Swartskaap. Odette Schoeman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Swartskaap - Odette Schoeman страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Swartskaap - Odette Schoeman

Скачать книгу

ction>

      

      Swartskaap

      ODETTE SCHOEMAN

      KWELA BOEKE

      Vir Franco en Llewelyne

      Proloog

      Ek gee die zol vir my boetie terug en kyk hoe hy dit stewig tussen sy duim en wysvinger vasvat voor hy dit na sy mond toe lig. Sy oë is op skrefies en sy wange trek hol terwyl hy die rook diep in sy longe intrek, ’n rukkie inhou, en dan stadig uitblaas.

      Hy herhaal die proses ’n paar keer terwyl hy plat op sy rug op die sitkamermat lê, sy blik nikssiende op die plafon. Ek sit ook op die mat, my rug gestut teen die enigste bank in sy sitkamer. Die kenmerkende soet geur vul die lug en ek wonder bekommerd of die bure dit nie sal ruik nie.

      “Al die vensters is toe,” sê Christoff asof hy my gedagtes kan lees.

      Ek hou hom geamuseerd dop soos hy rook.

      “Vir alles onder die son is daar ’n tyd. ’n Tyd om te lewe, en ’n tyd om te sterwe. ’n Tyd vir oorlog, en ’n tyd vir vrede,” mompel hy, sy blik nog steeds op die plafon.

      “’n Tyd om te kom, en ’n tyd om te gaan,” las ek by.

      “Daai Prediker het die lewe verstaan. Hy was beslis ’n roker,” sê Christoff, trotse herkenning in sy stem.

      Ek knik. ’n Partner in crime word altyd met ope arms ontvang. Selfs duisende jare later.

      “Maar helaas, alles is ’n gejaag na wind,” sug ek dramaties.

      “And it seems to me that you lived your life like a candle in the wind, never knowing who to cling to when the rain set in . . . ”

      Sy vals singstem laat my onbeheers giggel. “Dalk het die Prediker eerder Prozac nodig gehad.”

      “Ek wonder hoe sou hy dit gestel het as hy op Prozac was? Alles is ’n gejaag na wind . . . heehaa!” antwoord Christoff.

      “Die lewe is ’n lied – sing, jou bliksem, síng!” lag ek.

      Ons giggel vir ’n rukkie saam en dan raak dit weer stil tussen ons. My blik dwaal deur die silwerskoon, karig gemeubileerde vertrek. ’n Stewige swart leerbank, ’n groot plasmaskermtelevisie en ’n staanlamp is die enigste meubels. My boetie is ’n armgat met duur smaak.

      In die hoek staan ’n paar onuitgepakte bokse. Bo-op lê ’n stapel boeke. Ek probeer van die titels uitmaak, maar dis al skemer en ek is nie lus om op te staan en die lig aan te skakel nie.

      Voor die venster teen die oorkantste muur hang ’n helder oranje laken. Hoe lank bly hy al in hierdie woonstel? wonder ek meteens verbaas. Dit moet al amper ’n jaar wees. As jy na die kaal mure kyk, sal jy nooit sê hy’s ’n fotograaf wat al goed naam vir homself gemaak het nie.

      Die enigste versiering in die woonstel is ’n groot plakkaat van die 9/11 twin towers, met die son wat presies in die middel tussen die twee torings deur skyn. Bo die torings staan daar in groot swart letters: Imagine no religion.

      Ja . . . Hoe ver moet die ordinary mens loop, hoe diep moet die ordinary mens swem, hoe laag moet die ordinary mens daal, hoe hoog moet die ordinary mens klim om wérklik no religion te kan imagine? John Lennon is omtrent twee jaar ná my geboorte doodgeskiet. A brilliant madman, het die koerante hom genoem.

      “Hoe laat dink jy gaan Bennie en Theuns hier wees?” vra Christoff skielik.

      “Seker nou enige oomblik.”

      “Miskien bring hulle jou ma en Alfie saam.”

      “Moenie simpel wees nie, man! Daar’s nie ’n manier wat Bennie óf Theuns my ma sal saambring nie. Hulle wil nog minder met haar te doen hê as ek. Miskien nog vir Alfie, maar beslis nie my ma nie.”

      “Wat is ’n reünie nou sonder ’n ma?” lag Christoff.

      “Vreedsaam. Ek het dit ter wille van Bennie gereël, nie vir my ma nie. Die ou kry maar swaar met sy egskeiding.”

      “Lorraine het seker nie kans gesien vir ’n man in ’n rolstoel nie.”

      “Ja. Gelukkig dat hy nou by Theuns kan gaan bly – sy praktyk doen baie goed.”

      “Wanneer laas het jy van jou ma en Alfie gehoor?”

      “Ek het Alfie nou die dag gesien. Hy’t met ’n bord om sy nek by die William Nicol-afrit gestaan en bedel. Hy het sleg gelyk, nes ’n hobo. Dit was nie lekker om te sien nie.”

      “Shame, man. Het jy vir hom geld gegee? Het julle gepraat?”

      “Nee, ek het niks geld by my gehad nie. Toe duck ek maar agter die stuurwiel in dat hy my nie moet sien nie.”

      “Sies, Claudie!” sê Christoff geskok.

      “Wat anders moes ek doen? Weet jy hoe sou hy gevoel het as hy sien hier ry sy suster in ’n BMW verby en sy gee hom nie eens tien rand nie?”

      “Maar jy kon darem met hom gepraat het.”

      “Dit was spitstyd; ek kon nie stop nie. Wat sou ek in elk geval vir hom sê? Nice om jou weer te sien ná soveel jare? Where have you been all this time? Ek dink as hy my gesien het, sou dit meer embarrassing vir hom gewees het as vir my.”

      “En jou ma? Wat hoor jy van haar?”

      “Ek het so ’n ruk terug by haar ’n draai gaan maak. Sy het net so sleg gelyk. Verwaarloos. En sy het oud geword.”

      “Is sy weer getroud?”

      “Nee, sy’s alleen. En nie een van haar kinders wil haar eens sien nie. Moet bad wees om op só ’n manier oud te word.”

      “Ja,”sug Christoff. “Wat het jy dan by haar gaan soek?”

      “Ek weet nie. Closure, dink ek.”

      “Het jy dit gekry?”

      “Soort van.”

      “Dink jy Pa is gelukkig in die tehuis?”

      “Ek weet nie, Poena. Hy het Alzheimers. Hoe gelukkig kan iemand met Alzheimers wees? Vergéét jy nie dat jy veronderstel is om gelukkig te wees nie?”

      “Ook weer waar. Ek’t altyd gedink Alzheimers is ’n oumenssiekte.”

      “Pa is mos oud.”

      “Hy’s nog nie eens sestig nie.”

      “Hulle noem dit dementia in mense jonger as sestig. Different word, same thing.”

      “Gaan kuier jy vir hom?”

      “Nee. Ek’t hom laas op Ouma se begrafnis gesien.”

      “Hoe oud is jou seuntjie nou?”

      “Matthew is ses. Lyk op ’n haar soos Andries.”

      “Het Pa hom al gesien?”

      “Nee. Wanneer laas het jy vir Bennie

Скачать книгу