Anna Atoom en die magnetiese meermin. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anna Atoom en die magnetiese meermin - Elizabeth Wasserman страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
Anna Atoom en die magnetiese meermin - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

sit om ’n reusagtige slanghout-konferensietafel. Die rooibruin blad het ’n fyn grein en is so blink gepoleer dat die natuurlike swart vlekke in die hout lyk soos skaduwees op ’n spieël. Die blad weerkaats die stadsprofiel van New York wat buite die dakhoogte vensters van die groot vertrek sigbaar is.

      Die gesigte van die mense om die tafel reflekteer ook in die tafelblad. Dit is die direksie van GROEN: daardie internasionale agentskap wat wetenskaplikes en staatsmanne saamsnoer in ’n poging om ons planeet te bewaar. Elke persoon om hierdie konferensietafel is invloedryk op sy eie gebied: oseanografie, meteorologie, astrologie, hidrodinamika, molekulêre genetika, biochemie, astrofisika, die hele kaboedel. Almal lyk doodernstig en luister aandagtig na wat die beroemde wetenskaplike te sê het.

      “… en julle kan dus self die gevolgtrekking maak, here en dame,” – hy maak ’n vae gebaar in die rigting van doktor Migdol, die enigste vrou teenwoordig – “dat die admiraal ’n probleem geword het. ’n Gevaarlike probleem! Ek vrees dat die huidige staat van sy molekules sy brein nadelig beïnvloed. Mens kan ook verstaan hoe moeilik dit vir hom moet wees om so permanent van sy familie af weg te wees, vasgehok in daardie ruimtestasie. Al hierdie emosionele faktore, tesame met die vreemde molekulêre toestand waarin hy hom bevind sedert sy ongeluk …”

      Die skerp adamsappel in doktor Draak se seningrige keel ry soos ’n hysbak op en af. Hy knipper die lang rooi wimpers van sy ysbleek oë.

      Hy bly ’n rukkie stil om die effek van sy klaarblyklik oorweldigende emosies eers by sy luisteraars te laat insink. Dit is welbekend dat Uranus Draak en Abraham Atoom van kindsbeen af vriende was. Dit sal hom nie help as hulle vermoed dat hy, Uranus Draak, sommer goedsmoeds aanbeveel dat hulle ’n besluit neem om vir eens en vir altyd van admiraal Atoom ontslae te raak nie.

      Doktor Migdol is die enigste een wat twyfel aan hierdie stukkie toneelspel. Sy ken Uranus Draak te goed: sy weet dat hierdie man net aan een ding dink, en dit is die belangrikheid van sy eie werk.

      Sy verstaan dit goed. Sy is self ’n vooraanstaande wetenskaplike en sy weet dat dit ’n roeping is wat alle fynere emosies gou kan verteer. Sy stryk die lapelle van haar streng grys pak reg en druk aan haar bolla om seker te maak dat haar vaal hare steeds stewig vasgevang is in die greep van sewe bruin haarnaalde. Haar uiloë beskou Uranus van agter haar horingraambrilletjie. Die raam se boonste buitehoeke is gepunt en draai na bo – dit gee aan haar die voorkoms van ’n geslepe kat.

      Uranus sluk weer ’n paar keer. Dan gooi hy sy lang arms ter hemele in ’n dramatiese gebaar.

      “Ons mag hom nie verwyt nie! Ek smeek julle om met deernis aan hom te dink, en hom te onthou as die man wat hy voorheen was. Daardie groot, bebaarde liefhebber van die see, wat sy lewe daaraan gewy het om ons oseane te beskerm. Daardie wonderlike wetenskaplike brein …” Hier hou doktor Draak weer ’n oomblik op praat en kyk slu na die gesigte om die tafel, “daardie goeie wetenskaplike brein waarop ek dikwels staatgemaak het vir hulp met die minder ingewikkelde en geniale aspekte van my werk …” Hy wag totdat hy ’n paar koppe instemmend sien knik. Hy ignoreer die stram blik van doktor Migdol. Dan gaan hy weer voort.

      “Die admiraal is nou geestelik versteurd. Dit gebeur dalk makliker met briljante mense …” Uranus Draak se bleekblou vel verdonker in ’n blos van onwillekeurige skaamte. Iewers agter die man se woorde, in sy onderbewussyn dalk, iewers is daar nog ’n skerfie insig in sy eie gekheid wat hom nou diep laat bloos soos net rooikopmense kan.

      Niemand let dit op nie. Soos gewoonlik betower die boheemse wetenskaplike sy gehoor. Sy woorde, sy reputasie, die bottelgroen fluweelbaadjie en die dun rooi baard wat van sy ken af druip in twee lang, dun vlegseltjies – die hele verpakking van die man is fassinerend en bedwelmend.

      “Dit is alles die admiraal se skuld! Dit was hy!” bulder doktor Draak skielik en slaan met sy bleek hand dramaties op die slanghout.

      Dan bring hy weer sy emosies onder beheer.

      “Ons mag hom nie blameer nie. Ek smeek julle om hom genadig te wees en hom jammer te kry, soos ek, en om te verstaan dat hy dit nie kan help dat sy gedrag so onredelik geraak het nie. Ja, hy het sy sinne kwytgeraak! En dit is gevaarlik vir ons.”

      Hy druk met sy palms op die blink tafelblad en leun vorentoe sodat sy bleekgroen kykers nader kan kom aan sy gehoor. Hy kyk hulle een vir een deur, en soos ’n Mexikaanse golf begin die koppe om die tafel een vir een te knik. Selfs doktor Migdol kan haarself nie keer om ook ’n stramme hoofbuiging te maak nie.

      Uranus Draak het hulle nou in die palm van sy hand!

      Hy gaan sit op sy stoel en vryf sy baard se twee vlegsels vir ’n breukdeel van ’n sekonde. Hy trek sy lang gesig nog langer en laat sy skouers hang.

      “Ek stel dit aan u,” sê hy op ’n lae begrafnistoon, “dat ons, om die aandag van die media te vermy …”

      Die noem van die woord “media” laat die direksie ongemaklik op hul stoele rondskuif. GROEN loop dikwels deur onder die skerp penne van joernaliste. Iemand of iets moet geblameer word vir die siklone, aardbewings, droogtes en vloede wat deesdae al hoe meer voorkom. Dit is GROEN se taak om vroegtydig waarskuwings uit te reik rakende sulke gebeure, maar dit keer nie die media om te insinueer dat belastinggeld gemors word indien natuurlike rampe nie totaal voorkom word nie. Soos met die onlangse oorgroeiing van alge wat gedreig het om alle seelewe totaal te vernietig. Op skynbaar onverklaarbare wyse het daardie gevaar verdwyn (lees wat regtig gebeur het in Anna Atoom en die seerower se dolk), maar GROEN het sleg deurgeloop onder kritiek en mediapaniek.

      “Ons het geen ander keuse as om die admiraal uit sy RuimteArk na ’n veiliger plek toe te skuif nie, minstens tot hierdie bohaai oor die alge bedaar het!”

      Omdat die mense om die tafel nie regtig weet hoe om op hierdie voorstel te reageer nie, klap hulle liggies hande. Uranus leun terug in sy stoel. Hy gloei van selftevredenheid. Hy het dit so pas reggekry om die skuld vir die alge-oorgroeiing op die admiraal se skouers af te laai. Aangesien sy briljante brein geen plek vir ’n gewete het nie, pla dit hom nie dat sy ou vriend nooit die ware gebeure oorvertel het aan hul kollegas nie, juis om hom, Uranus, te beskerm. Dit was immers Uranus wat die hele alg-storie veroorsaak het! Hy wou die ekologiese balans so versteur dat miljarde mense sou sterf, en die natuur weer ’n kans sou kry om die planeet terug te win.

      Dit is sekerlik nie verbasend dat so ’n gewetenlose man sy beste vriend beswadder nie. Uranus kan nie toelaat dat die admiraal ooit weer in die toekoms sy planne fnuik nie. Hy moet ontslae raak van hom!

      Meneer Amsterdam, die baas van GROEN, staan op om iets te sê.

      “Dame en here, u het gehoor wat ons gewaardeerde kollega sê. Ons stem almal saam dat ons organisasie te kosbaar is om ’n bedreiging van binne toe te laat. Ons werk is te belangrik: die toekoms van die aarde is in ons hande. Ek is bevrees dat ek doktor Draak moet ondersteun. Ons weet almal dat hy en die admiraal ou vriende is, en ons kan dus aanvaar dat hy hierdie beskuldigings teen Abraham Atoom nie ligtelik maak nie.”

      Uranus sug en laat sy kop dramaties in sy hande sak.

      Wat ’n akteur! dink doktor Migdol skepties.

      “Wat meer is,” gaan meneer Amsterdam voort, “ek is al lank onrustig oor die lojaliteit en betroubaarheid van die admiraal se vrou, professor Sabatina Atoom!”

      Die direksie sit verbaas regop. Professor Sabatina is ’n gewaardeerde kollega. Haar wetenskaplike reputasie is onkreukbaar. Meneer Amsterdam skud sy kop en trek sy bolip nog langer. Die man lyk sowaar verbasend baie na ’n dooie harder! dink doktor Migdol.

      “Ek

Скачать книгу