Bloedgrond. Malene Breytenbach

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Bloedgrond - Malene Breytenbach страница 14

Автор:
Серия:
Издательство:
Bloedgrond - Malene Breytenbach

Скачать книгу

het, dink Erin suur. Ná middagete sal hulle terugry Pretoria toe, weer in gespanne stilte, die hele lange pad. Sy sal teruggeneem word na haar huis en Ferdie sal vertrek na sy hotel. Hul onderskeie lewens. Dan gaan sy die skeisaak aanhangig maak.

      Sy wens die naweek is al verby.

      6

      Andrew staan agter sy hek en kyk na die stof wat die voertuie agterlaat. As daar nou een man is wat hom die wetter in maak nog voordat hy sy bek oopgemaak het, is dit daardie dienspligontduiker Mac MacFarlane, die kastig “briljante” dokter, soos sy ma altyd spog. Van jongs af het hy natuurlik alles gekry wat hy wou hê, enigste seun, ouers welvarend. Hy kan nie verstaan hoe iemand soos Sylvia só ’n seun kan hê nie. Hy het Lothian geërf, en as Annendale nie afgevat word nie, kry hy Annendale ook.

      Daardie seun van Mac is ook ’n klein snotkop. Mac brag altyd met sy seun, sy perde, sy fokken alles. Altyd beter as ander mense. Gebore met die goue lepel, die pad net altyd reguit voor hom uit. Hy sal dit like om daardie lepel in sy keelgat af te druk. Mac het nie nodig gehad om te veg vir ’n bestaan nie en hy het nog nooit armoede geken nie.

      Eintlik haat hy die man. En veral sy seun. Vir daardie bedorwe klein doos sal hy darem graag ’n slag wil opfok. Veral nadat hy een keer gesien het hoe hy die perd slaan omdat hy hom oor die draad wou laat spring. Hy sal sy tjank aftrap. Hy sal sy cool afstroop soos mielieblare van ’n stronk. Dis tog so jammer hy neem nie skiet- en veldlesse by hom soos die Ermelo-seuns nie.

      Waarom Jack Bell, van wie hy regtig hou, met dié klein stront bevriend is, kan hy nie verstaan nie. Irriteer hy nie die kak uit hom uit nie? Hulle verskil hemelsbreed. Jack se voete is op die aarde en hy werk hard. Dis die soort seun wat ’n man wil hê, nie ’n verdomde klein playboy nie. Sy mooi sussie wat nou so oud is soos Margie toe sy vermoor is, is natuurlik ook verlief op die klein fokker van ’n Ewan junior. Sy sal nog haar gat sien as sy nie oppas nie. Ewan naai seker al lekker onder die jong hoertjies van Pretoria. Die soort wat hulle skoolrokkies te kort dra en net altyd seuns soek. Wat suip, saag en party vir ’n wen en ’n plek, en drugs gebruik.

      Andrew hou nogal van Ferdie, al lyk hy soos ’n nerd. Hy het skaars ’n woord gesê. Hopelik is hy slim genoeg om almal teen die fokken Malazas se belaglike eise te beskerm. So, dis die man met wie Erin, kleinboetie James se ou meisie, uiteindelik getrou het. Sy en James sou seker getrou het, as hy nie so wreed vermoor is nie. Al is sy reeds in haar dertigs, is sy nogal ’n lekker stukkie.

      Hy moes self nooit getrou het nie. Sy dogter wil hom nie sien nie en sy eksvrou haat hom, maar sy het seker genoeg rede. Dit was nie maklik om met ’n soldaat getroud te wees nie.

      Alles wat verkeerd gegaan het, het hom hierheen gelei, en hier moet hy dit kom regmaak.

      7

      Alfred Malaza sit op sy gunsteling-gemakstoel in sy sitkamer en drink sy bier. Hy kyk na sy ouer broer, Ngafane, wat lekker agteroor sit en ontspan, bier in die hand. Ngafane het met sy tweedehandse geel Toyota uit Egoli gekom, waar hy op die myne gewerk het en ’n belangrike man in NUM geword het. Hy het teruggekom met ’n plan en gesê hulle Malazas, hy, Alfred, Enoch, Mandla en Silas, moet die grond wat aan die Swazi’s en aan die Malaza-familie behoort, van die Boere terugkry. Hulle moet ’n familietrust stig en eise instel vir die plaas Misty, wat aan Bob Bell behoort en waar hul neef Mandla die voorman is, en vir die plaas Annendale, wat aan mrs MacFarlane behoort, waar hul neef Silas die voorman is. Waar hul mense begrawe lê, waar hul pa, Sipho, begrawe lê. Ngafane sal alles reël met die hulp van ’n prokureur.

      Nou praat hulle weer daaroor, stry en redeneer van voor af.

      “Enoch is ’n polisieman en jy is ’n speurder,” sê Ngafane. “Ek is ’n vakbondman. Ons is nou belangrike mense, nie plaasarbeiders nie. Ons het ’n reg op die grond waar ons gebore is en grootgeword het. Dit is net plantasies wat daar op Annendale is. Net een wit man bly daar en dis Buchanan.”

      “Hy is ’n gevaarlike man, veral oor wat met sy mense gebeur het. Jy moet oppas vir hom,” waarsku Alfred sy broer.

      “Ja, hy is gevaarlik, maar as die grond ons s’n is en hy is daar weg, is die gevaar verby.”

      Alfred is nie oortuig nie: “Wat is die kans dat ons Annendale of Misty sal kry? Daardie plase behoort al soveel jare aan die Bells, Duncans en MacFarlanes. Hulle gaan dit nie sommer vir die Malazas gee nie.”

      “Dis die nuwe Suid-Afrika en die grond behoort nog steeds aan hulle,” stry Ngafane. “Ons president moet maak soos Mugabe. Gooi die wit boere van die plase af en vat dit terug. Dit het altyd aan ons behoort voordat die settlers gekom het.”

      “Dit gaan nie goed in Zimbabwe nie en ons president is nie Mugabe nie. Hier sal ons dit nie so maklik regkry nie.”

      Ngafane word kwaad vir hom. “Jy is altyd te versigtig oor jy ’n speurder is en dink jy wil binne die wet lewe. Die ou wette moet verander word. Die wittes was lank genoeg bevoorreg. Ons was in ’n plaasskool, waar ons net slegte Bantu Education gekry het. Daardie wit kinders het na ’n goeie skool op Ermelo gegaan. Ek moes Egoli toe gaan en op die myne gaan werk. Hulle is universiteit toe.”

      “Ja, maar jy moes gaan,” herinner Alfred hom. “Jy kon nie hier bly nie.”

      Ngafane kyk hom onderlangs aan soos hy altyd maak as hy nie hou van wat hy sê nie. “Ek was in elk geval nie van plan om ’n plaaswerker op een van die plase te word nie, maar hoe sou ek dit kon bekostig om universiteit toe te gaan met my Bantu Education wat so swak was dat ek nooit toegelaat sou word nie? Toe moes ek my gat af werk by Rand Mines.”

      “Jy het ten spyte van min geleenthede ’n sukses van jou lewe gemaak,” sê Alfred vir hom. Ngafane wil dit altyd hoor.

      Ngafane krap sy kop en glimlag. “Ja, jy kan so sê. Mense respekteer my. Ja, ek het die beste gedoen wat ek kon onder apartheid. Ek is ’n vakbondman en daar het ek baie geleer. Ek was hoog op in die National Union of Mineworkers. Ons het driehonderdduisend lede en is die grootste geaffilieerde van Cosatu.”

      Hy hou daarvan om daaroor te praat en te spog, en Alfred luister altyd geduldig, al weet hy dit alles lankal.

      “Nadat NUM in 1982 gestig is, het ons suksesvol gestry teen job reservation wat gemaak het dat die wittes die jobs met die meeste geld kry. Daar het ek al die besluit geneem dat ons grondeise ook moet instel.”

      “Die grondeise is anders as om teen job reservation te baklei,” stry Alfred.

      “Suka wena. Ons mense is al fokken lank in Nieu-Skotland. Van die tyd van koning Mbandzeni wat so graag grond en konsessies aan die wittes gegee het, maar van hulle net gin, ’n paar beeste, krale of ander kak gekry het. Fokken isigebengu – skelm! Ons voorouer moes uit Swaziland trek, want daar was nie genoeg grond nie en hy het gaan bly waar die Skotte kom bly het. Die grens tussen Swaziland en die ou Transvaal is deur die colonisers getrek, die Britte en die Boere. Toe woon daar baie Swazi’s aan weerskante van die grens, en toe die wittes se voorouers plase gekry het, moes baie van die Swazi’s slawe word op die grond wat eers aan hulle behoort het. Hulle is gedwing om vir die fokken Boere te werk.”

      “Ja, dit was nie reg nie,” moet Alfred saamstem met die ou storie.

      “Die koning het gesê ons mense moet sê hulle werk vir hom en nie vir die Boere nie, maar baie Swazi’s is verplig om labour tenants te word en soos slawe teen min loon te werk.”

      “Maar ons voorouer het ’n uitval met koning Mbandzeni gehad en hy moes wegtrek na

Скачать книгу