Woestyngevangene. Andrea Abbott

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Woestyngevangene - Andrea Abbott страница 5

Woestyngevangene - Andrea Abbott

Скачать книгу

style="font-size:15px;">      Ses maande later, duisende kilometers ver, neergevel op die woestynsand, hoor Leo die gesprek weer duidelik. Dis asof hy weer in sy eie bed is en luister na sy ouers se stemme wat deur die oop venster indryf. Hy wonder weer wat gebeur het wat hulle lewens vernietig het. Nou sal hy nooit uitvind nie.

      Hy moes daardie aand beter geluister het. Hy moes gehoor het dat sy ma regtig bekommerd was, in plaas van om te wens dat sy hom soos ’n grootmens kon behandel. Dan sou hy dalk by die huis gebly het.

      Dan sou hy nie nou hier in die woestyn ’n nare dood in die oë gestaar het nie.

      3

      “Het niemand gekyk nie?” vra Yunus en kyk van Treasure na Dawie na Eva.

      “Het jy?” kap Dawie terug.

      “Wel, dit was nie, uh . . . nee . . . ek het gedog . . .” stamel Yunus.

      Julia sny in. “Wat maak dit saak wie se skuld dit is? Leo is heel moontlik dood! Niemand kan so ’n sandstorm oorleef nie.”

      “Wat gaan ons doen?” Yunus hardloop van venster na venster en maak albei Land Rovers se agterdeure oop, asof hy verwag om Leo tussen die bagasie te kry.

      Humphrey haal sy selfoon uit. “Verdomp! G’n ontvangs nie. Nes onder in die suide. Ons kan niemand bel van hier af nie.”

      Treasure spring in die bestuurder se sitplek en verstel dit totdat haar voete die pedale kan bykom. “Ek gaan terug. Ek gaan hom soek.”

      “Ek kom saam met jou,” sê Dawie. As voorsitter van die klub en die oudste in die groep, is hy vir almal verantwoordelik.

      “Dis malligheid,” sê Eva deur die bestuurder se venster. “Ons moet eerder Keetmanshoop toe ry en polisie toe gaan. Hulle sal ’n soekgeselskap stuur.”

      “Selfs ’n helikopter,” sê Victor.

      Dawie slaan die agterdeur so hard toe dat Yunus uit die pad spring. “Dit gaan tyd vat om dit te reël,” sê hy. “Ons kan nie so lank wag nie. Elke sekonde tel wanneer iemand in die woestyn verdwaal het.” Hy hardloop om na die passasierskant en klim in.

      “Dis malligheid om terug te gaan,” hou Eva vol. “Daar’s nie ’n manier wat julle hom gaan kry nie. Dis netnou donker.”

      “Maak nie saak nie,” sê Treasure en draai die sleutel in die aansitter. “Ons moet probeer.” Sy stel haar voor hoe Leo alleen en sonder skuiling in die storm vasgevang is. Sy wonder hoe hulle so nalatig kon gewees het. En dis alles my skuld. Dit was haar idee om hom op hierdie uitstappie te nooi. Toe sy ma gesê het sy wil nie hê hy moet saamkom nie, het Treasure al haar oorredingskrag gebruik om haar van plan te laat verander. Noudat sy aan daardie gesprek terugdink, onthou sy skielik iets wat mevrou Knight gesê het.

      Die Namib is ’n gevaarlike plek. Mense verdwaal.

      Toe Treasure belowe sy sal sorg dat Leo niks oorkom nie, het mevrou Knight na haar gestaar en gesê: “Agt jaar gelede het ’n vierjarige seuntjie spoorloos verdwyn in Namibië, reg onder sy oppasser se neus. Dit kan weer gebeur.”

      Treasure het toe nie twee keer daaroor gedink nie; dis mos maar die soort ding wat ’n oorbeskermende ma sal sê. Nou word sy yskoud terwyl sy die handrem losmaak. Dis amper asof Leo se ma die toekoms kon sien. Behalwe dat die seun hierdie keer twaalf jaar oud is. “En dis ons wat hom daar gelos het!” sê Treasure hardop en trap op die versneller.

      Eva spring uit die pad soos die voertuig ’n U-draai maak. “Nee!” gil sy. “Julle gaan niks regkry nie. Ons moet polisie toe gaan.”

      “Doen júlle dit!” skree Dawie. “Reël ’n soekgeselskap sodra julle in Keetmanshoop kom!” Hy hou sy selfoon op. “Laat weet ons wanneer julle dit gedoen het!” Daarmee snel hy en Treasure wes in ’n jaagtog teen die sakkende son.

      “Hy sal oukei wees,” sê Dawie, wat altyd probeer om die blink kant bo te hou.

      Treasure byt haar lip en sê niks nie.

      “Regtig, hy sal wees,” hou Dawie vol. “Hy’s ’n skerp outjie. Ek wed jou hy’t aan die inselberg se windskadukant gaan skuil tot die storm verby is.”

      “Ek hoop jy’s reg,” sê Treasure.

      “Dit sou erg gewees het, en hy sal teen dié tyd baie dors wees,” sê Dawie, “maar ons sal hom kry. Wanneer ons by Aus van die hoofpad afdraai, moet ons net ons oë oophou vir daardie grondpad.”

      Treasure dink nie dit gaan so eenvoudig wees nie. Dis ten minste ’n honderd kilometer tot by Aus. Hoeveel nog van daar tot waar hulle Leo agtergelaat het? En hoe lank terug was dit? Vier of vyf uur gelede? Leo kon nie ongedeerd deur die storm gekom het nie. “Ek wens ons het nooit op daardie grondpad afgedraai nie,” brom sy en kyk beskuldigend na Dawie. Dit was sy idee om dit te verken. Hy kan nooit ’n uitdraaipad weerstaan nie. Kyk in watter gemors het hierdie een ons laat beland, dink sy.

      Hulle jaag verder, verby die stowwerige haltes langs die spoorlyn wat weswaarts loop na Lüderitz se diamanthawe aan die Atlantiese kus. Deur Guibes en verder, sonder ’n woord tussen hulle, verby Asbospan, en tien minute later, Schakalskuppe, sowat dertig kilometer buite Aus.

      Dawie kyk op sy horlosie. “Dis al ná vyf. Hopelik kom ons voor skemer by die piekniekplek.”

      Treasure hoor hom skaars bo die woorde wat in haar kop weergalm . . . ’n Seuntjie het spoorloos verdwyn. Dit kan weer gebeur.

      * * *

      ’n Snuifgeluid en iets sags wat aan Leo se gesig raak, bring hom terug na die hede. Hy dwing sy oë oop. ’n Waas van bruin blaas warm lug oor hom. Iets pienk en klam – klam! In die woestyn! – vee oor sy gesig. In vergelyking met die walms warm lug voel dit koel.

      Die hond, besef hy toe ’n harige gesig in fokus kom. Van naby lyk alles groter: sy neus soos ’n stuk swart leer; sy tong, pienk en lank; sy wit snor, stekelrig teen Leo se wang; sy oë, groot, ovaal, ’n sagte bruin. Bekommerd.

      Die hond tjank en krap met een voorpoot aan Leo se skouer. Word wakker. Staan op.

      Leo kreun. Hy kry van iewers die krag om homself tot op sy hande en knieë te lig. Uitgeput, ontwater en met alles aan hom wat pyn, kan hy nie besluit of hy bly is om te lewe of teleurgesteld dat hy nie dood is nie. Hy onthou vaagweg dat hy neergeslaan het. Hoe lank het hy so in die sand gelê, uit soos ’n kers?

      Die hond stoot met sy neus aan Leo se arm. Staan op. Staan op.

      “Ek kan nie.”

      Die hond krap weer aan hom, oor en oor, en lek sy gesig en nek. Komaan. Staan op.

      Leo hys homself tot op sy voete. Sy kop draai. Of is dit die wêreld wat om hom draai? Hy maak sy oë toe totdat die gedraai stadiger word.

      Die hond blaf vir hom. Weg is ons!

      Toe Leo kyk, draf hy al weer weg.

      Miskien ís hy op pad iewers heen. Ek het niks om te verloor nie, dink Leo. Óf ek bly hier en gaan dood, óf ek loop vir so lank as wat ek kan. Hy skraap sy laaste bietjie krag bymekaar, dwing homself om aan te hou en konsentreer op die pootmerke in die sand. Eers ’n

Скачать книгу