Tuiskoms. Irma Joubert

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tuiskoms - Irma Joubert страница 5

Tuiskoms - Irma Joubert

Скачать книгу

Ná oefening stort hy altyd eers. Sy bly in haar hokkiedrag, want die rompie is darem ’n bietjie korter as haar skoolromp. Hy stap saam met haar tot by die blok voor hul huis, daar draai hy links. Hy stoot sy fiets en balanseer hul tasse en sportsakke op die handles en die carrier.

      “Grant, ek het ’n dilemma, ’n tameletjie.”

      “ ’n Wát?” Haar taalkreatiwiteit oortref sy taalvermoë. Dis nogal jammer.

      “ ’n Moeilikheid.”

      “Nou hoekom sê jy nie so nie? Wat?”

      “Ek weet nie of ek die naweek sal kan saamgaan nie.”

      “Jy wéét nie, of jy weet jy kán nie gaan nie?” Hy lyk kwaad.

      “Ek dink ek weet ek kan nie.”

      Hy is woedend, soos in vlam-ore-skiet-oë woedend.

      “En jy sê my nóú? Soos in Donderdagmiddag, as ons soos in môre al ry? Waar de hel dink jy moet ek soos in nóú ’n ander chick kry? Of het jy ge-anticipate ek moet soos in alléén gaan?” Hy praat in hoofletters. Sy stem slaan plek-plek skoon deur.

      Dit word ’n moerse fight.

      En sy kan nie eens vir Melissa bel nie.

      Tuis besef sy: Ek haat my ouers. Ek het nie gedink dit sal ooit met my gebeur nie, maar ek moet dit erken: ek haat hulle. Hulle het my social life totaal geruïneer. (Sy hou van die woord “ruïneer” – dis beeldend. Sy moet dit in haar volgende opstel inwerk.)

      Sy besef ook: Ek sien nie kans om vanaand, óf die res van die naweek, óf moontlik vir ’n onbepaalde tyd, saam met hulle aan een tafel te sit en eet nie – dit sal beteken ek moet ’n moordkuil van my hart maak. (Onthou daai een ook.) Sy besluit: hulle sal my nie eens, soos daardie voëlverskrikker-girl in die TV-advertensie, met Kentucky Fried Chicken hier af kry nie. Sy weet: Iemand gaan nou-nou kom klop, vra of sy wil kom eet. Sy sal dit ignoreer. Later sal haar ma (nee, eerder haar pa) ’n skinkbord kos boontoe bring. “Meisie,” sal hy sag by die deur smeek, “eet asseblief hierdie kos. Jy kan nie honger gaan slaap nie.” Sy sal die kos net daar los – dit sal al die miere in die buurt lok.

      Niemand kom roep haar nie. Niemand kom smeek nie.

      Dis seker vir hulle lekkerder as sy nie by is nie.

      Minstens kan sy môre by die skool vir Melissa vertel. Minstens kan hulle nie ook by die skool interfere nie.

      Sy doen haar tuiswerk. Sy wonder wat het vandag op Bold gebeur – selfs Melissa het ’n klein TV in haar kamer. Sy word honger. Sy lees haar voorgeskrewe boek klaar – orraait vir ’n voorgeskrewe boek, maar eintlik ook maar ’n bietjie boring. Sy gaan slaap sonder om tande te borsel.

      Eenuur word sy wakker. Haar maag raak aan haar rugmurg. Hulle sal waaragtig nog die oorsaak van my anoreksie word, dink sy terwyl sy by die trappe afsluip. Dalk besef hulle dán wat hulle aan my gehad het.

      Daar is nêrens ’n bord kos vir haar opgeskep nie. Lady Jane en Ore het seker haar deel ook in hul bakke gekry. Sy vat twee snye brood, smeer appelkooskonfyt op, sit dan dik snye kaas bo-op en skink ’n glas melk. Sy weet nie wanneer sy weer die geleentheid sal kry om ordentlik te eet nie.

      Vrydag verbeter die situasie nie. Melissa luister met ’n halwe oor na haar penarie (lekker woord), want sy wil eerder vertel: JP (gorgeous JP) het haar gevra om Saterdagaand te gaan fliek. Melissa lewe in haar eie seepbel.

      Vrydagaand is lank, baie lank. Sy het Bold gemis, en nou nog die heruitsending van Friends ook. Sy het nie iets om te lees nie. Sy gaan never op ’n Vrydagaand tuiswerk doen nie – dít sal haar lot as social failure finaal verseël. En dit word al hoe moeiliker om kos in die hande te kry.

      Sy kan nie glo haar pa is so ’n harde mens nie. Haar ma, ja – kleintyd het haar ma hulle goed bygekom met die pantoffel. Maar haar pa? Dit worry haar.

      Saterdag is erger. Hokkie help, ook die snoepie by die skool. Die middag tan sy haar bene, die aand is ’n donker gat van boredom.

      Sy soek tussen die boeke op haar rak.

      Petronel is ’n woordmens – gaan waarskynlik eendag ’n gevierde skrywer word. Sy weet dit al van kleins af. Haar Afrikaans-onderwyser sien haar potensiaal raak. Al een in haar familie wat ook besef dat sy hierdie verskuilde talent het, is haar broer. Hy het vir haar die Groot Afrikaanse Sinoniemwoordeboek vir Kersfees gegee. Melissa het gedog dit is totally gross. Min mense verstaan.

      Sy haal die boek van die rak af, soek by “dilemma”: verknorsing ken sy, sy kan nie glo sy het nie self daaraan gedink nie. Dikkedensie? Sy dog dit het iets met die agteruitgang van die samelewing te doen. Wel, dit is seker ’n dilemma as die samelewing begin disintegreer.

      Môre is Vadersdag.

      So?

      Strapasie? Dis nie eens in die Verklarende Afrikaanse Woordeboek nie. Maar al eksemplaar wat sy het, is haar broer se oue. Dalk is dit ’n nuwe woord.

      Miskien moet ek iets doen vir Vadersdag? Not!

      Verklertsing. Dís nou ’n lekker woord, rol lekker op die tong ook. Verklertsing.

      Ek moet iéts doen om uit hierdie verknorsing te kom, dink sy. My aanvanklike strapasie het my nou in hierdie nuwe dikkedensie vasgevang – nes Daniël in die leeukuil. Ek is ’n gevangene in my eie kamer, tralies voor die vensters, geslote deur, de lot. Dis regtig boring.

      Sy besef: Ek is nie eintlik kwaad vir Pappa nie. Vir Ma, ja; vir Grant – wie’s Grant? O, daai Grant? Hy’s ’n . . . ’n . . . sy soek in die Sinoniemwoordeboek vir ’n meer beskaafde woord . . . ’n diederiks.

      Vadersdag môre ry haar bloots. Pappa kan nie help hy is met Ma getroud nie.

      Sy gee áltyd vir Pappa ietsie op Vadersdag. Veral nadat Gertien se pa in graad vyf al dood is.

      Sy neem ’n wilsbesluit: Sy sal die minste wees. Dis die regte ding om te doen.

      Sy pluk haar kas oop. Hier moet êrens iets wees wat sy vir haar pa kan gee. Die Gideonsbybeltjie wat sy in graad agt by die skool gekry het? Maar sy het klaar haar naam voorin geskryf. Miskien die good luck-beertjie wat Melissa voor die eksamen vir haar gegee het? Not, dit het ewigheidswaarde: Die waarde van goeie vriende is ver bo korale. Een van haar CD’s? Maar sy het nie ’n Josh Groban-CD nie.

      Miskien moet sy maar net ’n kaartjie maak – sy is nogal goed daarmee, veral met die skryfdeel. Dis tog die gedagte wat tel, nie die present nie. En pa’s kan nogals soppy wees oor tuisgemaakte kaartjies van hul poppies.

      Dit hou haar lank besig om die kaartjie te versier. Sy maak strikke in die hoeke (sy’s baie goed met strikke teken) en ’n blom in die middel. Die blom het nie so goed gekom nie, miskien moes sy maar ’n groot strik in die middel ook gemaak het. Maar dis nou te laat.

      Sy weet nie presies wat sy binne-in wil skryf nie. Sy soek daai gedig wat Antjie Krog vir haar ma geskryf het toe sy in standerd sewe was, hulle het dit verlede jaar in die klas behandel. Toe het sy al geweet: Antjie Krog sal haar verstaan. Maar dis in Junior Verseboek; hulle gebruik vanjaar Senior Verseboek. Sy vind ’n ander Antjie Krog-gedig oor ’n onderwyser, maar dit sal nie werk nie. Sy sit ’n stukkie papier by die plek in, sy kan dit aan die einde van die jaar vir haar Afrikaans-onderwyser

Скачать книгу