Melodie Omnibus 2. Wilmari Jooste

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Melodie Omnibus 2 - Wilmari Jooste страница 7

Melodie Omnibus 2 - Wilmari Jooste

Скачать книгу

jy seker?” vra hy verlig.

      “Ja. Ja, ek is.”

      En toe bars sy in trane uit. Daan kyk raadop na haar. Hy kan die uitdrukking van afgryse op haar gesig nie miskyk nie.

      “Fransien? Is jy orraait?”

      “Nee. Meneer De Lange is dood.”

      Daar is ’n geskokte stilte en dan ’n gedruis van stemme.

      “Wat? Jy kan nie ernstig wees nie!”

      “Hy is … dood. In die tuin. Ek het oor hom ge- … geval! Ek … ek voel naar!”

      Sy storm badkamer toe en haal dit net betyds. Toe sy uiteindelik regop kom, voel dit asof daar niks meer in haar maag oor is nie.

      ’n Paar simpatieke vroue kloek om haar. Die een bring vir haar ’n glas water, die ander diep ’n geurige klam waslappie uit haar handsak op waarmee Fransien haar gesig kan afvee. Nog een het ’n grimeringsakkie gereed sodat sy haar ’n bietjie kan opknap.

      “Baie dankie. Julle is almal so gaaf,” sê sy sag.

      Tot haar verleentheid begin die trane weer in haar oë opdam. Dis Bets wat haar ferm aan die arm neem.

      “Kom, dis nou genoeg hiervan. Dis tyd dat jy van jou voete af kom en ’n warm drinkdingetjie kry. Kom sit by ons tafel. O ja, moenie bekommerd wees oor Mitzi se kleinding nie. Daardie tweetjies lyk gedurig asof hulle in ’n oorlog was.”

      Sy praat sag oor haar skouer met iemand terwyl sy Fransien na ’n tafel toe stuur: “Sê vir die dokter om ’n draaitjie by ons te maak as hy hier kom.”

      Fransien hou haar koppie koffie soos ’n kosbare kleinood vas. Haar tande wil-wil net op mekaar klap, maar elke sluk van die warm vloeistof verdryf ’n titseltjie van die koue uit haar.

      Toe die dokter opdaag, voel sy al soveel beter dat sy koppig ’n inspuiting weier.

      “Ek is g’n siek nie, ek het net groot geskrik,” hou sy vol.

      Uiteindelik oorreed hy haar tog om ’n kalmeerpil te drink.

      “Skok is nie goed vir ’n mens se liggaam nie. Hierdie pilletjie kan jou nie skade aandoen nie, dis baie lig.”

      Fransien sluk die pil net om hom tevrede te stel. Sy spits haar ore toe iemand hom uitvra oor Ferdie de Lange se dood.

      “Wel, ek is nie eintlik veronderstel om daaroor te praat nie, maar dit was duidelik ’n hartaanval. Dis jammer dat so iets vandag moes gebeur. Wat nou van julle verdere reëlings? Ek verstaan daar is ’n dans beplan vir vanaand?”

      Voordat iemand hom kan antwoord, kom Mitzi en Daan saam met die tweeling by die deur in. Die ouers word ongenadig geterg oor die tweeling wat sulke ongeluksvoëls is.

      Die dokter terg saam. “As ons ontvangsdame sê Mitzi is op die lyn, vra ons net: ‘Watter een?’ en haal solank naald en gare uit,” lag hy.

      Soos Bets voorspel het, is Estie baie trots op haar steke. Adri is duidelik jaloers op al die aandag wat haar sussie kry, maar sy het ook ’n pleister gekry en dit troos darem ’n bietjie.

      Fransien is dadelik verlief op die tweetjies, en die gevoel is ooglopend wedersyds. Dis eintlik lagwekkend om te sien hoe die twee stilweg om haar aandag wedywer.

      Dokter Botha herhaal sy vraag: “Wat van julle dans vanaand? Gaan dit nog voort?”

      Mitzi frons. “Ek dink so. Dis sleg onder die omstandighede, maar ons kan nie die reëlings nou verander nie. Hier is mense wat honderde kilometer ver gery het vir die reünie. Sommige het meneer De Lange skaars geken, want hulle het nooit by hom klas gehad nie. Hier is niemand wat familie van hom is nie. Die mense wat nie gemaklik daarmee is nie, hoef nie te dans nie. Of klink dit harteloos?”

      Sy kyk vraend om haar. ’n Paar mense lyk ietwat ongemaklik, maar op die ou end is dit ’n taamlik eenstemmige besluit.

      Hierna begin die mense uitmekaarspat.

      “Dis amper soos ná ’n begrafnis, as die tee en eetgoed op is,” merk Fransien sinies op.

      “Nogal, ja,” stem Mitzi saam. “Kom jy saam met ons huis toe?” nooi sy dan vir Fransien.

      “Ja! Ja!” gil die kleintjies en dans laggend al om Fransien.

      Sy haal haar skouers magteloos op. “Hoe kan ek nee sê? Dis die hartlikste uitnodiging wat ek nog ooit gekry het!”

      By die Dreyers se huis neem die tweeling Fransien op ’n begeleide toer, terwyl Mitzi vir hulle broodjies maak.

      “Ek moet net iets in die twee se mae kry voor hulle middagslapie,” maak sy verskoning. “Hulle gaan vanaand by my ma bly. As hulle nie nou rus nie, sal hulle oormoeg en moeilik wees. Ek kan dit nie aan arme Ouma doen nie!”

      “Ek weet nie of dit vertraagde skok of die dokter se ‘ligte’ kalmeerpilletjie is nie, maar ek kan nou self nie my oë oophou nie,” gaap Fransien. “Sal julle my verskoon as ek teruggaan oord toe? Dan kan ek self ’n slapie inkry voor ek met my mooimaaksessie begin.”

      “Mmm …” Mitzi bekyk haar krities. “Jy lyk vir my maar ’n bietjie uitgewas. Eet net eers ’n ietsie saam met ons.”

      “Ná alles wat ek by die saal geëet het? Jy speel seker!” protesteer Fransien. “Onthou, ek moet nog ’n plekkie bêre vir vanaand se groot eet ook.”

      “Ook waar! Skakel my sodra jy by die oord aankom. Ek wil weet jy’s veilig daar.”

      “Jaaa, Maaa!” spot Fransien.

      Maar sy kan sien Mitzi is regtig bekommerd oor haar en gee haar ’n waarderende drukkie voor sy ry.

      By die vakansieoord is daar ’n ander wag aan diens by die hek, maar hy verwelkom haar net so hartlik soos Sihle. Fransien sukkel om op die pad te konsentreer en is dankbaar toe sy langs haar chalet stilhou.

      Sy strompel na binne en trek net haar stewels uit voor sy op die bed neerval. Voor sy aan die slaap raak, bel sy vir Mitzi. Dan stel sy haar selfoon se wekker vir vyfuur.

      5

      Die geskril van die wekker maak Fransien wakker. Sy sukkel om haar oë oop te kry en tas blindelings op die bedkassie rond.

      “Hallo? Hallo?” beantwoord sy haar selfoon.

      Die lawaai hou nie op nie en die slaapnewels begin stadig lig. Sy sukkel om die rooi knoppie raak te druk, maar uiteindelik daal ’n salige stilte oor haar neer. Stadigaan kom sy tot haar sinne.

      “Ligte kalmeerpilletjie se voet, die goed skop soos ’n muil. Al wat nou gaan help, is koffie,” praat sy hardop met haarself.

      Nog effens slaapdronk gaan sit sy buite met haar koffie. ’n Ligte rilling trek deur haar toe die oggend se gebeure weer by haar opkom. Eintlik voel sy ’n bietjie verleë omdat sy die kluts so kwytgeraak het, maar dis seker te verstane. Dit was die eerste keer dat sy so direk met die dood kennis gemaak het. Dit sal waarskynlik

Скачать книгу