Aanspreeklikheid. Jaco Fouché

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Aanspreeklikheid - Jaco Fouché страница 11

Автор:
Серия:
Издательство:
Aanspreeklikheid - Jaco Fouché

Скачать книгу

die noorde, weg van die see, sak die grond af in ’n vallei waar die skaduwees begin rus kry soos vee wat kraal toe kom. Die son sit net bo die hoë horison wes van my. Oor die see het slierte wolk kleur gekry. Die land anderkant die baai lyk donkerder, soos oogskadu. Daar is iets ongemakliks aan die toneel. Dis asof ’n gespanne vrou haar gereed maak om vir die aand uit te gaan, met goedkoop hoender in die vooruitsig, die onvaardige innuendo en dan, onvermydelik, die daad. Ek voel hart­seer, berouvol, stryk aan, weg van die uitsig oor die vallei, weg van die na­derende valskermspringers wat by my uitkykpunt van flussies kom en nou buk en beduie na die grond en verwonderd en verskrik onder me­kaar praat terwyl ek terugmik na die roete wat ek pas afgelê het teen die berg uit, die sweetvlekke koel onder my arms en in my kruis waar ek my lyfband afgestoot het, my voete warm in my skoene.

      14

      My selfoon lui waar dit op die toonbank lê. Ek is besig om frikkadelle te maak. Dis ’n eenvoudige resep wat ek op Tjailatyd gehoor het: 500 g maalvleis, ’n bakkie ongegeurde jogurt, twee groot lepels van Ina Paarman se hoenderaftreksel. Ek gebruik volstruisvleis omdat dit ’n maer vleis is. Ek was my hande voor ek die foon antwoord, wat met elke lui ’n paar millimeter oor die wit blad skuif.

      “Dis Jansen hier,” sê die stem aan die ander kant. “Luister, jou Theo was die aand van die moord in die backpackers. Hy was in ’n woordestryd gewikkel met drie Australiërs, wat hom heelnag besig gehou het. Hulle is so die hel in vir hom, hulle sê hulle sal hom nooit vergeet nie. Dus was hy nie op die moordtoneel nie.”

      “Dit moet tog hy wees …” Maar ’n mens wil nie geesdriftig klink nie. “Is dit nie?”

      “Ek dink jy oorskat sy kriminaliteit. Hy’s net ’n bedrywige jong man.”

      “Maar wie anders kan dit wees?”

      “Ek dink ek gaan verder terug kyk. Vertel my van die man wat homself geskiet het.”

      “Soraya het gesê dat hy ontsteld was die dag van sy dood, maar hy was gedurig moeilik. Sy het van hom gepraat as ’n moeilike ou man, iese­grimmig.” Ek is bereid om te praat. ’n Mens moet monnike van hulp wees. Buitendien is daar soveel onderwerpe wat óf taboe óf onbenullig is dat ’n mens een moet aangryp wanneer dit noemenswaardig is.

      “Wat weet jy van hom?” vra Jansen.

      “Iemand het gesê hy is ’n oudsoldaat. Dis miskien waar die wapens vandaan kom wat hulle in die woonstel gekry het.”

      “Ja, bymekaargemaak aan die grens. Opgegaar soos ’n eekhoring met akkers maak. En vir wat? Die winter? Die oorlog wat nooit kom nie? Jy sal nie glo met hoeveel paranoia die Mag te kampe het nie.”

      “Sjoe. Arme mensdom.”

      “Laat weet as iets jou byval.”

      “Soos wat?” vra ek verdedigend.

      Jansen het doodgedruk.

      Dis moeilik om dit buite te waag wanneer ’n mens ’n paar dae alleen in ’n paar vierkante meter was. Gewoonlik haas ek my na die motorhuis, ry, doen wat ek moet en niks meer nie, kom terug en gaan my woonstel met groot verligting binne. Nou staan ek egter in die binnehof van die blok en wag. Iemand kom weldra verby, ’n maer vrou sonder voortande wat my vra of ek vir haar ’n sigaret het. Ek het nie. Sy bly staan, ’n vreemde glimlag op haar gesig, begin praat oor die Mag wat snags kom. ’n Minuut of wat luister ek belangstellend; hier kan ’n onverwagte brokkie insig in die aard van dinge wees.

      Die opsigter kom aangestap en groet, nie sonder dat sy ondersoekend na die vrou kyk nie. Die maer vrou het ophou praat en slaan ’n rigting in. Die opsigter sê: “Sy is weer hoog. Maar die korporatiewe liggaam pas druk toe op die eienaar van haar woonstel. Haar kontrak gaan nie hernu word nie. Dan is sy uit, ek gee nie eens om waar sy dan beland nie. Dis wat met jou gebeur as jy nie jou kant bring nie.”

      Sal die vrou op straat beland? Sal sy haar kan regruk? Die raaisel is te veel vir my. Woonstelpolitiek. Ek gaan eerder terug na my eie plek toe.

      15

      Daar is iets sinneloos aan die dae en die weke wat verbygaan. Moet rig­ting kry. Ek gesels met die opsigter, wat nie oor die gebeure van ’n ruk gelede kan kom nie. “Ek was bang hulle verdink jou,” sê sy. “Maar hulle sal nie. ’n Mens kan sommer sien jy’s ’n kind van die Here.”

      “Ag, baie dankie. Is dit so duidelik?”

      “Mens ken sy kinders op ’n afstand uit. Dis ’n trek op die gesig en iets in die oë. Jy is grootgedoop, jy kan dit nie ontken nie. Maar ons gesels so min, geen wonder jy het my nog nie vertel nie. Jy is mos nou al deel van die kompleks se familie.”

      “Dis die probleem met alleenloper wees,” sê ek. “Jy is verdag. Maar ek is bly ek het Soraya geken. Sy was spesiaal. Ek is seker haar vorige liefde het ook so gedink.”

      “Ek vergeet al so half van John,” sê die opsigter. “Hy is mos al verlede jaar dood? Kan dit al so lank wees? ’n Mens kan ook nie byhou nie. Een ding op die ander en eendag kyk jy terug en sien, nou goed, dit was jou lewe.”

      “Dit ís al lank,” sê ek hulpvaardig. “Ek onthou dat ek Soraya op Valentyns­dag by die see sien loop het. Dit was nog warm, sulke warm dae.”

      Ons staan by die voorste hek en sy vertel my nou hoe sy dwelm­handelaars daar verjaag het.

      “Dit help nie jy bel die polisie nie,” sê sy. “Hulle kom eers wanneer iemand dood is. Of as die televisiemense opdaag. Vir hulle is dwelm­hande­laars net ’n ligte lastigheid. Oe, en toe daardie een nog by Soraya gebly het, het die polisie hom soms huis toe vergesel nadat hy te veel gedrink het. Mans staan bymekaar, deur wet en orde en reg en verkeerd. Hoe veg jy daarteen? Ek is ’n vrou van sewentig. Ek het hierdie land sien gaan van ’n belowende plek tot waar dit vandag is, ’n sirkus van vrees. Ek lag daaroor, ja. ’n Mens dryf die spot terwyl jou hart in jou keel sit.”

      “Daar was so ’n teater in Frankryk,” praat ek onnadenkend – en seker pretensieus. “Die Grand Guignol. Hulle het vertonings aangebied … Die gruwelikste goed …” Die vrou beskou my en ek onthou ek is ’n kind van die Here. Ek laat vaar die sin om te verduidelik: “Dit was ook ’n plek van geleenthede vir grusaamhede, tot die oorlog mense gewys het wat ondernemingsgees en grusaamhede werklik is.” Ek kry spyt oor die woorde grusaamhede en ondernemingsgees.

      “Jy praat van die bendes,” sê die vrou. Ek dink nie sy volg my nie. “Mense sê Hermanus is so rustig, maar die bendes is hier ook. Maak hulle nou net kwaad, en tien dae later spoel jou lyk aan die kus uit, gaargevreet deur die visse. Hulle … hulle het magte. Hulle … hulle het doekoem wat hulle op jou plaas.”

      Die vrou praat driftig. Die posman daag op. Sy was aan die wag op hom. Nou neem sy die bondel pos en kyk daardeur of daar iets vir my is, wat daar nie is nie.

      “Jy moet skryf, dat iemand vir jou kan terugskryf,” sê sy. “In die ou dae is dit hoe ons ons vriendskappe aan die gang gehou het. Of is jy nie eintlik een vir mense nie?”

      “Dis die geheim van goeie buurmanskap. Jy hou jou skaars. Ek moet gaan werk.” En ek stap na die skootrekenaar in die woonstel en die hoofstukke oor die Fransman.

      Die boek oor Fouché vorder stadig maar seker. Wanneer ek daaraan werk, vloei die woorde, vyfhonderd op ’n slag, ’n duisend. Van die sessies skop ek af met die

Скачать книгу