Sabina's. Nadia de Wet

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sabina's - Nadia de Wet страница 4

Sabina's - Nadia de Wet

Скачать книгу

en Eric sit op die mat in sy sitkamer. Die DVD wat hulle gekyk het, is klaar en hulle drink nou die laaste wyn. ’n Briesie kom by die oop skuifdeur in en sy ruik die jasmyn wat langs die stoep blom. Dit meng met die ligte chloorreuk van die swembadwater.

      Sy voel nog warm van die son en haar hare het net so deurmekaar droog geword. Sy kyk na Eric. Hy het net ’n ligte kuitbroek aan. Sy kyk na sy boarms, gespierd maar lenig. Sy weet hoe sy vel proe: bietjie sout en sag onder haar tong.

      “Ek is lief vir jou.”

      Sommerso is dit uit. Haar hart loop oor daarvan en sy wou dit sê. En sy weet hý wil, maar hy wag vir haar. Hy is bang, sy weet dit.

      Sy wag vir ’n antwoord. Toe dit nie kom nie, vra sy: “En jy? Hoe voel jy?”

      “Ek is nie lief vir jou nie.” Sonder huiwering.

      Dit kom soos ’n vuishou in die maag. Ek … is … nie … lief … vir … jou … nie. Sewe woorde, een vir elke dag van die week. Sy kan elke dag op ’n nuwe woord mediteer, dit behoorlik laat insink.

      Eric verduidelik. Ná sy vorige liefde is hy nog nie reg vir ’n ernstige verhouding nie. Hy is jammer, jammer, jammer. “Ek het lank hieroor gedink, Lex. Dis nie vir my maklik nie.”

      Dit het hom ’n jaar geneem om agter te kom dat hy net die tyd saam met haar omkry, besef Lexi.

      So het Eric hom uit haar lewe verskoon. Drie maande later het sy suster Lexi gebel: Eric het ’n meisie; dit lyk ernstig.

      3

      Lexi trek Christine se voordeur agter haar toe en stap na die kraan om die tuinslang te koppel. Sy het gisteraand laat op Simonsrivier aangekom en toe sy vanoggend by die slaapkamervenster uitkyk, het dit gelyk of die impatiens teen die muur met ’n bietjie water kan doen.

      Sy trek die tuinslang nader en begin om die blomme nat te spuit. Daar is onkruid ook, sy sal later vanmiddag die beddings skoonmaak.

      “Môre.”

      Sy wip vir die diep stem so naby haar – ’n Johannesburgse reaksie hier op die stil Simonsrivier. Die mooi vreemdeling met die blonde krulle staan aan die ander kant van die muurtjie. Lexi kan sy naam nie onthou nie.

      Hy kyk haar met ’n skewe glimlag aan. Hy het ’n bruin kabeltrui aan wat los oor sy jeans hang.

      “O … hallo.” Sy vee haar regterhand aan haar sweetpakbroek af en hou dit na hom uit.

      Hy neem haar hand in syne. “Liam Steenkamp. Ons het ’n paar maande gelede hier ontmoet, maar nie formeel nie.”

      Sy stem is werklik spesiaal – dit het haar die vorige keer al getref. Heserig maar sterk.

      “Lexi Hugo, hallo.”

      Van naby kan sy sien dat sy hare nie so blond is nie. Dit lyk eerder soos ’n Top Deck – lig bo en donkerder na onder.

      Hy kyk vir ’n oomblik af na die stringetjie houtkrale om Lexi se pols. “Ek het gisteraand gesien hier is iemand; Christine het gevra ek moet ’n ogie hou. Welkom op Simonsrivier.” Sy stem klink soos ’n liefkosing.

      “Dankie.”

      Hy lig haar pols op. “Is jy ’n Boeddhis?”

      “Nee, dis borry weeds … e … worry beads, dis maar al.” Sy is verleë; sy wonder of hy die hoendervelknoppies op haar voorarm raaksien.

      Sy haal diep asem en trek haar hand terug. “Ek speel daarmee omdat ek nie wil rook nie.” Mooi! ’n Foutlose volsin.

      “Baie beter as rook. Christine het gesê jy gaan vir ’n rukkie hier kom bly.”

      “Ja, so ’n paar weke.”

      “Sy’t gesê jy gaan bietjie kom rus. Jou kop skoonmaak.”

      ’n Warm gloed kruip teen Lexi se nek op. Wat het Christine nog vir hom gesê?

      “Sy het gesê dat jy probleme het met eks-vennote van jou.”

      “Sy het baie gepraat, nè?” Haar stem klink killer as wat sy bedoel het.

      Die kuiltjie duik in Liam se wang toe hy glimlag, maar sy voel steeds ietwat vererg. Hoekom voel dit vir haar of hy ’n bietjie met haar spot?

      “Nee wat, nie te veel nie,” sê hy. “Net oor die besigheid en die moontlikheid van ’n gastehuis.”

      Die stilte wat tussen hulle kom lê, is nie gemaklik nie. Lexi kyk af na sy handgebreide trui. Vir ’n mal oomblik voel dit asof sy haar vinger oor die dik kabel kan trek. Dan wonder sy skielik wie so lief vir hom is dat sy vir hom ’n trui gebrei het. Die gedagte vang haar onkant en sy dwing haar blik terug na sy gesig, na die fluweelbruin oë en die mooi wangbene.

      “Jy moenie dat dit jou onderkry nie,” verbreek hy die stilte. “Saketransaksies wat skeefloop, kan ’n mens se hele lewe versuur as jy nie oppas nie.”

      “Nee wat … ek bedoel, ja, ek sal sorg dat dit my nie onderkry nie.” Sy maak haar rug ’n bietjie stywer. “Ek kan enigiets wat in my rigting kom, hanteer.”

      Liam glimlag weer. “Jy lyk nie vir my na ’n hardvogtige sakevrou nie.”

      “Nee, ek is nie hardvogtig nie. Maar ek is ook nie ’n deurmatjie nie.”

      Sy wonder hoe Kurt oor dié stelling sou voel. Hy sou seker “Lexi, Lexi,” sê, sy kop skud en haar verder vertrap.

      Liam kyk by haar verby na die berg agter die dorp. Toe hy terugkyk, is sy oë ernstig. “Ek is seker jy kan jou man staan. Al wat ek sê, is dat jy moet oppas. Jy wil nie bitter raak nie, en hierdie tipe ding het ’n manier om die joy uit die lewe te haal.”

      Dit klink asof hy weet waarvan hy praat, dink sy. Miskien is hy ’n prokureur. Maar sy beeld is beslis nie dié van ’n pakdraende professionele man nie.

      “Ek moet gaan. Ek moet nege-uur by Die Ateljee wees.” Hy bly staan.

      Die Ateljee het nou ook ’n musiekplek, het Christine laas vertel.

      “Wanneer gebeur daar weer iets interessants?” vra sy.

      “Vanaand,” sê hy. “Valiant Swart speel vanaand. Ons is vol bespreek, maar as jy wil kom luister, sal ek vir jou ’n plekkie maak.”

      Lexi druk haar hare agter haar ore in. “Ek kan nie, dankie. Ek het goed om te doen.”

      Dis nie die waarheid nie en sy vermoed dat hy dit weet, maar sy is nie lus om op haar eie daar te gaan sit nie. Toe sy twee jaar gelede in Ierland was, het sy nie gehuiwer om vrou-alleen by die pubs in te gaan nie, maar daar is dit anders. Mans oorval jou nie voortdurend nie, die mense is vriendelik en dis dit. Sy en Michelle het agterna bespiegel oor wat die ergste is: mans wat jou in ’n pub oorval, of mans wat jou in ’n pub ignoreer.

      “Kom maak een of ander tyd ’n draai, jy sal daarvan hou.” Hy gee ’n laaste glimlag. “Sien jou.”

      Lexi kyk hom soos die vorige

Скачать книгу