Aanspreeklikheid. Jaco Fouché

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Aanspreeklikheid - Jaco Fouché страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Aanspreeklikheid - Jaco Fouché

Скачать книгу

anderkant die bewende vlamme. Dan word samesprekings gevoer. Die leiers kom nie goed klaar nie; die protes gaan voort. Dan glimlag hulle saam op foto’s in die saal waar hulle verga­der het en neem hulle voor om oor ’n sekere tyd weer te gesels. Intussen, hope­lik, gaan die protes nie voort nie en ek skuif in my motor verby die baie voetgangers op die sypaadjies en vermy oogkontak.

      Op straat, wanneer daar nie geprotesteer word nie, bespreek mense hulle frustrasies in diverse tale. Ons is tussen iets wat was en die dood van daardie iets. Die nuwe era het nie vorm nie, behalwe dat daar iets skunnigs daaraan is. Mense lyk verdag: behoeftig, of die ene opinies. Welaf mense uit een kleurgroep kontrasteer skerp met diegene uit ander groepe wat lyk of hulle swaarkry – snags word sowel bleek as donker boemelaars uit deuringange en bushaltes verdryf. ’n Verstommend mooi vrou gluur my aan omdat ek na haar staar. In die parkie drom die hawelose mans saam. Op die voetpaadjies langs die kus dwaal sekuriteitswagte tussen die toeriste. In die woonbuurte ry die wagte fiets, radio’s op die heupe. Op die hoeke sit die werknemers van sekuriteitsmaatskappye in hul bakkies terwyl berigte uit luidsprekers in die paneelborde voor hulle blêr.

      Betsy het lekker roosterbroodjies met spek en piesang. Die koffie is nie sleg nie, hoewel te koud. Dit moet die perkoleerder wees: dalk sit hulle dit heeltyd af om krag te bespaar. Deesdae moet almal spaar: krag, water, sosiale energie. Swaarder tye lê voor. Nie net ter plaatse nie. Berigte is volop oor terrorisme, migrasie en die rookspore wat interkontinen­tale missiele deur die atmosfeer kan trek. Die morele situasie dui aan dat iets gaan gebeur. In die media bespiegel mense oor ’n wêreldoorlog. Gelowiges stuur teksboodskappe aan mekaar oor die opbou van wapens in die Midde-Ooste.

      Ek oorweeg dit om die koffie terug te stuur, maar dink aan my goeie verhouding met die vrou. Hier staan sy by my tafel, frisserig soos dit na my mening ’n kosmaker betaam, vriendelik. Wanneer sy lank in die kombuis was – want sy kook self – is haar gesig rooi sodat haar groen oë opmerklik is.

      “Hoe gaan dit met die werk?” vra sy gesellig.

      “Goed. Ek lees nou oor Triëst.”

      “Wat gebeur daar?” Net so gesellig. Ek weet nie of sy belangstel en of sy terg nie.

      “Dis waar my karakter dood is, Kersdag 1820.”

      Haar linkerhand druk hier by my teen die tafel, die vingers van wis­selende grootte, verdikkings aan die litte.

      “Waaraan is sy dood?” vra Betsy. “Ek neem aan dis ’n romantiese ver­haal wat sentimenteel of ten minste tragies eindig. Dit beter wees. Dis nou ’n romantiese tyd, met Valentynsdag.”

      “Ek skryf nie romantiese verhale nie. My boek gaan oor Napoleon se minister van polisie.”

      “So dis als stokou, horingdroë politiek?”

      “Jy kan so sê.”

      “Wie wil weet wat tweehonderd jaar gelede in ’n vreemde land gebeur het?”

      “Hy was ’n interessante figuur. Hy was bekend as die slagter van Lyon. Hy het baie mense laat doodmaak. Ek glo hy het beheer oor die situasie verloor. Dis wat ek argumenteer, in elk geval.”

      “En dit trek jou aan? Dat hy kon doodmaak? Dat hy kon foute maak?” Sy het een hand in die ander vasgeklem, asof sy bang is sy reik onwillekeurig na my.

      “Wat my aantrek, is hoe hy hom na die heersende winde kon skik. Hy was ’n man wat ’n situasie kon lees. Telkens het hy hom in prominensie ingewerk, ongeag wie aan bewind was.”

      “Geweld,” sê Betsy. “Altyd hierdie gevoel iemand gaan jou aanrand. Wat het hy nog gedoen?”

      “Hy het die kerke probeer verbied. Kennisgewings in begraafplase opgesit dat die menslike reis hier stop, daar is geen hiernamaals nie. Hy wou Christenskap vernietig.”

      “Verouderde tema.” Sy klink trots op die stelling. “Maar dit was ’n an­der tyd. Wat gaan vandag aan? Als keer om. Dis wat my so kwaad maak, al die opinies wat so verander het.”

      Ek vermy daardie roete: “Ek het ander belangstellings ook. Ek kan met rekenaarstelsels ook werk. Jare gelede is ek opgelei om te programmeer … En ek het nogal van gevegskuns gehou …”

      Van die dak hang heelparty rooi en pienk harte en linte, merk ek nou. By tafels sit mense. Miskien is Betsy teleurgesteld oor iets. Die lewe kon seker anders gewees het.

      Buite die restaurant is daar ’n swetterjoel mossies in ’n boom. Die voëltjies kwetter so dat die klank ander klanke verdring. Ek probeer kyk wat hulle so fassineer en iemand toet – ek het amper voor ’n motor in­geloop. Ek merk die bestuurder. Dis die man wat tans in die oorlewende vrou se woonstel bly: lank, bebaard, bedonkerbrild. Dis in werklikheid ’n buurman van my. Die jong man skud sy kop, lag dan oopmond, miskien gemoedelik, miskien koggelend. Dit laat my sleg voel. Ek wens hom on­gerief toe in die nabye toekoms.

      3

      Moontlik het ek te min om te doen, want dis die see waarheen ek my op ’n weeksdag wend, die kilometer lange stuk sand, waar die branders nimmereindigend opstaan en neersloeg en dan in plate blink, koue water oor die stemmig gekleurde sand uitstoot en terugtrek. Twee seuns tier oor so ’n plaat dat die water spat, elkeen op ’n plat, ronde bord wat teen die naaste brandertjie uitklim en met ’n sierlike draai van hulle bene ’n boog water die lug instuur voor al twee kniediep staan, buk om die borde op te tel en uitdraf om die volgende waterplaat aan te durf.

      Bo die waterlyn sit drie vroue bymekaar op handdoeke, in warm klere aangetrek, maer soos houtkruise. By die ablusieblokke staan vier wagte en gesels soos ridders voor die apokalips. Maar dis net my indruk: op hulle eie beskou, sonder my inset, lyk hulle ontspanne. Trouens, iets aan dié wat ontspan, bots met iets aan diegene wat hulle oppas.

      Bo die strook groen en duskant die vaalgroen berg steek die dakke van duur huise uit, die soort plekke wat in ’n revolusie in vlamme opgaan. En dis te verwagte – die optogte sal nog die welaf woonbuurte in beweeg, die klippe sal trek, die vlammetjies sal brandgemaak word, die mense sal in die huise wegkruip en die God van hulle kindertye onthou, op wie hulle intussen die rug gedraai het. Ek loop net duskant die verste lek van die water, seedreuning in my ore, regs van my die groen melkhoutbome en die rotse, links van my die baai en ver weg ’n skuins rooi dak in die hawe.

      Sy is daar, die oorlewende. Sy het ’n swart eenstukbaaikostuum aan wat haar decolletage en skouers bedek, seker om haar wond te versteek. Haar bene is lank onder haar ewe lang lyf, haar hare in ’n hoë poniestert. Ek is bewus van ’n sekere skoonheid terwyl sy naderkom, haar arms voor haar lyf gevou. Sy lyk na die soort mens wat diegene om haar gesond laat voel. Dit is dalk ’n soort trots aan haar wat my aantrek, of bloot sensasie: sy bly ’n mens, ’n vrou, ten spyte van ’n moordpoging. Ek loop afkyk-afkyk nader, onseker oor wat my te doen staan. Haar aandag is by die see en miskien die wolkrif op die horison. Ek kom tot by haar en ons blikke ontmoet, haar oë donker. Was ek ’n storieverteller, het ek gesê onpeilbaar. Haar mond is rooi.

      “Middag,” sê ek.

      “Hallo.”

      Sy loop verby. Ek kyk terug, hoor weer ’n slag, toe nog een. Sy het die man in haar lewe verloor.

      Voor my lê iets wits waar die sand nat en grys is. Dis ’n krap, ’n dooie krap, wat leeggedra word deur skulpdiertjies wat daarop wei. So ’n diertjie het ’n wit tuit wat hy in die krapvleis druk. Daar is verskeie, twintig, dertig, wat eet aan dieselfde krap.

      Ek staan daar

Скачать книгу