Die ander vennoot. P.J Haasbroek

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die ander vennoot - P.J Haasbroek страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Die ander vennoot - P.J Haasbroek

Скачать книгу

hoer-na-luste?” het Pretorius toe gespot.

      Nie dat die Duitsers se beroepe veel verskil sal maak nie; wanneer hulle eers in die veld is, laat almal hul hare hang. John het ondervinding daarvan. Van hom kom die insig dat jy snags naderhand nie weet teen wié jy jou tent moet toehou nie: hiënas of die jagse vroumense. Maar dis ’n oordrywing, weet Pretorius; hulle is nog selde deur hiënas lastig geval.

      Gelukkig is hierdie toergroep beter gebalanseerd. Gotschalk is aan ’n universiteit verbonde; Schiele het sy eie besigheid.

      Die eerste passasier wat op John se bordjie reageer, is Anchen – ’n klein donkerkop wat ’n groot rugsak dra. Haar ronde boudjies wip beurtelings in die lang bont katoenromp. Sy stel haarself voor en Pretorius onthou dat sy in haar aansoek gemeld het dat sy ’n artikel oor “Namibië” se politiek wil kom skryf.

      “Dis nie ’n politieke toer nie,” het hy toe beswaar gemaak. “Ons gaan mos nie juis mense sien nie.”

      Vir John was dit nie ’n probleem nie. “Ons twee vertel haar sommer wat sy wil weet.” Niks is ooit vir John ’n probleem nie.

      Toe Pretorius haar hand skud, staar sy hom verwonderd aan. “Is jy regtig?”

      “Regtig wat?” vra hy uit die veld geslaan.

      “Só groot. Jy lyk behoorlik soos ’n olifantjagter met jou kakieklere en hoed. En sulke dik voorarms. Seker van kliënte oor vol riviere dra.”

      Dit laat hom grinnik. Vol riviere in Suidwes? Mense het soms snaakse idees oor die land. En erger, oor hóm.

      Hy vertel haar dat hy vir die logistiek van die safari sorg. Hy dra die toerusting en voorrade rond. “Soms kom daar olifante in ons kamp in, dan jaag ek hulle weg,” oordryf hy ’n bietjie.

      “Ek glo dit!” sê sy.

      Karl Schiele en sy vrou is albei groot, blond en in hul veertigs. Nuwe safaridrag en oprygstewels – die standaard Out of Africa-uniform. Bausch & Lomb-verkykers, en aan elkeen se gordel ’n veeldoelige Switserse weermagknipmes in ’n leersakkie.

      Frau Renata Schiele vul haar kakiebroek en -hemp soos ’n styfgestopte wurst. Haar man maak ’n grappie oor die loods wat eers wou sien of daar kameelperde op die aanloopbaan is voor hy kom land.

      “Of dalk ’n verdwaalde toerbus,” trek John die groot Duitser se been.

      ’n Rukkie later kom Horst Kuhn aangedrentel. Hy is geset en rosig van gelaat. ’n Restaurateur van Frankfurt, stel hy homself aan almal voor.

      ’n Fynproewer wat klaarblyklik nie by proe ophou nie, dink Pretorius.

      “Jy kan met Herklaas resepte uitruil,” spot John. “Benewens sy ander werk in die kamp is hy ook ons kok.”

      Toe begin hy met ’n uiteensetting van die voortreflikhede van kampkos, soos dit ontwikkel het deur die pioniersgeskiedenis van Suidwes. “Tans word dit net deur enkele toegewyde kampkokke, waarvan Herklaas een is, nog behóórlik – dus volgens die tradisionele resepte – voorberei vir enkele gelukkiges. Julle sal almal ná hierdie toer aangename herinneringe met julle kan saamneem van Herklaas se potjies en brade.”

      Pretorius stap ’n entjie weg. Waar de hel kom John aan sulke nonsens? Brade, nogal! Hy het al voorheen hierdie voorbrand vir sy beperkte spyskaart moes aanhoor.

      Toe die volgende lid van hul groep opdaag, merk hy hom dadelik. Avenant Gotschalk lyk soos ’n professor: netjiese grys baard en steil hare. En met ’n gereserveerde houding, asof hy voorlopig sy mening oor sy toergenote voorbehou.

      Pretorius wonder vlugtig wat Gotschalk Suidwes toe bring. Hulle kry selde akademici op hul wildernistoere. Dié wat vir ’n ervaring van die wildernis saamkom, is gewoonlik dier- of plantkundiges, of geoloë. Waarin stel doktor Gotschalk, professor in sosiologie, eintlik belang?

      “Hoe laat vertrek ons?” vra Gotschalk dadelik.

      Pretorius vergeet John se waarskuwing om nooit te spesifiek te wees nie en sê: “Twee-uur.”

      Monika Brett van Der Spiegel daag laaste op, met ’n breë wit glimlag vir die groepie geskaar om John se naambordjie. ’n Ritseling van waarderende belangstelling volg haar gang tussen die ander passasiers deur. Sy is lank en blond. Wulps geklee in ’n kort kakiebroek en moulose T-hemp met ’n kamoefleerontwerp lyk sy soos ’n advertensie in ’n reisbrosjure.

      Met die aanskoulike gleuf tussen haar borste kan die mooie Monika selfs ’n model wees vir Der Spiegel, bespiegel Pretorius. As die voorbladmeisie die dag nie opdaag nie, neem sy sommer vinnig haar plek.

      Hy merk hoe fors die twee soldate by die uitgang nou skielik met uitgestote borste staan. Hulle staar haar met openlike bewondering aan. Blík-sem, hoe lus is ek nou! lees hy hulle gedagtes. ’n Beskouing wat nog onlangs, voor Mea, ook syne sou kon wees.

      Toe al het die gedagte by hom opgekom, wat later akkuraat blyk te gewees het: As op hierdie toer een van hul kliënte moeilikheid gaan veroorsaak, sal dit mejuffrou Brett wees. Sy is soos die begeerlike Lorelei wat menige skeepsvaarder op die rotse laat strand het. Dalk gaan hierdie Lorelei hulle laat verdwaal in die woestyn.

      Soos so dikwels die laaste tyd, laat dit sy gedagtes somber koers kies na Mea. Sy wat hom alleen in Swakopmund onder die palmlaning langs die see agtergelaat het. Hul takke het hartseer vir haar gewuif toe sy wegry, en aangehou wuif toe sy seker al by Karibib verby was op pad na Okahandja. Of nog verder, naby Windhoek. Terug na die sekuriteit van haar kantoor en haar woonstel.

      ’n Man is nie ’n klip nie; toe hy die bus agternakyk, het hy soos ’n geskopte brak gevoel. Geweeg, soos die Bybel sê, en te lig bevind.

      John roep die toergeselskap bymekaar en verdeel hulle in twee groepe: die Schieles en Monika (voorspelbaar) saam met hom, die ander by Pretorius.

      Herr Schiele en Gotschalk wil eers hul terugvlug gaan bevestig. Pretorius, vergesel deur Kuhn en Anchen, gaan solank hul bagasie in die Land Cruisers pak. Aan syne is die kombuissleepwa met die gasstofie, yskas, eetgerei en proviand vir die week gehaak.

      Hy het self die voertuie verander vir die lang, harde ritte deur die wildernis. ’n Dubbelsitplek is agter onder die aluminiumdak ingebou. Die tweehonderdliter-brandstoftenk het hy oor die agteras ingebou, met ’n staalplaat wat dit teen skerp klippe en stompe beskerm. Daar kom ’n honderd liter water in die vlekvryestaaltenk met die handige kraantjie. Op die dakrak word ’n ekstra spaarwiel, die sakke met twee koepeltente, ligte opslaanbedjies en stoele gepak. Laastens het hy die voertuie sandgeel geverf, met hul naam dramaties op die deure.

      Schiele – ’n vervoerman, sou Pretorius later uitvind – kom staan by en bekyk sy laaiery: hoe hy die drasakke op die dakrak tel en vasbind. Schiele knik goedkeurend; hul toerusting beïndruk hom.

      Toe Monika opdaag, neem sy foto’s van die veldvoertuie. Ook van hul onderneming se naam op die deur.

      Dit was John se plan om ’n naam te gebruik wat niemand sal ken nie. Goraseb Safaris klink so half Boesman, soos ’n pleknaam. “Hoe klink Heckrodt en Pretorius Toere vir jou? Soos twee prokureurs, man! Wie wil nou saam met sulke menere veld toe?”

      “Weet jy wat beteken Goraseb?” het Pretorius hom gevra.

      “Nee?”

      “In

Скачать книгу