My ouma in kaneel. Margaret Bakkes

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу My ouma in kaneel - Margaret Bakkes страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
My ouma in kaneel - Margaret Bakkes

Скачать книгу

het Magriet gepas. Sy het baie makliker by haar ma leer somme maak en lees as in die skool, en elke keer as haar pa stad toe gaan met die trein van Wolhuterskop-stasie af, het hy vir haar leesboeke saam teruggebring. Soms het haar nefies in die vakansie kom kuier en dan het hulle van hulle boeke saamgebring. Hulle was dikwels vir haar vies omdat sy liewer gelees het as om met hulle te speel. Op ’n dag het haar oudste nefie, Charl, so by haar geneul om saam met hom fiets te ry dat sy teen wil en dank moes ophou lees aan Koning Eenoog. Sy het sommer weer teruggedink aan die blouboude-tergery en sy het geweet sy moet hom nog eendag terugkry. Hy het haar aanmekaar geboelie en geterg, en sy was nou moeg daarvoor.

      By die tweede kanaal wou hy omdraai. “Ek het ’n nood, Magriet.”

      “Nee, jy wou mos ry. Ons draai nie nou om nie. Ons ry nou tot by Wolhuterskop. Ek het ’n pennie. Ons kan twee stukke drop by die winkel koop.”

      “Ek móét omdraai, Magriet. Ek kan nie meer hou nie.”

      “Nee!” Sy was meteens woedend. “Jy wou mos ry, nou sal jy ry.” Sy het haar fiets gelos en hom met alle mag van syne afgestamp. Hy was te verstom om hom te verset toe sy bo-op hom gaan sit.

      “Magriet, los my, daar gaan fout kom!”

      “Jy wil mos. Jy wil mos. Wie is jou blouboude?”

      Sy het tot haar sinne gekom toe sy sien hy begin huil. Toe het sy geskrik, soos die dag toe sy haar sussie uit die waentjie laat val het en soos die dag toe sy Ella van die wa afgestamp het. Sy het hom gelos. Sy het geweet dat sy moles gemaak het. Sy het op haar fiets gespring en vinnig teruggery huis toe. Sy het een maal omgekyk. Charl was huilend besig om sy fiets te stoot. Dit was vir haar duidelik dat die slag gelewer was.

      Haar ma het haar veel later agter die hoenderhok opgespoor. Haar blou oë was perserig van kwaadgeit.

      “Jy is ’n gemene dogtertjie, Magriet. Om iemand so te verneder. Daarby moes ek die skade opruim. Ek klop nie dikwels nie, maar vandag kry jy streepsuiker. En daarna gaan vra jy jou nefie om verskoning.”

      Haar ma het haar twee harde houe met die rugkant van die borsel gegee. Dit was seer, maar sy het nie gehuil nie. Hy wou mos, hy wou mos. Sy het nou beter gevoel oor die blouboude en sy het ook nie so sleg gevoel dat sy ’n gemene dogtertjie was nie. Haar ma hét haar mos nou geslaan. Sy sou nog vir haar ma vra wat “verneder” beteken.

      Kort voor hulle weg is van Kareepoort-Oos het haar ouma en oupa vir hulle met die trein kom kuier. Haar pa het hulle op Wolhuterskop-stasie ontmoet en met meneer Sher van die winkel se motor huis toe gebring. Toe haar ouma voor die deur uit die motor klim, het Magriet soos ’n werwelwind op haar afgestorm. Sy het haar arms om die groot lyf in die swart rok geslaan en in haar neus was die bekende geur van Tokalon en laventel en Stella-olie.

      “Magriet, Ouma se kind, jy is dan al yslik groot. Ouma ken jou byna nie.”

      “Ek het nou ’n sussie by, Ouma, en ek kan al lees en skryf, al is ek nie in die skool nie.”

      Vir Magriet was die dae van haar ouma se kuier wonderdae. Sy het haar ouma alles vertel en alles gewys. Hulle het langs die kanale gestap en af na die tabakskure. Sy het haar gewys waar Ella bly en hulle het saam geskrik vir die rooi hoenderhaan wat ’n mens so onverwags kon bestorm. Haar ouma het saam met haar huis-huis gespeel met die nuwe pop wat sy vir haar saamgebring het. En die dag toe haar ouma en oupa weer moes vertrek, het Magriet haar totaal verwese gehuil.

      Haar ma het getroos. “Toe maar, Magriet, een van die dae is ons terug in Kaapland, dan is ons weer nader aan Ouma en Oupa.”

      Deur haar trane het Magriet opgemerk dat haar ma self glad nie so ingenome lyk met die vooruitsig nie. Later, toe sy tot bedaring gekom het en die trein uit sig verdwyn het, het Magriet gevra: “Sal Ma ook bly wees as ons weer naby Ouma bly?”

      Haar ma het lank na haar gekyk. “Hierdie tyd in die Transvaal was ’n goeie tyd, Magriet. Maar nou ja, Döhné is ook nie so naby die plaas nie.”

      Op Döhné moes Magriet weer begin skoolgaan. Haar pa het nou weer ’n motor gehad, maar hy kon haar nie heen en weer neem skool toe nie. Want die skool was ver, op Stutterheim. Hy het vir die goewerneur geskryf en dié het ’n kapkar en ’n perd gekoop waarmee ’n werker haar elke dag skool toe moes neem. Vir haar ma was dit elke liewe dag ’n grote bekommernis. Sy het bitterlik by haar pa gekla. “Dit kan nie so aangaan nie. Fielies ruik elke oggend na drank as hy Magriet hier kom oplaai. Ek het nie rus of duurte voor sy smiddae veilig terug is nie. Jy sal moet vra vir ’n verplasing, na waar daar ander mense met kinders is en waar daar ordentlike voorsiening is.”

      Op ’n dag het haar pa kom sê dat hy ’n verplasing na Grootfontein naby Middelburg gekry het. Magriet was bly. Sy het nooit lekker op Döhné gebly nie. Daar was nie eens een ou maatjie om mee te speel nie. En sy was bang as Fielies die perd so piets om die skerp draai naby die dorp, sodat die kar byna omslaan. Haar ma was ook bly.

      “Ek neem haar nou dadelik uit die skool uit. Die goewerment kan maar die kapkar en die perd en vir Fielies maan toe stuur vir al wat ek omgee. Ek het elke dag my kind se lewe gewaag. In Middelburg kan sy maar oorbegin. Sy sal nie sukkel nie. Sy lees reeds beter as die meeste kinders van haar jare.”

      “Ons sal ook meer van Ma-hulle sien as ons in Middelburg is. Die treine loop makliker.”

      Haar ma het weggekyk en sy het glad nie bly gelyk nie. Vir Magriet was hierdie nuus van haar pa die kroon op die lekker van die weggaan.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4SU8RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMTowMSAwNzoz Njo0MQAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGU6ADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAACQGAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/iDFhJQ0NfUFJPRklMRQABAQAADEhMaW5v AhAAAG1udHJSR0IgWFlaIAfOAAIACQAGADEAAGFjc3BNU0ZUAAAAAElFQyBzUkdCAAAAAAAAAAAA AAAAAAD21gABAAAAANMtSFAgIAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA AAAAAAAAAAAAEWNwcnQAAAFQAAAAM2Rlc2MAAAGEAAAAbHd0cHQAAAHwAAAAFGJrcHQAAAIEAAAA FHJYWVoAAAIYAAAAFGdYWVoAAAIsAAAAFGJYWVoAAAJAAAAAFGRtbmQAAAJUAAAAcGRtZGQAAALE AAAAiHZ1ZWQAAANMAAAAhnZpZXcAAAPUAAAAJGx1bWkAAAP4AAAAFG1lYXMAAAQMAAAAJHRlY2gA AAQwAAAADHJUUkMAAAQ8AAAIDGdUUkMAAAQ8AAAIDGJUUkMAAAQ8AAAIDHRleHQAAAAAQ29weXJp Z2h0IChjKSAxOTk4IEhld2xldHQtUGFja2FyZCBDb21wYW55AABkZXNjAAAAAAAAABJzUkdCIElF QzYxOTY2LTIuMQAAAAAAAAAAAAAAEnNSR0IgSUVDNjE5NjYtMi4xAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAABYWVogAAAAAAAA81EAAQAAAAEWzFhZWi

Скачать книгу