Aanspreeklikheid. Jaco Fouché

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Aanspreeklikheid - Jaco Fouché страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
Aanspreeklikheid - Jaco Fouché

Скачать книгу

wat doen jy?”

      “Nie veel nie,” sê Soraya.

      Betsy kyk na my en lig haar wenkbroue voor sy loop.

      “Moenie so in jou noppies lyk nie,” sê Soraya.

      “Ek het niemand aanleiding gegee nie.”

      “Jy het haar voorheen laat verstaan sy is spesiaal vir jou. Ek kan dit sien.”

      “Ek is net hier vir die broodjies,” sê ek weer.

      “Ons moet gaan stap,” kondig Soraya hard aan, in wat ek eers dag ’n onverwagte verandering van onderwerp is, voor ek Betsy se gesig sien. Sy is weer in ons omgewing, binne hoorafstand. Die woorde was vir haar bedoel.

      “Moet nou nie ’n ding begin nie,” sê ek onderlangs.

      Soraya glimlag vroom. “Ek sal dit nooit doen nie. Kom, ons gaan af see toe.”

      Op die sypaadjie voor die restaurant raas die mossies weer in die boom. Ek kyk terug deur die vensters en kan Betsy in die verligte kom­buis uitmaak waar sy ’n vuilgoeddrommetjie se deksel behendig met haar voet lig en ’n kastrol se vleiskleurige inhoud oënskynlik driftig in die drom­metjie leegmaak. Is dit die lamsbredie?

      9

      “Hoe rustig is dit nie,” sê my nuwe vriendin. “Ek kan vir altyd hier sit.” Haar gesig is grysblou soos haar hemp waar ons op die rotse oorkant die hotel sit. Tussen ons en die krans waarlangs die straat loop, steun en maal die branders in ’n vlak baaitjie. Dit het moeite geverg om tot hier te kom, in die donker oor die rotse. Ek is bewus van pyn in my regterheup, dof nog, maar ek voorsien die uiteindelike vervanging en die dae in die hospitaal, ek, ou man, nog uitgelewer aan tydelike vriendskappe sonder dat ek dit anders verkies. Maar nou sit ons met wyn en iets om te eet.

      In die straat skyn die ligte. Voor die hotel staan twee busse geparkeer. Bo ons strek ligte mis soos ’n laag kant tussen die aarde en die sterre. Die wyn is lekker, laat my mond tussen slukke drogerig voel sodat ek weer drink.

      “Dis goed om jou so te sien,” sê sy en hou ’n happie voor my mond. Reeds het ’n soort besitlikheid tussen ons ingetree: troetelnaampies volg seker binnekort. Sy het my vertel sy dink ek is te gespanne en moet die lewe leer geniet. Kyk nou net, daar is sy – ’n onlangse weduwee, en sy weet hoe om die lewe te geniet en sy weet wat goed is vir ’n man. Dit het sy my in die motor vertel.

      Ek versit. Die rustigheid maak nie die rotse minder hard nie. “Ons moet iets by die hotel gaan drink,” sê ek.

      “Hm, dis lekker hier. Kom ons bly eerder net hier.”

      “Ek kom te min tussen mense. Dis ’n gemis.”

      “Mense pla net. Kom ons wees selfsugtig en sluit die ander uit.”

      “Ek ken ’n ander woord vir selfsug,” sê ek en streel haar voorarm. Ek kan die fyn haartjies voel, regop op die vel wat koel gemaak word deur die aandlug. “Solipsisme. Dis ’n filosofie. Maar ek sien dit beïndruk jou nie. Wat ek bedoel, is dat ons amptelik in die openbaar moet verskyn.”

      “Jy bedoel ’n date?”

      “Ja.”

      “So is ons aan die date?”

      “Ek dag ons is.”

      Sy leun teen my aan, haar kop teen my skouer. Dan word die posisie of die rotse miskien ook vir haar ongemaklik en sy sit regop en drink van haar wyn. Dis asof ek haar heelnag kan dophou. ’n Gedagte kom by my op, iets oor die male gaze wat die blik is waarmee rolprentkameras kyk. Moet seker nie so staar nie. Skrik hulle af.

      Haar mond is koel soos haar voorarm toe ek haar soen. Wyngegeur. Ons sit met ons gesigte teen mekaar, trek dan elkeen weg en kyk weer na die lig in die straat en die skynsel in die rustelose baaitjie.

      “Jy moet vanaand na my toe kom,” sê sy.

      10

      Sy kom uit die badkamer in ’n kort donkerrooi-en-swart kledingstuk met fyn werk aan die some. Sy lyk stylvol, sy is groot gebou, maar dra dit goed, beweeg grasieus en met beloftes van gesondheid en vreugde. Ek wag in haar bed, verleë oor my pap maag. Ek was onseker oor hoeveel klere ek moet aanhou en het besluit om nie dadelik my broek uit te trek nie.

      Teen ’n muur is ’n reeks foto’s waarvan ’n paar beeltenisse van die on­gelukkige John bevat, aan die visvang, aan die braai, aan die bier drink. Dalk moet ek dit aan Soraya noem dat ons tog nie onder sy valkoog durf vry nie. Maar ek sal dit nie doen nie; netnou bedink die vrou haar. Oor ’n bedlampie hang ’n serp om die lig te versag. Daar is wyn in glase en pepermente in ’n bakkie. Die kamer is ’n boudoir, tref dit my en ek skrik vir my snobisme, hierdie koel oordeel wat in die verlede alte maklik ge­maak het dat iemand uit my lewe ’n boek binnestap.

      Ek moet my dwing om nie in skrywersmodus te gaan en krities na als te kyk nie en tog is daar die behoefte om aantekeninge op my selfoon te maak soos een wat ’n aanval beplan, mortiervuur moet rig met behulp van ’n veldradio. Beter om net regop te sit, Soraya se hand te neem toe sy dit uitsteek, goedkeurend te kyk hoe sy haar knie op die bed laat rus en naderkom, haar bolyf op haar arms gestut sodat haar borsgleuf duidelik tussen die vol hompe vertoon. Sy soen my, lig haar hand, streel my dy. En so aan. ’n Ruk lank beoefen ons voorspel.

      Musiek speel. “Mense van ons ouderdom speel altyd tagtigsmusiek wanneer hulle vryerig raak,” sê sy met haar lippe teen my mond. “Dis om­dat seks toe uitgevind is.”

      “Gaan jy my nou van jou eerste keer vertel?” vra ek. Voel ek jaloers? Is dit die gevoel? Ek dink eerder aan eindes, die toemaak van die deur op die toneel van die orgasme.

      “Nie dadelik nie. Ons hou dit vir die outopsie van hierdie sessie. Jy laat my dink aan my boyfriend by UWC. Mal oor chat op die weirdste tye. Ek moet jou vra …”

      “Wat my seksuele geskiedenis is?”

      “Wat jy dink van ons? My mense.”

      En dink moet ek eers dink. Die kans is daar dat ek die luim hewig gaan bederf. “Ek is bewus van skrywers uit die Kaapse Vlakte wat my as wit leser onomwonde vertel hulle verag my.”

      “En jou gevoelens oor hulle?”

      “Waarom sou ek iets ondersteun wat my uitsluit?”

      “Uitsluit? Jy is ’n wit man met ’n wit geskiedenis en jy praat van uit­sluit? Ai, daardie tunnel vision. Snow blindness. En jy weet nie eens waar­van ek praat nie. Jy begryp dit eenvoudig nie. As dit nie vir die seks was nie, het ek jou uitgesluit.”

      Ons praat sag en verleidelik, soen en druk en streel. Miskien moet ek weer iets sê, dit voel na so ’n geleentheid. Maar genoeg van goeie maniere. Ek moet haar nou naak sien en my geslagsorgaan in hare indruk en teen haar stamp, stamp, stamp. Ek wil haar verstaanbare, verstandige woorde in primitiewe kreuntjies laat wegraak. Snow blindness? Wat de hel? Ek is nie van enige lae temperature bewus nie.

      Die laaste kledingstukke word uitgetrek. Dan haak die CD vas en her­haal dieselfde halwe sin. Soraya spring op en vervang die CD. In naakt­heid is sy wel selfbewus, dink ek goedkeurend, want een been knak voor die ander in soos dié van ’n meisie

Скачать книгу