Ruiter van my drome. Schalkie van Wyk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ruiter van my drome - Schalkie van Wyk страница 5

Ruiter van my drome - Schalkie van Wyk

Скачать книгу

so lekker geskinder het. Gaan tannie nog steeds saam met haar ry?”

      2

      Zandri weet dat dit woede en nie verleentheid nie is wat ’n vuurwarm blos oor haar nek stoot en haar wange laat gloei. Sy ignoreer Ferdinand en kyk eerder net afwagtend na die groot vrou wat langs haar sit.

      Ragie staar Ferdinand oomblikke lank sprakeloos aan en bekyk Zandri dan met ernstige belangstelling. Sy glimlag skielik en tik Zandri liggies op haar hand.

      “As dieselfde geluk my getref het, my kinta, het ek nie op my oudag stoksielalleen en verstote op die vlakte gesit nie. Glo my, Zandri’tjie, niks maak ’n mens ryker as ’n kind se liefde nie.”

      “Dis waar, tannie, liefde is die grootste rykdom,” antwoord Zandri en weet dat sy vir die res van haar lewe vir tant Ragie sal liefhê oor daardie woorde. Sy glimlag met lieftallige onskuld vir die fronsende Ferdinand.

      “Dankie dat jy tant Ragie solank van my seuntjie vertel het, Ferdinand. As jy die deur toemaak, sal ons graag wil vertrek.”

      “My tante ly aan alzheimersiekte! Sy waarsku my en Nicolas voortdurend teen . . . teen . . .” Hy breek af en gluur Zandri net aan.

      “Teen meisies soos ek?” vra Zandri met ’n guitige glimlaggie. “Moet jou nie kwel nie, Ferdinand. Oom Alexander het my ook jare lank teen mans soos jy gewaarsku.”

      “Sê hom, my skapie!” kom dit ingenome van Ragie. Sy draai na Ferdinand en gaan onstuimig voort: “Ek het al my breinselle verloor die dag toe jy my in daardie dodehuis gestop het, Ferdinand. Ek is sestig, nie seniel of sterwend nie. As jou ma nie haar lewe lank aan ipekonders gely het nie, het ek nog altyd as hospitaalsuster gewerk. Tot siens, broertjie. Bly voortaan weg van my – hoe verder weg, hoe beter! Jy en jou vervlakste alzheimerpraatjies!”

      “Tannie kan nie weer gaan werk nie! Tannie moet so gou moontlik ’n rugoperasie –” protesteer Ferdinand, maar hy tree haastig agteruit toe Ragie Zandri se skouersak opraap en roekeloos daarmee na sy kop swaai. Ragie klap haar deur toe en roep jubelend: “Ry, my kintatjie, ry!”

      Zandri trek weg, ry verby die ingang tot Reënboogrant en tot oor die naaste bult. Dan parkeer sy onder ’n skaduboom langs die pad.

      “Waarheen is ons op pad, tannie?” Sy kyk simpatiek na Ragie wat handewringend langs haar sit met ’n diep kwelfrons tussen haar wenkbroue.

      “Ag, my skapie, as ek geweet het, het ek jou gesê,” antwoord Ragie wanhopig en sug verwese.

      Zandri bekyk die vreemde vrou langs haar met onverbloemde nuuskierigheid. Ragie lyk soos die Adelmanns, met dieselfde donker oë en sterk gelaatstrekke. Haar digte hare is grys en netjies versorg, maar haar groot ledemate en gespierde liggaamsbou doen afbreuk aan haar vroulikheid. Klara was gelukkig om haar ma se fyn gelaatstrekke en liggaamsbou te erf, want die Adelmann-vroue kan nie juis aanspraak maak op fisieke skoonheid nie, dink Zandri, jammer vir die groot vrou wat roerloos sit en voor haar uitstaar. As Ferdinand tant Ragie se vyand is, maak dit haar en tant Ragie bondgenote, besluit sy, en vra aarselend: “Het tannie weggeloop van die Adelmanns se huis af?”

      “Nee, my kinta. Ek het ontsnap uit die dodehuis waarin daardie skarminkel my geprop het,” antwoord Ragie bitter.

      “Is Ferdinand nou die skarminkel, tannie?”

      “Wie anders? Nicolas het ’n goeie hartjie, maar hy bly in die woonstel langs sy en ou dokter Kemp se spreekkamers en al wou hy hoe graag, kan hy my nie met ’n blyplekkie help nie. Ek het hom die dood voor die oë gesweer as hy sy broer die waarheid oor my rug vertel – en toe stop die dessitse Ferdinand my net daar in die dodehuis,” vertel Ragie met bittere verwyt.

      “E . . . watse dodehuis, tant Ragie?”

      Ragie proeslag langs Zandri. “G’n wonder jy loer so versigtig na my nie, my skapie, maar ek is nog nie heeltemal kinds nie, al klink dit so. Dis my naam vir daardie plek: die Silwerjare Ouetehuis. Dis nie ’n ouetehuis nie, kind, dis ’n wag-om-dood-te-gaan-plek. Daar sit die ou spulletjie op ’n hoop, vertroetel hulle skete en kwale en spog met hulle bottels vol pille en medisynes en hulle hope kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. En gaan een van hulle dood, loer hulle na mekaar en vra: Wie is die volgende een wat lepel in die dak gaan steek? En dan hou hulle begrafnis in hulle deftigste kleertjies en eet hulle oorhoeks op die begrafnistee waar die tafels kreun onder al die koek en tert. Weet jy hoekom gaan die ou spulletjie begrafnis toe, my liefie?”

      “As ’n laaste eerbetoon, seker, tannie,” antwoord Zandri, nie seker of sy durf lag oor Ragie se beskrywing nie.

      “Eerbetoon se voet! Hulle gaan net om te sê: ‘Whê-whê, ek lewe nog!’ ”

      Zandri bars uit van die lag en hoor verlig dat Ragie saamlag. “Is dit regtig so erg, tant Ragie?” vra sy toe die lagbui bedaar.

      Ragie glimlag bedroë. “Seker nie vir almal nie, liefie. Ek meen, as ek negentig en sieklik was, sou ek nie omgegee het om in die sonnetjie te sit en bak en heeldag en aldag koek en tee saam met my vriendinne te geniet nie. Ek het ’n paar gawe vroue leer ken, maar met net ’n spul oumense om my . . . Ek is te energiek, te lief vir kinders en jongmense, om dag na dag in ’n spul ou gesigte vas te kyk. As ek nie vier-en-sestig was nie . . .”

      “Is tannie nou sestig of vier-en-sestig?”

      “Sestig klink jonger,” antwoord Ragie ongeduldig. “Ek het nie die geld nodig nie, maar ek sal alte graag weer wil verpleeg, verkieslik in ’n kinderhospitaal. Ek is so lief vir kinders. Ek het jare lank met gestremdetjies gewerk – ’n mens word baie lief vir die ou goedjies.”

      “Dis dan jammer tannie het nou las van tannie se rug,” sê Zandri spytig.

      “Hoekom glo jy ek . . .?” begin Ragie verbaas, swyg ’n paar oomblikke en vervolg met ’n skuldige laggie: “Sonde is sonde, hartjie, maar soms is ’n goeie liegstorie ’n mens se enigste verlossing. Verstaan jy, my skapie?”

      “E . . . ek dink so, tannie. Ek was ook al in ’n situasie waar ek moes jok om iemand te beskerm,” antwoord Zandri aarselend, nie juis seker waarna Ragie verwys nie.

      “Dis net ’n amper-sonde, ou kintatjie, maar ek moes lieg en bedrieg om myself te beskerm – en die arme dokter Kemp en jong Nicolas moes kliphard saamlieg, anders het ek nou op Kampsbaai gesit en vir die res van my lewe Elsa Adelmann se ipekonders probeer gesond dokter,” vertel Ragie onstuimig.

      “Oom Martiens het al so dikwels gesê hy sal liewer met ’n lelike en gesonde vrou as met ’n mooi en sieklike vrou trou. Dis gelukkig tant Elsa het drie gesonde kinders, want selfs toe ek ’n kind was, was sy altyd half sieklik,” sê Zandri.

      “Maar waar sit jou ore, kind? Ek het mos uitdruklik gesê: Elsa Adelmann ly net aan ipekonders! Dat ek ooit toegelaat het dat Markus my ’n gat in die kop in praat . . . Toe die uitgeslape Klara haar tasse gryp en in Engeland gaan werk, toe kom my jafel van ’n broer by my aan en oortuig my dat sy liewe Elsa ’n beroerte gehad het. En wat doen ek? Bedank my pos en luister byna sewe jaar lank na Elsa se liegstories oor haar gesondheid. Ek sê jou, my skapie, Elsa se gelieg en gepiep sal enige gelowige mens in ’n heidense swernoot verander! Dis wat sy met my gedoen het, want ou dokter Kemp en jong Nicolas het toe maar ander pasiënte se X-straalplate aangedra en vir Markus en Elsa oortuig ek het dringend ’n rugoperasie nodig, anders land ek in ’n rolstoel.” ’n Genoeglike laggie skud Ragie se skouers. “Praat van ipekonders! Ek het so gekreun en gekerm dat Elsa nie kon wag om sonder my saam met Markus op

Скачать книгу