Ruiter van my drome. Schalkie van Wyk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ruiter van my drome - Schalkie van Wyk страница 6

Ruiter van my drome - Schalkie van Wyk

Скачать книгу

hy kamstig bekommerd is oor my rug, die liegbek!” antwoord Ragie boos. “Markus en Elsa het nog skaars vertrek, toe sê die snuiter vir my ek moet my tasse pak, want hy het vir my plek gekry in die ouetehuis. Ek sê hom toe my rug is nie so seer dat ek nie sy huishoudster kan wees nie, en wát sê die skollie? In daardie geval kan ek sy liewe ma mos op Kampsbaai gaan verpleeg. Sussietjie, ek het my so vervies dat ek die skarminkel byna met ’n lang klip doodgeslaan het – ek moes eintlik, want die seunskind sal nooit ’n hand teen my lig nie, selfs al is hy eintlik groter en sterker as ek.”

      “Toe gaan woon tannie maar in die ouetehuis?” sê-vra Zandri simpatiek.

      “Nie dadelik nie. Ek het op my ou knietjies gepleit om ’n kamer by Ferdinand te huur as dit nie anders kon nie, maar, nee, sê die gebroedsel, hy het nie plek vir vroumense in sy lewe nie. Vroue, vertel hy my toe, is onbetroubaar en verraderlik sedert Eva se dae, en hy verkies die geselskap van perde. Ha! As jy mooi kyk, my skapie, sal jy sien Ferdinand lyk alte veel soos ’n perd,” vertel Ragie met ’n onvergenoegde snuifie deur haar neus.

      “Ek . . . e . . . kyk nie juis graag na Ferdinand nie, tant Ragie. Het tannie werklik geen ander heenkome nie? Dalk ’n familielid of goeie vriende wat –”

      “Ek is nie ’n welsyngeval nie, my hartjie. Ek sê jou mos: My rug makeer op dees aarde niks nie en as ek êrens ’n werkie kan kry . . . Ek sal alte graag as ’n vrywilliger by ons hospitaaltjie of die kinderhuis wil werk, maar my ouderdom is soos ’n doodsvonnis: Ek het nie meer die reg om my daaglikse brood te verdien nie.”

      “Sal tannie nog gestremde kinders kan versorg?” vra Zandri gretig.

      Ragie frons bekommerd. “Jou ou seuntjie . . . Hy is nie dalk so ’n enetjie nie, my liefie?” verneem sy huiwerig.

      “Hy is hiperaktief, maar beslis nie gestremd nie, tannie. Ek het net gewonder . . . As tannie rêrig geen ander blyplek het nie: Ek besit die grote huis op Reënboogrant. Tannie is meer as welkom om so lank as wat tannie wil by my te kom kuier. En dan is daar Robbie om mee te help.” Zandri hoop vuriglik dat Ragie sal instem – sy kan nie aan ’n beter manier dink om Ferdinand te laat boet vir sy gretigheid om tant Ragie aan haar gewaande enkelmoederskap te herinner nie.

      “Agge toggie, ek wou-wou nou net bly word, my skapie, maar toe herinner ek my: Ou Martiens Dippenaar het mos al die jare op Reënboogrant gewoon en gewerk. Is die ou vent nog daar?” vra Ragie benoud.

      “Ja, tannie. Ek het oom Martiens nog nodig as stalbestuurder. Hou tannie nie van hom nie?” vra Zandri verwonderd.

      Ragie skuifel op haar sitplek rond, kug ’n paar maal, verkyk haar aan ’n mossie in die boom en antwoord eindelik: “Jy kan maar sê ek vertrou Martiens Dippenaar nie, kind.”

      “Hoekom nie, tannie?”

      “Ek praat nou van veertig of meer jare gelede, sussietjie. Jou oom Alexander het ná elke perderesies, as een van sy perde gewen het, die geleentheid met ’n partytjie gevier. My ouers het nog geleef en ek is saam met hulle na een van die partytjies toe. En . . . e . . . toe beledig die ongepoetste Martiens my só dat ek tot op heden ten dage uit die man se pad bly,” vertel Ragie onwillig.

      “Maar oom Martiens is altyd so hoflik! Ek bedoel, hy is nie spraaksaam nie en dalk ’n bietjie bot teenoor vroue, maar ek kan nie glo hy het tannie opsetlik beledig nie,” sê Zandri.

      Ragie skuif effens dwars op die sitplek sodat sy Zandri in die oë kan kyk. “Kyk mooi vir my, my liefie, en moenie lieg nie: Hoe lyk ek vir jou? Sal jy sê ek is ’n beeld van ’n vrou?” vra sy streng.

      Zandri kyk, maak haar mond oop en pers dan haar lippe hard saam, voordat sy met groot omsigtigheid antwoord: “Tannie lyk soos die Adelmanns.”

      “En?” hou Ragie vol.

      “En tannie is nie klein nie.” Zandri sien die warm vonkeling in Ragie se oë en vervolg verlig: “Ek dink tannie het pragtige oë en ek hou baie van tannie se glimlag.”

      “Hmm. Ek dink self ek het in my jeug nogal mooi oë gehad, want ek het die Adelmanns se lang wimpers geërf. Maar dis nie wat daardie Martiens op die partytjie gesê het nie. Hy het net gewag totdat ek ’n oomblikkie alleen was, toe loop hy my trompop, kyk my onbeskaamd in die oë en sê vir my ek is ’n beeld van ’n meisie en as my ouers nie so ryk was nie, sou hy my gevra het om met hom te trou. En toe, voordat ek my nog behoorlik kon vererg en hom ’n dwarsklap gee, draai hy om en loop weg. Dis nou twee . . . nee, drie-en-veertig jaar gelede, en sedertdien het hy nog nie weer ’n dooie woord met my gepraat nie – my nie eens by die kerk gegroet nie, nie in al die jare wat ek al permanent terug is op die dorp nie, die ongepoetste ou sondaar.”

      “Hoe kan tannie glo oom Martiens het tannie beledig? Hy het tannie net ’n eerlike kompliment gegee,” sê Zandri verwonderd.

      “Ja, toe, moet nou nie saam met ou Martiens lieg nie, my kintatjie. Ek is en was nog nooit ’n beeld van ’n vrou nie. Dis hoekom ek op my oudag op die vlakte sit en wonder waar ek vannag gaan slaap,” sê Ragie met ’n hartseer suggie.

      “Ek dink as ’n mens liefkry, maak ’n mens se uiterlike nie saak nie, tant Ragie. Toe ek klein was, het ek gedink dokter Kemp is die mooiste oom op die dorp, en sy vrou was die lelikste tannie wat ek ooit gesien het. Ek weet nie eens of oom Martiens aantreklik is of nie, maar ek weet ek was van kleins af lief vir hom en my oom Alexander. Ek dink oom Martiens was regtig net eerlik toe hy tannie gekomplimenteer het,” sê Zandri met oortuiging.

      Ragie dink oomblikke lank na, haar kop effens skeef en haar oë half geskreef. “Dis seker moontlik, my skapie, want dié Martiens se bloedrooi hare en haakneus het nou nie juis van hom ’n beeld van ’n man gemaak nie. Nie te onaantreklik nie – lank en gespierd – maar ek was nooit dol op rooikoppe nie. Maar aangesien hy die enigste man is wat my ooit oor my voorkoms gekomplimenteer het, sal ek hom seker maar vergewe,” sê sy ewe groothartig.

      “Het tannie nooit enige mansvriende gehad nie?”

      “Hope, my skapie, maar net twee kort mannetjies en een desperate wewenaar met sewe kindertjies het my gevra om te trou. Gelukkig was ek nie ewe desperaat om ja te sê nie.” Ragie lag dat haar skouers skud en klop met ’n groot hand op die stuurwiel. “Ry huis toe, my sussietjie! Ek is so desperaat om ’n blyplekkie te kry dat ek bereid is om Martiens die swakheid van sy jeug te vergewe.”

      Martiens kom met lang hale nader gestap toe Zandri ’n paar minute later haar viertrek onder die wildevyeboom voor die opstal van Reënboogrant parkeer. Ragie klim uit die voertuig en laat hom met ’n gemompelde verwensing in sy spore vassteek. Zandri sien hoe sy ruie grys wenkbroue saamwurm om sy argwaan te kenne te gee, en sluit haastig by hom aan.

      “Hallo, oom Martiens,” groet sy met onnatuurlike hartlikheid en vat hom paaiend aan die arm. “Ek was so gelukkig om tant Ragie te oorreed om by my te kom bly. Ek gaan haar hulp baie nodig hê vir my toekomsplanne met Reënboogrant, en met Robbie.”

      “Snert!” snou hy haar toe en gluur Ragie aan. “Die befoeterde Ferdinand het nou-nou-maar soos ’n renosterbul hier ingestorm en die opstal van hoek tot kant deursoek. Hy sê Ragie ly aan alzheimersiekte en sy is nie verantwoordelik vir haar dade nie. Mal soos ’n haas, vertel die knaap my, en boonop aggressief. En dis nie al nie, Zandri. Die man dreig om by die polisie ’n klag te lê dat jy sy seniele tante ontvoer het en in jou opstal gevange hou. En dan is daar boonop haar rug. Die vent het hoog en laag gesweer ou Ragie hoort in ’n rolstoel. Vir wat lol jy met ’n sieklike oumens wat boonop kinds is, dogter? Vat die ouvrou terug na haar eie mense toe. Ek kan siek perde versorg,

Скачать книгу