Woestyngevangene. Andrea Abbott

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Woestyngevangene - Andrea Abbott страница 6

Woestyngevangene - Andrea Abbott

Скачать книгу

Die ander moes hulp ontbied het en die hond is gestuur om hom te soek. “Sjoe. Dit was ’n noue ontkoming.”

      Redding en water is nou net oomblikke weg.

      * * *

      “As hy tot by die teerpad gekom het, het hy dalk duim gegooi,” sê Dawie wanneer hulle naby Aus kom.

      ’n Lorrie op pad oos flits verby hulle aan die ander kant van die hoofweg.

      “Dink jy regtig so?” vra Treasure.

      “Iemand anders móés al daarlangs gery het,” sê Dawie. “Ons kan nie al mense wees wat heeldag op daai pad was nie.”

      Treasure skud haar kop. Dawie gryp na strooihalms. Gedurende die rit voor die storm het hulle skaars ’n ander siel gesien.

      * * *

      Die hond gaan lê aan die voet van die inselberg. Leo kom ’n minuut of twee later daar aan en sak langs hom neer. “So waar’s almal?” sê hy wanneer niemand hom verwelkom of nader storm en gretig vir hom water bring nie.

      Die hond, uitasem en met sy oë toe, ignoreer hom.

      “Hulle wag seker verder met die grondpaadjie af,” sê Leo. “Of by die grootpad.” Hy staan op en sleep homself in die rigting van die hoofpad terwyl hy seker maak die inselberg is agter hom en aan sy linkerkant. Só sal hy sorg dat hy nie weer sy rigting kwytraak nie, al is die grondpad toe onder die sand.

      Maar hoe verder hy aansukkel, hoe meer gespanne raak hy. Die woestyn hou net aan en aan. Daar is nêrens ’n teken van ’n grond- of ’n teerpad nie. En dis nie al nie; die son sak voor hom af na die horison – die westelike horison. Dit beteken hy loop wes. Maar ons het links van die grootpad afgedraai en wes gery. So ek moet in die teenoorgestelde rigting loop, oos, om terug by die pad te kom. “Behalwe,” sê hy hardop, “as dit nie dieselfde plek is nie, en as die hond nie ’n spoorsnyer is nie, maar net ’n baster.”

      ’n Rondloper wat hom op ’n dwaalspoor gebring het.

      Verward draai hy om en sien hoe grawe die hond ’n gat aan die onderkant van die koppie. Dis ’n diep gat, want net sy stert en agterstewe steek uit. Sy kop, skouers, rug en borskas het binne-in die gat verdwyn.

      “Wat doen hy nou?”

      Die hond retireer by die gat uit en kyk vir Leo. Die hare om sy mond lyk donkerder, bedek deur iets blink en nat.

      “Water!” roep Leo uit. “Jy’t water gekry.”

      Hulle het nie net doelloos rondgedwaal nie. Die hond ís so goed soos ’n Sint Bernard. Hy het heeltyd geweet waarheen hy op pad was – na ’n weggesteekte put aan die voet van ’n inselberg wat lyk soos enige ander een in die woestyn. Dis asof hy Leo doelbewus kom haal en hierheen gelei het.

      Sy aan sy en onderstebo, dompel die twee hul gesigte in die poeletjie water. Hulle drink, en drink, en drink. Slurpend, morsig, gulsig. Selfs al is dit sanderig, is dit die heerlikste water wat Leo nog ooit geproe het. Dit breek die droogte in sy mond en gee hom sy lewe terug.

      “Hoe het jy geweet dis hier, Hond?” vra hy wanneer sy dors geles is. “Kon jy dit ruik?” Hulle klim uit die put en kyk hoe die sand die gat toeval en die water weer verberg, soos ’n geheim. Leo kyk baie mooi waar dit is: voor ’n tamaai driehoekige klip wat tussen twee ronde klippe uitsteek. As die hond hom aan sy lot oorlaat, sal hy minstens weet waar om water te kry. Maar vir eers gaan die hond nêrens heen nie. Hy lê en dut langs Leo. Leo kyk na sy ribbes en die reghoek van sy heupbeen wat skerp uitsteek. “Jy kan doen met bietjie kos, nè, Hond,” sê hy en begin bewus word van sy eie honger. Wat is daar om te eet in die woestyn? Omtrent niks nie, te oordeel aan hoe maer die hond is.

      Die twee lê uitgestrek op die sand. In die weste is die son ’n reuse geelrooi bal wat laag in die oranje lug hang. Sy hitte is nou net ’n herinnering. Maar die sakkende son sal binnekort ’n nuwe probleem bring.

      Die nag.

      Wat dan? Hitte en dors was heeldag Leo se vyande. Watter vyande sal die nag oplewer? Dodelike skerpioene wat hy nie kan sien nie? Nagtelike roofdiere, hiënas selfs, teen wie hy geen verweer sal hê nie? En die ergste van alles, die donker wat hom onsigbaar sal maak vir mense wat dalk na hom soek.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RUWRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABBkAAAAEBAAMAAAABCgAAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA0odpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzow OToyNCAxMTo1OTozMgAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMA BAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAE5AAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0A DEFkb2JlX0NNAAH/7gAOQWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMV ExMYEQwMDAwMDBEMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQO Dg4OFBEMDAwMDBERDAwMDAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQD ASIAAhEBAxEB/90ABAAH/8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEB AQAAAAAAAAABAAIDBAUGBwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYU kaGxQiMkFVLBYjM0coLRQwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5Sk hbSVxNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQAC EQMhMRIEQVFhcSITBTKBkRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RF VTZ0ZeLys4TD03Xj80aUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMB AAIRAxEAPwDmywgwRBTQiQlC3KeetHtS26eKJCbaHQNwHg5LhSDaBxkEDX8h8EB7Xh3EbeZ/FHfU A4Bzj5GP

Скачать книгу