelê en verwyt oor ek so ’n gek was om nie vir Bets te wou glo toe sy my vertel het watter oulike meisie jy is nie.”

      Bets kyk agtertoe en glimlag breed. “Ja, jy kan dankie sê iemand anders het haar nie lankal voor jou neus weggeraap nie. Hoeveel maande sukkel ek nie al om julle bymekaar uit te bring nie?”

      “Tien maande,” sê hy lakoniek.

      “Wel, ek hoop nie jy verspeel langer jou kanse nie. Onthou, die mans draai soos vlieë om haar.”

      “O, gits, dan sal ek moet oppas,” sê Jan en lig sy kop om na Alet te kyk. “Jy sal nie my hart breek nie, sal jy?”

      Alet bloos vuurrooi. Die wind is uit haar seile. As Peet nie daar was nie, sou dit makliker gewees het om saam te skerts. Maar sy teenwoordigheid maak haar onverklaarbaar lugtig.

      “Hoekom antwoord jy my nie?” dring Jan aan. “Laat ek jou heeltemal koud, of is jy net skaam om voor die ander te sê hoe gek jy oor my is?”

      “Jy’s verspot, man. Kyk liewer na die natuur. Jy mis alles daarbuite.”

      “O, nee,” sê Jan. “So maklik gaan jy nie my vraag ontwyk nie. Ek wil hê jy moet my hier, met Peet en Bets as getuies, plegtig belowe dat jy my ’n redelike en billike kans sal gee om jou hart te verower.”

      “Jy praat baie nonsens vir ’n man wat ’n slaaplose nag agter die rug het,” skram sy weg. “Bly liewer stil en haal jou verlore slaap in.”

      Hy kyk na haar en glimlag. “Mits ek met my kop op jou skoot kan lê.” Hy wag ook nie op ’n antwoord nie, maar voeg die daad by die woord. Blykbaar onbewus van haar snaarstyf gespanne liggaam, selfs ná hy aan die slaap geraak het.

      Gelukkig wil dit voorkom of hy van sy verspottigheid vergeet het toe hy ná ’n ruk orent kom. Maar sy bly op haar hoede, knaend bang hy begin weer met sy grappies, of bang haar blik dwaal per ongeluk weer in die truspieël se rigting. Dié dat sy verlig voel toe hulle eindelik by die hotel op Springbok aankom. Dis makliker om haarself te wees tussen die ander toergangers.

      Sy sorg dan ook dat sy en Jan deel word van Ben en Elsie se groep toe hulle die aand voor aandete in die sitkamer vergader. Maar toe hulle aan die etenstafel gaan sit, beland Peet en Bets regoor haar en Jan. Dit maak dat sy hom nie kán ignoreer nie, en noodgedwonge moet deelneem aan die geselskap. Maar sy kies haar antwoorde versigtig wanneer Peet haar iets vra, want sy bly deurentyd bewus van Bets se jaloerse geaardheid.

      Ná ete ontmoet almal weer in die sitkamer. En sy wil amper glo dis uit pure moedswilligheid dat hý, en nie Bets nie, op die leë stoel langs haar kom sit. Sy het die tergliggies in sy oë opgemerk toe hy haar blik op hom betrap. Dit help nie ’n snars sy probeer haarself oorreed hy is ’n doodgewone man, en hy kan sit waar hy wil sit nie. Sy bly oorbewus van hom langs haar. Gelukkig is almal in ’n jolige luim, en sy sorg dan ook dat sy heerlik saamlag vir Ben se grappe, al voel dit naderhand of haar mond skeef gaan bly staan.

      Teen halfelf staan Peet op. “Ek weet nie van julle nie, maar ek gaan nou slaap.”

      “Ag, nee man,” gooi Bets wal. “Die aand is nog jonk. Ek is nog nie vaak nie.”

      “Ek sê nie jý moet gaan slaap nie. Onthou net, môreoggend is dit weer vroeg opstaan.”

      ’n Rukkie later staan Alet ook op. “Ek gaan ook nou inkruip. My oë wil nie meer oopbly nie.”

      “Ja, ek dink dis vir my ook slaaptyd,” sê Jan. “En jy, Bets?”

      “Nee, gaan slaap julle maar. Ek kuier nog heerlik.”

      Op pad na hul kamers loop hulle Peet in sy kamerjapon in die gang raak, sy hare nog nat van die stort wat hy geneem het. “Waar is Bets?” vra hy. “Is sy nog in die sitkamer?”

      “Ja, sy kuier nog lekker saam met die ander,” sê Jan voordat hulle mekaar ’n goeie nagrus toewens en hy saam met Peet verder loop na die kamer wat hulle deel.

      Dit help nie om dit te ontken nie, dink Alet by haarself toe sy in die bed klim. Peet maak iets in haar wakker. Sy sal versigtig moet wees, want Bets is ’n fyn waarnemer. Dit kan net tot moeilikheid lei as sy toelaat dat haar emosies met haar die loop neem.

      Sy raak gou aan die slaap, maar skrik dadelik wakker toe die kamerlig aangaan. “Waar kom jy nou vandaan?” vra sy verstom vir Bets met haar oog op die horlosie wat wys dis amper drie-uur in die oggend.

      “Wat traak dit jou waar ek was?” vra Bets met ’n tong wat sleep. “Ek is nie van plan om my vakansie om te slaap soos jy nie!”

      ’n Verslaentheid oorval Alet toe sy sien Bets struikel oor haar tas op die vloer. Sy het sweerlik te veel gedrink! Dis die eerste keer dat sy haar vriendin só sien. Maar sy weet instinktief dis nie nou die tyd vir berisping nie, dus keer sy haar rug op Bets sodat dié moet glo sy slaap verder.

      Opstaantyd is dan ook ’n stryd om haar wakker te kry. Al kreunende en protesterende sit Bets darem later regop in die bed. “Het jy nie iets vir my kop nie? Dit voel of dit wil bars!”

      “Hier is vir jou twee hoofpynpille. Drink dit. Ek hoop jy’t jou les geleer.”

      “Dankie, jong. Wat sou ek sonder ’n vriendin soos jy gemaak het?”

      “Hopelik jouself nie aan drank oorgegee het nie.”

      “Luister, ’n mens is net een keer in jou lewe jonk. Ek hoop nie jy gaan vir die ander vertel ek was dronk nie!”

      “Hoe ken jy my? As ’n skinderbek?”

      “Nee, ek sê maar net.”

      Alet kan haar maar net verwonder oor Bets. Want aan die ontbyttafel is sy weer net so sprankelend soos altyd. Vrolik en vol kwinkslae dat jy beswaarlik sal glo sy’t weinig meer as drie uur se slaap agter die rug. En so lieftallig teenoor Peet dat Alet haar gewaar word van ’n tikkie afguns. Hy blyk nie so lieftallig teenoor Bets te wees nie, maar nou ja, dis nie alle mans wat hul gevoelens vir

Скачать книгу