Anna Atoom en die magnetiese meermin. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anna Atoom en die magnetiese meermin - Elizabeth Wasserman страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Anna Atoom en die magnetiese meermin - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

geslaan moet word nie, maar dit is van mindere belang. Die hoofsaak is dat daar ’n geveg is, en alles wat beweeg, word ’n teiken. Die lawaai in die kroeg styg tot ’n oorverdowende vlak. Stoele word flenters geslaan oor koppe, bottels trek rond soos missiele in ’n grensoorlog en vuishoue klap links en regs.

      Die kroegman kruip agter sy toonbank weg. Hy slaan sy arms oor sy kop en kan maar net hoop dat daar iets van sy besigheid sal oorbly. Hy is gewoond aan hierdie gevegte: die maande op die oop see is vervelig en sy kliënte is altyd gereed vir ’n bietjie aksie, veral na so ’n paar doppe.

      Hy weet dat alles gou sal oorwaai, en dit is ook so. Die tropiese hitte help om almal gou moeg te maak vir baklei en een vir een begin die matrose weer na heel bottels soek om die inhoud daarvan te drink, eerder as om dit te vermors op ’n buurman se kop. Bloed drup nog uit vars snye en blou swamme swel in blink bulte oor growwe gelaatstrekke, wat die lelike spul nog leliker laat lyk. Die kroegman grinnik, stoot nog ’n paar koue bottels bier oor die toonbank en begin weer glase uitvee met ’n vuilgrys lap.

      Voort met die werk!

      Hy merk dat die stoel waar Ton netnou nog gesit het, nou leeg is. Hy wonder wat van die groot nutsman van MonPetit-eiland geword het. Vanuit sy wegkruipplek agter die toonbank kon hy nie sien of Ton deelgeneem het aan die geveg nie, maar nou is hy skoonveld.

      Die kroegman skud sy benerige skouers en gaan voort met die harde werk om die klomp matrose vinnig genoeg van drank te voorsien.

      Sy nag gaan nog lank wees!

Waar is ton.jpg

      Waar is Ton?

      Anna stamp die sand van haar kaal voete af en stap in die huis in. Agter haar ratel Brak se onsigbare metaalpote oor die houtvloer.

      “Ton!” roep sy. “Ton, jy moet kom help! Ek sukkel met iets …”

      Ton antwoord nie, maar Pip, Anna se klein BioTron-boetie, kom aangedraf en gryp haar om die knieë. Hy babbel iets in sy irriterende brabbeltaal.

      “Blisser brab-boe!” sê hy.

      “Ag stop dit!” snou sy suster hom toe. Dit is lastig om ’n broer te hê, selfs al is hy half masjien, half mens en selfs al kan hy daarom die ongelooflikste goed doen, soos groot rotse optel en sy asem langer as ’n dolfyn onder die water ophou. Dit sal dalk help, dink Anna, as hy net ordentlik kan leer praat. Ten minste sal hy haar dan kan vertel waar Ton is.

      “Ton!” roep sy weer.

      Steeds antwoord hy nie.

      Dis vreemd, dink Anna. Ton is altyd daar om enige wens van die Atoom-familie te vervul. Miskien is hy in haar ma se laboratorium?

      Skielik sien Pip die dodo’s raak waar hulle rondskrop in die groentetuin. Hy hardloop dadelik om hulle te gaan terroriseer. “Fyn!” sê Anna vir die onsigbare Brak. “Ten minste is ons nou van hom ontslae! Kom ons gaan na die laboratorium toe, ou kêrel, en kyk of ons jou probleem daar kan uitsorteer.”

      Hulle stap af na die boothuis op die strand, so ’n entjie van die huis af. Dit is hier waar die ingang is tot die geheime ondergrondse laboratorium en die grot waar die Onderwater-verkenner en die JetKopter gehou word. Die blink metaaldeur van professor Sabatina se laboratorium is onlangs toegerus met ’n Persoonlike Herkenner, en dit herken dadelik Anna se breingolfpatroon. Die deur swaai oop. Brak glip blitsvinnig tussen haar bene deur – hy het geen breingolfpatroon wat herken kan word nie en weet hy moet sy kans gou waarneem. Maar Anna kan hom nie sien nie. Sy struikel en stamp haar toon hard teen sy onsigbare agterpoot.

      “Deksels!” roep sy vies uit.

      Haar ma hoor haar nie. Sy is verdiep in haar werk. Die hologram wat die beeld van die aarde in die middel van die skemer laboratorium uitbeeld, gloei met die groen en bruin kleure van die vastelande, die smaragblou van die oseane en die warrellende wit wolkemassas. Dit is die AardWag, ’n gesofistikeerde instrument waarop die beeld van omgewingsveranderinge dwarsoor ons planeet aangetoon word. Die professor sit op haar stoel wat op die silwer spoor rondom die AardWag gly.

      Anna stap tot reg onder haar en roep harder.

      “Ma! Weet Ma waar Ton is?”

      Professor Sabatina draai om op haar stoel. Haar silwergrys hare staan orent in alle rigtings en sy loer oor die silwer halfmaanraam van haar bril.

      “O, hallo daar, skattie!” Sy frons effens. “Ton? Nee … hy kom bykans nooit hierheen nie – sy werk is mos om na julle te kyk en die huis uit te sorteer. Is hy nie in sy kombuis nie?”

      Anna trek haar skouers op.

      “Kan Ma my dan help?” vra sy.

      “Wat is verkeerd?”

      “Wel, dis Brak …”

      “Brak? Waar is hy?”

      “Hy is hier.”

      Brak blaf. Die professor se oë soek na hom in die donker hoekies van haar laboratorium. Gewoonlik gee die dowwe fluoressensie van sy ooglense hom weg, selfs in stikdonker.

      “Ek sien hom nie?”

      “Presies! Hy is onsigbaar!”

      Professor Sabatina frons.

      “Ek het sy onsigbaarheidsprogram geaktiveer en …”

      “Ja, dit is moontlik. Ek verbeel my Uranus het vir hom die sagteware ingebou wat die materiaal waarvan hy gemaak is, kan laat ioniseer om die atome …”

      “Ma, net nie nou ’n wetenskaples nie, asseblief!” smeek Anna.

      “Dit is sekerlik niks ernstigs nie, liefie. Jy moet maar net weer die instruksies volg om die program om te keer en hom weer sigbaar te maak. Ek moet sê, dit werk nogal goed!” Sy kyk weer ’n keer of wat rond, maar draai gou weer terug na die AardWag. Anna kan sien dat haar ma reeds besig is om belangstelling in haar probleem te verloor.

      “Ek weet nie waar die aanwysings is nie, Ma. Ek het die boek verloor, en nou het ek nie meer die kode om die onsigbaarheidsprogram om te keer nie,” erken sy beteuterd. Sy verduidelik aan haar ma hoe dit gebeur het.

      Die professor sug.

      “Dit is tien teen een die werk van een van die reusekrappe wat daar woon,” sê sy. “Hulle doen dit: hulle soek rond na enigiets wat na kos lyk en sleep dit in hul gate in. Om een of ander rede hou hulle van plastiek, en jou boek is net klein genoeg dat een van die groter krappe dit kon wegsleep!”

      Anna lyk twyfelagtig.

      “’n Krap, Ma? Is jy seker?”

      “Nee, ek is nie seker nie, maar wat anders kan dit wees? Hier is niemand behalwe ons op die eiland nie.”

      Min dinge verbaas professor Sabatina se noukeurige wetenskaplike brein. Sy verstaan die wêreld deur al die feite in oënskou te neem en dan gevolgtrekkings te maak. In hierdie geval het daar ’n boekie in ’n plastieksak verdwyn op ’n strand waar daar niks anders

Скачать книгу