Aanspreeklikheid. Jaco Fouché

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Aanspreeklikheid - Jaco Fouché страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Aanspreeklikheid - Jaco Fouché

Скачать книгу

country-liedjie. “O nee,” sê sy, “wat is dit? Wag, hier is klassieke musiek.”

      Sy wag dat die musiek begin speel, strelend en mooi, en kom weer na my toe, die gulhartige vrou wat die verlangende man in haar lewe be­genadig en hom op ’n vry trakteer. Terwyl sy regop voor my staan in die sagte lig, merk ek die letsel aan haar skouer. Dis waar sy geopereer is: ’n pienk rivierloop deur ’n swartbruin vlakte. Sy sit op haar knieë voor my op die bed en wys dit aan my, vir oorweging en goedkeuring miskien. Ek kyk na die wond. Dis waar sy geskiet is, in daardie rivierloop in hierdie woonstel. Sy het iets beleef. ’n Vrou met ervaring. Aan die ander kant is ek ’n man met ervaring. Ons maak dus liefde, ons en ons vele ervarings.

      Dit hou nie. Daar word inbreuk gemaak. Iemand hamer aan die voor­deur. “Soraya!” roep ’n harde manstem wat ek dadelik herken. Dis die man wat hier gebly het. “Maak oop, ek weet jy’s hier, jou kar staan hier voor.”

      Ek skud my kop vir Soraya. Sy trek ’n gesig. Ons probeer die liefde voortsit, maar die geklop kom weer en iemand voel-voel-voel aan die deurknip.

      “Ek is nou hier,” sê sy, klim van my af en trek haar japon met die draak op die rug aan. Ek bly agter, meteens impotent. Voel ’n bietjie kwaad. Moet dit sluk.

      Sy het die kamerdeur op ’n skreef getrek en ek kan hoor wat hulle by die voordeur vir mekaar sê.

      “Wat wil jy hê, Theo?”

      “Weet jy watse geneuk is dit om blyplek in hierdie dorp te kry? Ek sit in die backpackers’ lodge. Dis vol mense wat nie snags wil slaap nie en ek moet môre Kaap toe ry met ’n vrag.”

      “Jy kan nie hier bly nie. Gaan nou.”

      Teen hierdie tyd het ek my klere aan. Ek glip stadig my sandale aan, kan dan nie langer wag nie en gaan by die deur uit, die sitkamer binne.

      “Soraya het jou gevra om te gaan,” sê ek vir hom. Hy kyk ongelowig na my. Die oor van sy sonbril is voor by sy hemp ingehaak. Die knope is oop tot laag op sy bors. Ek is bewus van die man se fisieke krag, die dik arms in die kort moue, die lang, maer lyf, in stand gehou deur perlemoen uitduik, swaar kiste drank smokkel, baklei tot die dood toe in die gate van die nag – wie sal weet? Hy is jonk, ten minste twintig jaar jonger as ek.

      “Oom,” sê hy stadig, “is jy nie bang vir ’n hartaanval op die job nie? Jy lyk nie vir my gesond nie. Soraya, lyk hy nie vir jou bleek nie?”

      “Cheers,” sê ek kortaf en tree nader.

      Dit het geen uitwerking behalwe om die man te laat lag nie. “Oompie, jy moet maar weer dink.” Hy kom na my toe en druk sy vinger ferm teen my bolip vas, skuif dit eenkant toe sodat ek my kop moet draai of my lip word beseer. Ek sê liewer niks, maar staan my staan en hoop dis genoeg.

      Dit is nie. Hy vat my gesig in ’n groot hand vas en skud my kop heen en weer. “Oompie, as jy nou net dertig jaar jonger was, het jy lankal in jou eie spoeg gelê.”

      “Los hom uit,” sê Soraya en woel aan sy arm om sy hand los te maak. Ek self ruk en pluk ook.

      Die man los my. Sy druk aan hom, in die rigting van die deur. “Uit, uit, uit! Ek wil niks meer met jou te doen hê nie.”

      Die jong man laat hom in daardie rigting stuur. By die deur lig hy sy arm en wys na my. “Jy’s in tamatiestraat, ou ballie,” sê hy. “Ek sien jou in die dorp. Ek weet waar jy jou broodjie knibbel.”

      “Loop!” skree Soraya.

      Die man is weg. Ons hoor hom nog buite in die vierkant skel. Dan is dit stil.

      Soraya gaan sit op die rusbank. “Jammer. Hy’s net kwaad, dié dat hy so met jou praat. Hy’s ongebalanseerd, is een oomblik nog vriendelik en as jy weer sien, is daar ’n scene wat heelnag duur. Ek raak onrustig wanneer hy dwelms gebruik. Dis asof hy gevaarlik kan wees.”

      Ek gaan sit langs haar, onmagtig. “Dwing hy hom op jou af?” wil ek weet.

      Dit lyk of die vraag haar skepties laat voel. Ek is spyt ek het dit gevra; dit was miskien skynheilig van my. Toe ek my hand na haar skouer uit­steek, leun sy weg van my. Ek staan op, miskien liggeraak, maar ek besef die aand is daarmee heen.

      “Sit,” sê sy kortaf. Miskien dink sy sy is in beheer. Was ek tot dusver te lankmoedig? Take charge, young man. Change the world, young man.

      “Dis nou verby,” sê ek.

      “Jy kan ten minste die nag by my bly.” Sy lyk dikmond. Ek hou nie van wat ek sien nie.

      “Nee, liewer nie.”

      “Ek maak vir ons koffie.” Maar sy staan nie op nie; haar blik bly dwaal tussen my en iets in die hoek van die vertrek. Ek dink nie sy kan my lank in die oë kyk nie. Ek dink ek het haar teleurgestel. Dis iets wat mans aan vroue doen. Dis soos ’n grootse tema wat die grondslag vorm van al die ander moderne temas, daardie teleurstelling wat die magswanbalans in die wêreld reflekteer. Teleurstelling? ’n Mens word as kind toegerus met verwagtinge en die res van jou lewe moet jy cope met die teleurstelling. Die huis wat jy verlaat, vind jy nooit weer nie.

      “Ek gaan nou maar eers,” sê ek.

      Sy kyk met oënskynlike verontwaardiging na my, sê niks. Iewers skiet ek tekort. Die situasie is onmoontlik, ek kan nie uitpluis wat ek reg ge­doen het en wat ek verkeerd gedoen het nie.

      “Solipsisme,” sê sy. “Dis mos daardie filosofie wat jy genoem het, die een met die selfsug.”

      Sy kyk nie weer op nie. Ek loop by die deur uit en gaan op na my eie woonstel. Hier loop ek op en af in die sitkamer, tussen my boekrak en die boeke op die vloer en die skootrekenaar met my verhaal van Joseph Fouché, wat nou so laf en oorbodig lyk. Dis verstommend hoe min die letterkunde soms kan beteken.

      11

      Soraya word in die nag vermoor. Daarna lê ek wakker. My hart is in my keel en ek bly lê terwyl ek luister en hoop iemand anders tree op. Maar ék sal moet.

      Ek staan op en gaan loer deur die gordyne voor die balkondeur. Dis donker in haar tuin. Dit het stil geword. Ek maak die deur oop en gaan uit op die balkon. Daar is lig in haar woonstel. Miskien is dit pas aangesit, want ek besef ek kan meteens die hondjie op die gras uitmaak in die lig wat deur ’n venster skyn. Die diertjie skuifel oor die gras, asof hy agter iets te ete aan snuffel.

      Daar is ’n slag wat my laat vrees dis ’n skoot, maar dis ’n voordeur wat toegeslaan het. Ek moet die klank al ken, die deure hier slaan toe wanneer hulle oopgelos word. Ek haal diep asem en stap na my voordeur en gaan na buite.

      Mense in die binnehof. “Wat gaan aan?” vra iemand.

      “Dis weer daardie vrou.”

      “Ag nee, sy moet uit, man, dit kan nie so aangaan nie.”

      “Ek gee haar juis sulke kyke as ek verby haar loop, dat sy moet weet.”

      Hulle merk my en dis asof die groep nader aan mekaar staan. Miskien het ek ’n fout gemaak deur nie eintlik met die mense te meng nie. Maar ek volstaan daarby: ek wou alleen wees en ’n mens het tog die reg?

      Ek gaan met die trap af. Voor Soraya se deur staan mense in hulle nagklere, die koppe naaste aan

Скачать книгу