Sondag van die silwersee. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sondag van die silwersee - Maretha Maartens страница 5

Sondag van die silwersee - Maretha Maartens

Скачать книгу

in die Wasvrou se wandelgang gelos. Hy het hom nie verwerdig om agter my aan te kom nie, het seker aanvaar ek sal maar weer terugkom vir nog ’n duikklopsessie.

      “Panelbeater!” het ek die swetswoord van alle tye uitgespoeg. Ek het my neus gesnuit en in Afrikaans gemompel: “Duikklopper. Panelbeat jouself; panelbeat jou kop. My pa was al die tyd reg, Andrew Scott. Jy mag briljant wees, jy mag alles in jou guns hê, jy mag alles van suierpenne en klepgeleiers weet, maar in die wêreld buite die motorenjin máák jy dit nie. Jy slaag nie daarin om situasies te lees nie. Jy . . .”

      Ek het alleen in die winterwind opgeklim na die drie kruise op Turó de les Menes en seker ’n uur lank daar bly sit. Om my het toeriste soos klipdassies en koggelmanders rondgeklim, in al die tale van die wêreld gepraat, oor en weer foto’s van mekaar geneem en ander toeriste gevra om hulle af te neem terwyl hulle mekaar liefdevol omhels. Toeriste het op my vingers getrap en ’n kind het koeldrank op my kop gestort. ’n Man met ’n weemoedige monnikgesig het my droefheid raakgesien en ’n traktaatjie in Spaans by my neergesit. Gewag dat ek hom met euro’s daarvoor moes vergoed.

      Ek het afgekyk na die torings van die Sagrada Familia-kerk in die verte en my woedende, deurmekaar gedagtes probeer ontleed. Ek het al hoe kwater geword. Dit kon nie só aangaan nie. Toe dit nog net ek en Pa was, was ek iemand anders. Van dáárdie Farah het ek gehou.

      Die Farah wat ek intussen geword het, het ’n lamlendigheid in haar waarmee ek nie onbepaald kon saamleef nie. Die ou Farah wou iets betekenisvols met haar lewe doen. Die nuwe Farah het aanmekaar vure doodgeslaan.

      Driekwart van die tyd het ek egter net verstorwe daar bo gesit: houtvrou tussen die klipkruise, pateet wat haar selfoon vasklem. Die Farah wat ek geword het, het angstig gewag op die gebruiklike wil-jy-vrede-maak-SMS.

      Daar het geen vredesvoorstel van Andrew deurgekom nie. Die SMS wat ek daardie dag hoog bo Barcelona tussen die drie klipkruise ontvang het, was van Pa se jongste suster.

      Jou pa met ernstige beroerte in hospitaal. Uit koma, maar regterkant verlam. Linkerkant ook baie swak. Lyk nie of hy wil hê jy moet vroeër terugkom, maar dis reg dat jy weet. Sal laat weet as toestand verander. Groete, Nelia.

      3

      Ek gaan klop uiteindelik liggies aan my bure se kamervenster. Dis nie ’n goeie oomblik vir ’n kloppery nie, want Barack Obama is in die middel van sy inhuldigingsrede. “As Americans,” hoor ek hom deur die hoë venster sê, “we cannot do as we please.”

      “Verbeel ek my, of het ek iemand hoor klop?” vra my buurman aan die ander kant van die muur.

      Ek klop weer. Woorde stroom deur die oop venster: “. . . the justness of our cause, the force of our example, the tempering qualities of humility and restraint . . .”

      “Jy verbeel jou,” sê my buurvrou en die bed kraak. “Gee bietjie vir my daardie ander kussing aan, hart. Ek moet regopper sit.”

      “Laat dit net weer een van die leeglêers wees wat hans raak, dan kry hy die hamer op die kop,” sê Buurman met ’n stem wat geen twyfel laat dat hy dié dreigement tot die laaste letter sal uitvoer nie.

      “Die ander kant wen altyd in die hof, hart,” waarsku Buurvrou.

      Haar stelling klop presies met wat ek al heeldag ervaar, maar ek voel nie gemaklik oor die waarskuwende klank in my buurvrou se stem nie.

      “Dis ek, oom!” roep ek dus hard en duidelik deur die oop venster bo my kop. “Farah van langsaan.”

      “Dis die meisie wat die huis hier langsaan gekoop het,” lig Buurman vir Buurvrou in. “Die een wat skoolhou.”

      “Die een wat wát voorhou?” vra Buurvrou.

      “Skóólhou,” sê Buurman. “Die kunsjuffrou.”

      Hy steek sy kop deur die oop venster. “Het jy moeilikheid, meisie?”

      “Dis my voordeur,” sê ek. “Ek sukkel nou seker al ’n kwartier lank. Ek kry dit nie oop nie.”

      “Maar hoekom het jy nie sommer dadelik gepraat nie, nooi?” vra Buurman. “A nee a, dis nie hoe dit hier in die Kaap werk nie. Ek maak oop, voor. Kom sit so ’n bietjie by die tannie, dan kyk ek of ek nog die slag met daardie deur het.”

      Hy trek sy kop terug.

      Ek voel-voel my pad muurlangs in die onbekende erf terug, dankbaar vir die straatlampe voor my. ’n Hond op ’n onafhanklike sypaadjiewandeling hoor of ruik my en steek viervoet aan die ander kant van my buurman se werfhekkie vas. Hy begin blaf soos ’n bloedhond, bene stokstyf, keelgat halfpad toegeslym van stres en opwinding.

      Ek stoot my buurman se hekkie van binne af oop, raap ’n leë koeldrankblikkie vlak voor die steekhaarbrak se neus van die sypaadjie af op en slinger dit met mening na die blaffende dier.

      Mens behandel mens stief. Stiefbehandelde mens krop ontsteltenis heeldag op. Dier verskyn ná moeilike dag voor stiefbehandelde mens. Stiefbehandelde mens skop dier wat van geen sout of water weet.

      Ek skop darem nog nie, alhoewel ek baie lus is om dit te doen. Die inmekaargedrukte koeldrankblikkie hop kletterend oor die geteerde sypaadjie. Die hond, wat net rakelings getref is, tjank hoog en draf koes-koes weg, sy oë soos rooi kooltjies.

      Ek skaam my vir myself. Maar my buurman het die lig in sy voorportaal aangeskakel. Hy sluit sy voordeur van binne af oop. Ek glimlag die alles-in-orde-face-die-horde-Olivier-glimlag. Ek is immers my pa se kind.

      “Hy’s oop,” sê my buurman en sit ’n veselagtige voorwerp, ’n bruinerige loefa, op die vensterbank neer. Dis lig en droog; dit land geluidloos soos spookasem op die vensterbankteëls.

      Ek sit as ’n beter ingeligte nuwe intrekker langs my buurvrou se bed. Almal in die straat – het ek nou by my buurvrou gehoor – was bly toe die huis wat ek so halsoorkop gekoop het in die mark gekom het. Die vorige bure se kinders was onmóóntlik. Kinders is deesdae in elk geval onmoontlik, maar so iets het jy nog nie beleef nie.

      Die kerk is net om die hoek. Vakansietye sien jy jong gesigte daar: binnelandse kinders en kleinkinders wat op die oupas en oumas toesak. Gedurende die skoolkwartaal is die gemeente oud, maar eintlik verkies Buurvrou dit so.

      Die Strand het nou ook glo ’n paar klubs vir jong mense: raveplekke en klubs en plekke waar daar stadsdinge aangaan, maar daar was al klagtes. Dis dalk veiliger om eers die kat uit die boom te kyk.

      Van katte gepraat: dis ’n katdoodrystraat hier voor die deur. Die mense jaag verskriklik, veral snags. Die vorige bure het op ’n tyd ses katte gehad: hulle is met één hier weg, die ander is almal doodgery.

      “Vandag het jy ’n kat, môre is hy daarmee heen, want hierdie straat is mos ’n resiesbaan,” sê Buurvrou.

      “Ai, julle vrouens met julle vrese oor gister en vandag en môre,” sê Buurman en skakel die TV af.

      Buurvrou kyk hom verwytend aan, maar hy laat hom nie intimideer nie. Sy stryk die frons tussen haar wenkbroue dus maar weer van binnekant af uit.

      “Groot geblêr en weinig wol, dié affêre in Amerika,” sê Buurman. “Ek het gedink daar sal ’n paar van die Amerikaners se jets oorvlieg of hulle sal duiwe loslaat of daar sal vuurwerke wees, maar dis ’n afskeepbesigheid daar oorkant. Al lyk ons paaie soos wat hulle lyk,

Скачать книгу