Swartskaap. Odette Schoeman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Swartskaap - Odette Schoeman страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Swartskaap - Odette Schoeman

Скачать книгу

nader bly, sal ek hom seker meer sien. Hoe hanteer hy dit?”

      “Hy maak of hy baie positief is, maar ek kan sien hy vat dit eintlik sleg. Hy gaan elke dag verder agteruit.”

      “En jou ma gee nie om nie?”

      “Lyk nie so nie. Sy’t eenkeer vir my gesê sy kan nie wag dat hy op sy gat moet rondkruip nie.”

      “Maar dis tog haar kind!”

      “So? Ons is álmal haar kinders, en kyk wat het sy met die res van ons gemaak.”

      “Dis snaaks hoe ons lewens uitgedraai het, nè?” sê Christoff met die wysheid van ’n ou man in sy jong stem.

      “Ja. Maar miskien het almal uiteindelik net gekry wat hulle verdien het.”

      “Het jy enige regrets? As jy jou lewe kon oorhê, sou jy enigiets anders wou doen? Of anders wou hê?”

      “Absoluut niks.”

      Hoofstuk 1

      In the beginning the Universe and everything in it was created. This has made a lot of people very angry and has been widely regarded as a bad move.

      DOUGLAS ADAMS

      Die moeilikheid het begin nog lank voor die oggend toe ek gebore is. Ek het nie geweet waarin ek my begewe nie. Ek was onskuldig én onwelkom. My ma en pa was natuurlik die twee culprits. Onwillig en moedswillig. Vinkel en koljander.

      “Ek was al besig om te kraam, toe wou jou pa nog eers sy hare blow-wave voor hy my hospitaal toe vat,” verwyt my ma my tot vandag toe wanneer sy ook al die geleentheid kry.

      Al is my pa vandag ’n ou man met Alzheimers, is hy nog steeds ’n bietjie vain, so ek glo haar.

      “Jou ma het jou probeer aborteer terwyl sy met jou swanger was. Sy het ’n bottel brandewyn uitgedrink terwyl sy in ’n vuurwarm bad gelê het, en daarna het sy aanhoudend van die kombuistafel gaan afspring,” het my pa eenkeer vertel.

      My ma was nog altyd ’n bietjie mallerig; sy het ’n donker, kreatiewe streep. Ek moes my hele kinderlewe hoor hoe haar kinders se geboorte haar lewe vernietig het, so ek glo my pa ook oor haar D.I.Y.-aborsie.

      Maar die Here het my aan hulle toebetrou, soos vir Benjamin aan Fiela Komoetie, en ek het geklou soos ’n neet. Dit sou nog jare vat voor ek ook skuldig geword het, terwyl die onwelkom-voel so deel van my geword het dat ek régtig onwelkom sou voel daarsonder.

      Om onwelkom te voel, of om jouself te vertél dat jy onwelkom is, is soos ’n pantser tussen jou en die res van die wêreld. Ek was nie bedoel om hier te wees nie, so ek het niks met julle kak uit te waai nie! Ek dink dis hoe rebelsheid en snobisme in die eerste plek ontstaan het: deur onwelkom te voel. Snobisme is ’n meer volwasse vorm van rebelsheid. Vir my, in elk geval. Die klein rebel het grootgeword. Sy is nou ’n snobis.

      My ma en pa was nie jou ordinary ma en pa nie. Maar om te verstaan wie hulle vandag is, moet jy eers weet waar hulle vandaan kom en in watse tye hulle grootgeword het. Hulle is al twee in die 1950’s gebore, in brandarm huise aan die verkeerde kant van die treinspoor, en al twee se pa’s was alkoholiste. So jy kan maar sê teen die tyd dat hulle mekaar as tieners in die hippie-era ontmoet het, het hulle reeds baie in gemeen gehad.

      My ma is een van dertien kinders: agt dogters en vyf seuns. My oudste boetie, Bennie, het ’n teorie oor haar donker, kreatiewe streep. Hy sê ’n mens kan nie geboorte gee aan dertien kinders en verwag dat almal normaal sal wees nie. Die wet van gemiddeldes waarborg nie almal se normaliteit nie. Ná vyf raak dit risky. Ná agt raak dit hoogs gevaarlik. Ná tien is dit fataal. My ma is die dertiende kind.

      Die laaste paar van my ma se broers en susters is inderdaad ’n bietjie snaaks. My boetie Theuns verwys na hulle as “those we don’t speak of”. Verder staan hulle onder die res van die familie bekend as “die aartappels” – ek probeer nog uitfigure hoekom.

      My pa het ook ’n teorie oor die aartappels. Hy sê my ouma- en oupagrootjie was niggie en nefie, en die bloedskande slaan deur in die tweede geslag. Dit het my ’n bietjie laat worry, want ék het gehoor enige sondes wat jou voorvaders gepleeg het, slaan deur tot in die derde en vierde geslag. Maar ná amper dertig jaar kan ek nou met sekerheid sê ek is normaal. Onwelkom maar normaal.

      Die twaalfde kind in my ma se gesin is tannie Nina. Sy het die grootste gedeelte van haar lewe in die tronk deurgebring vir diefstal. Sy het my niggie Donna as kleuter al leer steel. Donna het nog skaars verstand gehad, dan sou tannie Nina randomly ’n handsak op die strand kies en vir Donna sê: “Dáár lê my handsak, gaan haal hom gou, asseblief.”

      Vandag het Donna ’n formidabele kriminele rekord en tannie Nina word vermis.

      My oom Dawie, die elfde kind, het sy eie groottoon bietjie-bietjie afgekap met ’n graaf oor hy gedink het hy het gangreen. Niemand het ooit bevestig of dit regtig gangreen was nie.

      Dieselfde oom het eenkeer die plaveisel van mense se oprit met ’n hamer opgekap terwyl hulle op vakansie was. Hy was glo maande tevore in die kontrakteerspan wat die plaveisel gelê het, en hy het ’n tweerandstuk in sy sak gehad toe hulle begin het. Hy het die tweerandstuk verloor en hy was seker hy het dit daar laat val. En toe die nood druk, wel . . .

      Die res van die stories wat ek oor die aartappels gehoor het, is almal min of meer in dieselfde trant. Intussen bly hulle those we don’t speak of.

      Ek het nooit enige van my alkoholis-oupas geken of gesien nie. Ek het wel my ma se ma, ouma Grové, een keer gesien. Sy was ’n mislike, bemoerde tannie wat gemaak het of sy my nie raaksien nie. Sy is kort voor my vierde verjaarsdag dood aan baarmoederkanker.

      Jy kan maar sê my lewe het op driejarige ouderdom begin. En geëindig. En weer begin. Dis in elk geval waar hierdie storie begin – in 1982. Die jaar waarin my eerste ouma dood en my enigste pa tronk toe is.

      My oupa aan vaderskant is die rede waarom my pa tot vandag toe nie ’n druppel drank oor sy lippe laat gaan nie. My oupa was glo bitterlik beneuk en het my pa-hulle – hy het ’n ouer en ’n jonger sussie – geslaan tot die bloed loop. My oupa het hom dood gedrink nog voor ek gebore is.

      My ouma aan vaderskant was die enigste ouma wat ek geken en liefgehad het. Sy was ’n goeie mens. My lewe lank was sy maar altyd êrens op die agtergrond. Gereed, altyd gereed met wat sy ook al kon bied. Sy is in 2002 oorlede op die rype ouderdom van twee-en-tagtig jaar. Sy het stil en sonder enige drama of opskudding gegaan, soos haar hele lewe was.

      My ma is vandag ’n bitter tannie wat God help om ander mense se sondes op te skryf. Veral dié wat sy dink teen háár gepleeg is. Vir in case iets dalk per ongeluk uit God se boekie weggelaat word. Sy het vertroue-issues.

      ’n Dokter het gesê my ma is skisofrenies en het vir haar pille voorgeskryf wat sy nooit wou drink nie. My pa het gesê geen pil sal anyway help nie, maar volgens my ma laat Valiums en Syndols haar altyd beter voel.

      Ek dink ek het my normaliteit van my pa se kant gekry. Nie direk van my pa nie, maar dalk van my ouma. My pa het altyd gesê ek het my ma se breins geërf, want hy het nog al syne. Dan sou ek sê ek weet nie waar ek my looks vandaan kry nie, want dít run definitief nie in die family nie. Dit was maar altyd ons private joke – die min kere wat ons ooit met mekaar

Скачать книгу