Die dekonstruksie van Retta Blom. Zelda Bezuidenhout

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die dekonstruksie van Retta Blom - Zelda Bezuidenhout страница 8

Die dekonstruksie van Retta Blom - Zelda Bezuidenhout

Скачать книгу

van ’n horlosie. Suria se oë draai onwillekeurig na die bron van die monotone geluid. Dis ’n vreemde kunswerk – ’n smeltende Salvador Dali-staanhorlosie wat besig is om van een van die rakke af te “drup”.

      “Hoe help ons my kind, dokter?” Suria wil net hier uitkom met ’n oplossing.

      “Ons gee vir haar chroniese epilepsiemedisyne. Dit gaan hierdie woeste breingolwe van jou mooi uitplat, Klara, en jy sal weer kan konsentreer sonder om elke nou en dan te vries.”

      “Klara het dus epilepsie?” Suria wil dit nie regtig hoor nie. Vallende siekte. Sy onthou so goed die antie in haar grootwordbuurt wat met ’n motorfietshelm op haar kop geloop het omdat sy so dikwels geval het en dit die beste manier was om haar brein te beskerm. Epilepsie is beslis nie ’n glamorous siekte nie, as daar so iets bestaan.

      “Klara het epilepsie. En danksy moderne mediese deurbrake, kan sy ’n baie normale lewe lei as sy haar chroniese medikasie getrou gebruik. Sy kan dit ook ontgroei. Baie jongmense kry dit wanneer hulle begin hormone kry, en dit hou net twee of drie jaar voordat dit spontaan verdwyn. Dit is die beste scenario, en die een waarvoor ons hoop. Intussen moet sy ’n paar leefstylaanpassings maak.”

      “Soos?”

      “Liewer stort as bad. As sy alleen in die bad is en ’n aanval kry, kan sy verdrink. Dit geld ook vir swem. Nooit alleen nie.”

      Suria en Klara kyk vir mekaar. Klara is die junior swemkampioen by haar skool.

      “Kry genoeg slaap. Slaapgebrek kan lei tot aanvalle. En neem jou medikasie baie getrou op presies dieselfde tye elke dag.”

      “Ek mag nie swem nie?” Klara het skynbaar niks gehoor nadat die dokter daardie bom laat val het nie.

      “Nooit alleen nie. Dis wat die dokter gesê het, Klara,” help Suria haar reg.

      Die rit huis toe is lank en stil.

      Toe Klara uiteindelik haar gesig na haar ma toe draai om iets te sê, is dit met ’n stem vol huil en wange nat van trane.

      “Mamma-Su, wat beteken petit mal? Beteken dit ek is net ’n biétjie mal?”

      Suria se hart breek meteens in stukke vir haar kind.

      “Haai néé, my baby! Daardie ‘mal’ is ’n Franse woord wat ‘sleg’ of ‘verkeerd’ beteken. Petit mal beteken ’n klein, klein foutjie het ingesluip by jou breinaktiwiteit. Dis al.”

      “Hoekom kon dit nie met iemand anders gebeur het nie? Iemand wat nié van swem hou nie?”

      Uit die hoek van haar oog sien Suria hoe Klara deur die venster na die sopnat stad staar. Daar was bitter min winterreën hierdie jaar en vandag se lentebui is ongewoon, asof selfs die stad saam met hulle huil. Sy vat haar kind se hand en bring dit na haar mond, soen die soepel jongmeisievel.

      “Alles gaan oukei wees, Klara Banana. Jy sal sien.”

      3

      “Oukei, nou het ek alles gesien.” Paul Biddulph staar geskok na die flambojante krul skuim op sy skemerkelkie. “Wat sê jy is dié?”

      “Net wat oom daar sien,” sê Dawid. “’n Cocktail met skuim op.”

      Paul leun terug in sy stoel en stoot sy gesellige boepmagie uit. Sy besnorde bolip is altyd vir Retta die fokuspunt wanneer sy na hom kyk. Maar vanaand is dit die ontevrede mondjie onder die snor wat haar aandag trek. Hy lyk regtig asof daar van hom verwag word om enjinolie te drink. Terwyl almal vol afwagting toekyk, trek hy sy vet voorvinger deur die skuimkroon en proe versigtig daaraan. “Smaak lemoenerig.”

      “Bingo,” sê Dawid terwyl hy skuim op Christa se daiquiri skep. “Dis eierwit met ’n bietjie Grand Marnier.”

      “Wel, grand is dit beslis. Weet net nie of ék grand genoeg is hiervoor nie.” Paul spreek die “grand” uit soos in Grand Marnier.

      ’n Klein, stywe bolletjie vorm in Retta se maag. Paul is nou sommer aspris en sy kan sien hoe Dawid hom vervies.

      Toe Christa haar kelkie kry, suig sy behaaglik aan die kort strooitjie in die martiniglas.

      “Dis flippen lekker, Dawid. Los ek die skuim vir laaste, of moet ek dit soort van inmeng?”

      “Tannie Chris kan eintlik self besluit. Dis maar soos cappuccino. Party mense eet eers die skuim af met ’n lepel, ander roer dit in en die res los dit vir laaste.” Retta kyk dankbaar en verlig na haar vriendin. Dis duidelik dat Christa vanaand sal opmaak vir Paul se gebrek aan takt.

      “Wel, ek love dit,” spin Christa met toe oë.

      “Dan kan jy gerus myne ook drink,” sê Paul en stoot sy glasie oor na haar kant van die kombuistoonbank. Voor enigiemand iets kan sê, vervolg hy: “Is daar bier in jou yskas, Tobie?”

      Retta kyk na Dawid en sien hoe die spiertjies in sy kakebeen op- en afspring soos hy hard op sy tande byt. Tobias spring van sy kroegstoeltjie af met die dringendheid van iemand wat ’n vuur moet blus.

      “Is dit ’n retoriese vraag?” vra hy lighartig en klop sy vriend op die skouer op pad yskas toe.

      “Bier? Ek het eintlik gedink oom drink deesdae net nagmaalwyn.” Dawid se oë is kil toe hy die vol skemerkelkie voor Paul wegneem.

      Retta kry haar oudste seun in die opwaskamer, waar hy besig is om Paul se drankie in die uitlaatgat af te gooi. Amy is besig om crostini voor te berei en kyk verslae na Dawid wat bloedrooi van woede staan en stoom voor die wasbak.

      “Moenie vir oom Paul ter harte neem nie, my kind. Hy’s sommer aspris. Lag dit af.”

      “My fok, Ma. Kon Ma nie oopkop mense genooi het vir vanaand nie? Ma weet mos ek kook eksperimenteel. Die hele aand gaan ’n fokop wees.”

      “Jy’t gesê the more the merrier, Dawid. Ek het nie geweet daar was psigografiese voorvereistes nie.”

      “Van al julle tjommies, moes Ma nou wragtag die twee Bible punchers nooi.”

      Amy krummel gorgonzolakaas op klein stukkies roosterbrood, sit ’n skyfie vars peer op elkeen en drup dan heuning daaroor. Die groot opdienbord lyk feestelik met die veelkleurige konkoksies op die mini-broodjies.

      “I’ll serve the crostini so long. Calm down, Davey Jones,” sê sy, garneer die eetgoed met twee lang roosmaryntakke en verdwyn om die hoek met die bord.

      “Moenie onredelik wees nie, Dawid. Tannie Chris love jou cocktail. Daar gaan altyd iemand wees wat nié van jou kos hou nie. So werk die lewe. Deal daarmee. The customer is always right. Jy tree nou soos ’n prima donna op.”

      Toe Retta die laaste sin sê, stap Amy by die opwaskamer in en las haar stukkie wysheid by: “Yeah. You can only do that when you’re famous. You’re not there yet.”

      Wat veronderstel was om ’n informele kuier om die kombuistoonbank met aptytwekkers en skemerkelkies te wees, word nou ’n stywe sosiale dans vol ongemaklike passies en krapperige stiltes. Na ’n paar futiele pogings om die geselsery weer natuurlik op dreef te kry, nooi Tobias vir Paul met sy bier tuin toe om na sy gesofistikeerde nuwe besproeiingstelsel te gaan kyk. Retta kan

Скачать книгу