Nooit is 'n lang, lang tyd. Anchien Troskie

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Nooit is 'n lang, lang tyd - Anchien Troskie страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Nooit is 'n lang, lang tyd - Anchien Troskie

Скачать книгу

verkies om die opmerking te ignoreer. “Dalk moet ek maar op die plaas my batterye gaan herlaai, tyd saam met Darius en sy gesin deurbring.”

      Magrieta plaas hulle bestellings voor hulle neer. “Lekker eet!”

      Die probleem, dink Daleen, is dat sy op die plaas nog steeds bereikbaar is. Deur haar pasiënte, die hospitaal, haar lover. Verál haar lover . . . Nee, as sy ’n deurdagte keuse moet maak, moet sy wegkom.

      Maar twee weke op haar eie is lank, té lank. Sy sal van haar verstand af gaan. Miskien . . . Sy kyk vinnig na Karien en Amelia. Miskien is dit net wat ons almal nodig het: ’n wegkomkans van die alledaagse roetine. Karien het duidelik ’n vakansie nodig, daarvan getuig haar senuagtigheid. En Amelia kan doen met ’n bietjie wegkom van die plaas.

      As hulle saam met haar gaan, sal sy dalk nie tyd hê om té veel, té lank te tob nie. Dalk word haar besluit hierdie een keer deur haar hart geneem en nie deur haar verstand nie. Maar wat as hulle saamgaan en sy juis as gevolg daarvan nie ’n keuse kan maak nie? Besluit met jou hart, Daleen, berispe sy haarself, en nooi hulle.

      “Ek het ’n plan,” sê sy dus voor sy van besluit kan verander en sit haar mes en vurk op haar bord neer. “Kom saam met my op vakansie. Wanneer laas was ons drie saam weg? Noudat ek daaraan dink: wás ons al saam weg? Toe, dit kan pret wees. Ons ry rustig, slaap op klein plekkies langs die pad oor, tot in Jeffreysbaai, waar ons ’n paar dae bly. Nie een van julle was al in Jeffreysbaai nie, wat, terloops, ’n skande is. Ek wil julle gaan wys hoe dit daar lyk.”

      Sy sien die twyfel in albei se oë. “Toe, kom saam, dit sal lekker wees! Karien, jy het so pas gesê jy kan nie eens meer onthou wanneer julle laas weg was nie, en jý, Amelia, gaan nóóit weg nie! Ek wil tog nie op my eie vakansie hou nie.”

      “Ek dog jy wil na Darius toe gaan?” vra Karien.

      “Ag, by Darius is ek steeds bereikbaar,” sê Daleen vinnig. “Ek het pas besluit dat ek Jeffreysbaai toe wíl gaan. Ons drie. Toe nou, kom saam!” Sy het haar vriendinne nodig terwyl sy hierdie groot besluit moet neem. Al is hulle nie eens bewus daarvan nie.

      Karien kou nadenkend aan ’n hap blaarslaai. “Die kinders kán bietjie by my ma kuier, hulle sal dit geniet. My ma ook.” Sy bly ’n oomblik stil, laai haar vurk weer vol. “Dawid sal dit ook geniet om ’n paar weke se vryheid van vrou en kinders te hê,” sê sy sinies. “Count me in!”

      “Hoe lank is jou verlof?” vra Amelia.

      “Twee weke. Toe, man, Gert sal nie omgee nie,” sê Daleen.

      “Sjoe, dis lank. Gert sal dalk nie omgee nie, maar ek weet nie of ek hom so lank alleen kan los nie.”

      “Hoekom nie? Is hy siek?” Karien se wenkbroue is ’n reguit lyn van verontwaardiging.

      “Nee, man! Dis net . . . jy weet . . .” Amelia gooi haar hande hulpeloos in die lug.

      “Amelia,” sug Karien terwyl sy vertroostend oor Amelia se arm vryf, “jy mag maar asemhaal sonder Gert. Hy weet dit, óns weet dit. Dis tyd dat jy dit ook besef. Kom saam. ’n Vakansie in Jeffreysbaai is net wat die dokter voorskryf.” Sy kyk laggend na Daleen. “No pun intended!”

      “ ’n Vakansie ís dalk net wat ek nodig het,” sê Amelia. “Goed, julle het my oortuig, ek sal dit met Gert bespreek.”

      “Nie ’n vakansie nie, ’n rusreis,” korrigeer Daleen. “ ’n Reis met die doel om te rus.”

      En om keuses te maak, voeg sy in haar gedagtes by toe sy opstaan en hul rekening by Magrieta gaan betaal.

      Karien

      “Ek gaan julle ongelooflik baie mis,” sê Karien gesmoord in Dawie se nek toe sy hulle voor die skoolhek groet. Hy ruik nog na bába, dink sy verstom, nie na die sewejarige wat hy is nie.

      Marli druk tussen hulle in, slaan haar skraal armpies om Karien se middel. “Ek gaan vreeslik baie verlang,” sug sy, “maar Mamma moet gaan om Mamma se kop oop te kry, nè?”

      Haar oë is vol wysheid op Karien gerig. Karien dink soms dat dié kind van haar oud en wys gebore is; sy’s baie meer volwasse as haar tweelingbroer.

      Karien hurk voor die twee. “Is dit wat Ronel sê?”

      Hulle knik ernstig.

      “Ronel is reg, almal moet soms hulle koppe skoonkry.”

      “Selfs mammas?” vra Dawie, sy blou oë stip op haar gerig.

      “Ja, selfs mammas.”

      “Kom nou, Ma, netnou is ek laat!” roep Ronel uit die motor.

      Karien gee die kleintjies ’n laaste druk. “Nou toe, julle beter draf. Onthou, Ouma sal julle ná skool kry. Wag by die hek, sy sal saam met julle oor die pad stap.”

      Sy kyk hulle agterna toe hulle wegstap na waar die ander graadeentjies staan en wag.

      Toe hulle ’n rukkie later voor die hoërskool stilhou, bly Ronel in die motor sit.

      “Ek sê nog steeds Ma moet skei. As dit mý man was, sou ek.” Sy kyk uit oor die speelgrond. “Baie van my klasmaats se ouers is geskei en hulle cope, so Ma hoef nie te worrie oor ons nie.” Sy draai skielik na Karien, wat haar verstom aankyk. “Ek wens ek kon hom haat, maar ek kan nie, hy’s my pa.”

      Karien trek haar dogter styf teen haar vas. Soos bykans elke dag is sy verbaas oor die vroulike rondings wat die veertienjarige lyf reeds kry. Sy weet sy moet sê dis reg dat Ronel haar pa nie haat nie, maar sy is onmagtig om die woorde oor haar lippe te kry. Daarom laat sak sy net haar ken op haar dogter se blonde hare. “Ek is lief vir jou,” sê sy gesmoord.

      “En ek vir Mamma.” Dan onthou Ronel skielik waar hulle is en maak haar vinnig uit die omhelsing los. “Ek sal hom nooit kan haat nie, maar ek mag mos vir hom kwaad wees, of hoe?”

      Karien knik. “Ja, ek dink jy het die volste reg om vir hom kwaad te wees.”

      Hulle kyk op toe daar aan die ruit geklop word. Ronel se vriendin waai glimlaggend vir hulle. Ronel gee Karien ’n vinnige soen op die wang en klim uit. ’n Paar treë weg steek sy egter vas, kom dan teruggehardloop.

      “Ek’s lief vir jou, Ma, geniet jou vakansie en moenie oor ons bekommerd wees nie!” sê sy deur die venster.

      Karien wag dat die wasigheid voor haar oë heeltemal weg is voor sy die motor aanskakel en na haar ma se huis ry. Daar maak sy eers seker dat alle tekens van weemoed uit haar oë is voor sy uitklim. Sy sleep die kinders se tasse teen die stoeptrappies op.

      Irma staan in die voordeur vir haar en wag, haar indrukwekkende grys bolla onberispelik soos altyd. “En?” vra sy toe sy een van die tasse by Karien vat.

      “En wat?” verweer Karien, terwyl sy sorg dat haar blik afgewend bly.

      Sy sal versigtig moet wees. Haar ma is baie dinge, maar sy is nie dom nie. Onderskat enigiets, het Irma haar geleer, maar nooit iemand se intelligensie nie. Haar ma mag nie nou al weet nie.

      “Gaan ons koffie drink?” vra Irma toe hulle die tasse in die gastekamer neergesit het.

      Karien

Скачать книгу