Anna Atoom en die magnetiese meermin. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anna Atoom en die magnetiese meermin - Elizabeth Wasserman страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Anna Atoom en die magnetiese meermin - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

stadig oor die uitgelese geselskap om die tafel. Almal sit verstar. Dan steek hy sy eie hand in die lug op en stadig, een vir een, volg die ander sy voorbeeld. Na omtrent drie minute is dit duidelik dat doktor Draak se vurige argument meer as die helfte van GROEN se direkteure oortuig het dat admiraal Atoom ’n gevaar vir die organisasie inhou – dalk selfs ’n gevaar vir die wêreld!

      “Dit is dan so!” roep meneer Amsterdam uit. “Ons sal voortgaan met ons planne om die admiraal van sy RuimteArk te verwyder. Ek voorsien probleme met professor Sabatina Atoom, want die Atoom-familie besit MonPetit-eiland. Soos julle weet, is die AardWag, ons belangrikste observasiestasie, op daardie eiland geleë. Die laboratorium wat die AardWag bevat, tesame met al die ander fasiliteite op die eiland, is gebou met geld wat Sabatina van haar tante geërf het. Selfs al dank ons haar af, kan ons nie beheer oor die AardWag neem nie. Sy werk vir ons, maar die AardWag behoort aan haar!”

box feature.jpg

      Slanghout en reënwoude

      Van die mooiste houtsoorte is afkomstig van seldsame bome wat in die groot reënwoude van die wêreld gevind word. Hoe harder die hout en hoe fyner die grein, hoe meer gesog is dit vir die maak van meubels. Ongelukkig vat dit baie lank vir hierdie bome om groot te word, en baie van dié boomsoorte word nie weer aangeplant nadat hulle afgekap word nie.

      ’n Organisasie soos GROEN behoort van beter te weet as om ’n konferensietafel in een van hul kantore te hê wat gemaak is uit slanghout, een van die kosbaarste maar ook mees bedreigde houtsoorte.

      Die Latynse naam van die slanghoutboom is Piratinera guianensis. Dit beteken “seerower van Guiana”. Guiana is ’n klein staatjie aan die noordkus van Suid-Amerika, net links van Suriname (’n nog kleiner staatjie in Suid-Amerika as Guiana). Hier vind ons van die wêreld se kosbaarste en mees ongerepte reënwoude.

      Die verwoesting van ons reënwoude is die tweede grootste oorsaak van die stygende CO2-vlakke in ons atmosfeer (motors en ander masjinerie wat organiese brandstof soos petroleum en steenkool verbrand, bly die grootste sondebokke). Dit is ook een van die grootste bydraende faktore in die vinnige veranderinge in die klimaat van ons planeet.

      Die groot reënwoude vorm ’n sirkel wat rondom die ewenaar strek: oor Suid-Amerika, Afrika en Indonesië. Hierdie groot woude werk soos die “longe” van ons planeet: die blare absorbeer CO2 en bind dit saam met water en sonlig om nuwe organiese materiaal te bou en die atmosfeer te verryk met suurstof. Dit is die wonderlike proses van fotosintese. En die wortels van al die bome wat voortdurend water opsuig uit die grond, laat die groot woude werk soos pompe wat die waterkringloop dryf. Water word vanuit die oseane gefiltreer en vloei deur ondergrondse strome. Vog verdamp uit die blare en verottende materiaal in die woude. Sonder die reënwoude sal die atmosferiese drukstelsels wat vogtige lug insuig oor die groot savannes van die vastelande ophou om hul werk te doen, en droogtes sal die lande tref wat tans dien as die broodmandjies van baie nasies.

      As ons die reënwoude vernietig, verloor ons dus veel meer as net die prag van die digte oerwoude met hul bont papegaaie, sluipende jaguars en skaars orgideë. Sonder die reënwoude sal die mensdom stadig vergaan in ’n wurggreep van hongersnood en natuurrampe soos siklone en hittegolwe.

box feature rule.jpg

      Uranus Draak snork net. Hy weet dat selfs die mees gesofistikeerde instrumente maar taamlik nutteloos is sonder die netwerk van inligting van GROEN se satelliete en wêreldwye medewerkers. Sonder ondersteuning van die internasionale gemeenskap van wetenskaplikes sal die Atoom-familie magteloos wees, AardWag en al.

      “Maar wat gaan ons met die admiraal maak?” vra doktor Migdol. “Is dit nie waar dat hy sal doodgaan as ons hom terugbring aarde toe nie? Ek het verstaan dat swaartekrag sy atome heeltemal sal laat inmekaarstort …”

      “Sy molekules, nie sy atome nie!” verduidelik doktor Draak kortaf. “Hy bestaan steeds uit dieselfde atome as ek en jy, dit is net die aantrekkingskrag tussen sy molekules wat versteurd geraak het na sy ongeluk. Swaartekrag sal hom letterlik laat platval, soos ’n pannekoek!”

      Die mense om die tafel lyk verskrik.

      “Maar …” wil doktor Migdol nog verder protesteer.

      “Ons is nie moordenaars nie!” brom Uranus. “Ek het reeds ’n oplossing vir die probleem. Soos julle weet, werk ek die afgelope maande aan ’n navorsingstasie op die Noordpool.” Hy kyk uitdagend na die gesigte rondom hom. Niemand het nog ooit van hierdie navorsingstasie gehoor nie, maar almal is te versigtig om dit te erken. Wetenskaplikes is so: hulle is altyd gretig om almal te laat dink dat hulle alles weet en wil nie graag toegee dat daar dinge is waarvan hulle niks weet nie.

      “In daardie navorsingstasie van my,” gaan Uranus Draak voort, “het ek ’n soort kapsule wat gewigloosheid naboots. Die admiraal sal veilig daarin kan bestaan. Ons kan dit gebruik om hom van sy RuimteArk hierheen te vervoer, waar ons hom dan rustig kan ondervra oor die gebeure wat gelei het tot die alge-oorgroeiing.”

      “’n Verhoor?” wil doktor Migdol weet.

      Uranus Draak se glasgroen oë boor haar amper van haar stoel af. Die vrou krimp merkbaar ineen.

      “Ja, ’n verhoor. Ons moet vasstel wat gebeur het, en wat die toekomstige risiko vir ons almal is indien die admiraal steeds deel vorm van ons glorieryke organisasie!”

      “Maar wat maak ons intussen met die RuimteArk en al die diere daarin?” wil ’n ander dapper wetenskaplike weet.

      Doktor Draak glimlag selfversekerd. “Voorlopig kan U6 self die stasie oppas. Ek sal nie verbaas wees as sy beter werk doen as die admiraal nie. Mense maak voortdurend foute, maar ’n superrekenaar soos U6 is volkome onder ons beheer en is baie veiliger. Sy kan immers niks doen waarvoor ons haar nie programmeer nie!”

      Genoeg koppe knik rondom die tafel sodat meneer Amsterdam die saak as afgehandel beskou. Hy maak weer sy keel skoon.

      “Nou, dame en here, kan ons sekerlik aanbeweeg na die volgende saak op ons agenda: waarskynlik die belangrikste saak van die dag. Ek vra weer vir ons vriend doktor Uranus Draak om die volgende punt toe te lig. Dame en here, doktor Draak verseker my dat hy ’n oplossing, sowaar ’n briljante oplossing, het vir die mees kritieke probleem van ons moderne tyd …

      “Doktor Draak het die oplossing gevind vir AARDVERWARMING!”

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным

Скачать книгу