'n Nuwe begin. Christine le Roux

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Nuwe begin - Christine le Roux страница 3

'n Nuwe begin - Christine le Roux

Скачать книгу

so uitgeput dat sy dadelik weer wil slaap, maar die res van die dag bly besig. Hulle stoot haar in ’n rolstoel na ’n ander deel van die hospitaal waar dokter Beyers haar deur ’n reeks uitmergelende toetse sit. Dit voel vir haar asof daar elke sekonde van die dag iemand is wat in haar oë tuur of vrae vra of ledemate beweeg. Hulle maak elektrodes aan haar kaalgeskeerde kop vas en meet haar breingolwe en sy is heeltemal gedaan toe sy teen die aand weer in haar bed wakker word.

      Dis ook nes die vorige aand. Die man, Gerard, sit weer langs haar bed, dié keer nie met blomme op sy skoot nie, maar met ’n lêer vol papiere wat hy deurlees.

      “Jy’s wakker,” sê hy toe hy sien haar oë is oop. “Ek het gedog jy gaan die hele besoektyd omslaap.”

      “Hulle het my regtig moeg gemaak vandag,” sê sy verskonend.

      “Ek hoor so, maar dokter Beyers is baie tevrede. Hy sê daar is absoluut niks met jou verkeerd nie. Al jou sintuie werk normaal, jou motoriese handeling is op geen manier aangetas nie en –”

      “Ek kan dan niks onthou nie,” val sy hom in die rede.

      “Ja, maar hulle reken dit sal mettertyd regkom. Dit kan bloot tydelik wees. Jy het daardie lamppaal met jou kop getref en dis ’n genade dat jy nog leef.”

      “Ek het seker ’n baie harde kop,” probeer sy spot.

      Hy kyk haar ’n oomblik lank deurdringend aan, maar sê niks nie.

      “Kom jy vyf weke lank reeds elke aand kuier?” vra sy na ’n ruk.

      “Natuurlik. Aan die begin was ek heeldag hier.”

      Sy lyk verbaas. “En jy ken my nie eers nie!”

      Hy glimlag droogweg. “Nee, Emilia, ek ken jóú. Dis jý wat mý nie ken nie.”

      “Daar was nooit iemand anders nie,” sê sy. “Het ek nie vriende of familie nie?”

      “Niemand behalwe ek is toegelaat om jou te sien nie. Noudat jy wakker is en amper op die been, sal hulle seker die ander toelaat.”

      “Nee!” roep sy skerp. “Ek is jammer, maar dit sal tog nie help nie. Ek sal hulle mos nie herken nie? Dit sal net ’n verleentheid wees.”

      Hy kyk haar weer aan met sy deurdringende blik. “Wil jy hê ek moet hulle vra om geen ander besoekers toe te laat nie?”

      “Asseblief, ja. Ek kan dit nie – ek sal nie weet –”

      “Dis geen probleem nie,” sê hy rustig en hou die lêer op sy skoot toe. “Dokter Beyers sê sodra jy sterker is, kan jy maar huis toe kom. Van môre af sal jy moet oefen om te loop sodat jou spiere ook weer kan herstel.”

      Huis toe, dink sy oorstelp. Sy weet nie waar dit is of hoe dit sal wees nie. Sy wil liewer in die hospitaal bly. Haar kamer ken sy en die gesigte is bekend. Buite hierdie mure wag ’n wêreld wat vir haar so ontstellend vreemd voel dat sy dit nie kan hanteer nie. Sy wil nie eers daaroor dink nie. “Is jy ’n advokaat?” vra sy om weg te kom van die vreesgedagtes.

      “Ja.”

      “Dan is jy seker baie besig? Hierdie besoeke aan die hospitaal moes jou tyd vreeslik gemors het.”

      Hy bestudeer haar gesig ’n lang oomblik voor hy antwoord. “Nee, nie regtig nie,” sê hy dan gelykmatig.

      “Is ek iets?” vra sy naïef. “’n Dokter of ’n advokaat of iets.”

      Hy lyk geamuseerd. “Nee, jy het nie gewerk nie.”

      Sy dink skielik aan iets, ’n gedagte so benouend dat haar keel wil toetrek. “Het ons kinders?”

      “Nee.”

      Sy blaas haar asem stadig uit. Dit sou sy hoegenaamd nie kon hanteer nie. “Is ons kort tevore getroud?”

      “Nee,” sê hy met sy gelykmatige stem. “Ons was al vyf jaar getroud.”

      Haar gedagtes spring so wild rond dat dit haar kop seermaak. Hoe is dit moontlik dat sy niks kan onthou nie? Hoe kon sy vyf jaar lank met ’n man saamgelewe het en nie eers sy gesig herken nie? Hy lyk vir haar na ’n gawe man, maar sy ken hom ewe goed of ewe sleg as wat sy dokter Beyers ken. “Hoe oud is jy?” vra sy.

      “Agt-en-dertig.”

      “En ek?”

      “Dertig.”

      Sy herkou die inligting. “Ek is dus nie meer jonk nie.”

      “Ek sou dit nie sê nie,” antwoord hy. “Op die oomblik lyk jy sestien. ’n Seun van sestien.”

      Sy glimlag verleë en vryf werktuiglik oor haar borselkop. “As jy my al lank ken, lyk ek seker nou baie lelik.”

      “Ek ken jou al lank,” sê hy beslis. “En nee, jy lyk nie lelik nie. Aan die begin, toe jou gesig so geswel was en jou oë potblou, was dit ’n ander storie. Toe het dit egter nie saak gemaak nie. Ek wou net hê jy moes bly leef.”

      Sy skram weg van die intensiteit in sy stern. “Ek is nou moeg. Vir iemand wat vyf weke lank geslaap het, was vandag baie uitmergelend.”

      “Besoektyd is buitendien verby,” sê hy en staan op. “Ek hoop jy slaap lekker. Sien jou môreaand weer.” Hy druk die lêer onder sy arm en kyk na haar. Vir ’n benoude oomblik is sy bang hy wil haar soen, maar hy knik net vriendelik en stap na die deur. Sy draai op haar sy en trek die komberse oor haar skouers. Haar kop pyn van al die gedagtes. Waarheen gaan hy nou? Waar is sy huis. Hul huis? Hoe lyk die huis? Is dit vol besittings waarvan sy niks weet of kan onthou nie?

      “Ag nee,” sê die verpleegster toe sy later inkom om Emilia te sien. “Hoekom huil jy?”

      “Ek weet nie wat ek gaan doen nie,” sê Emilia radeloos. “Hoe kom ’n mens reg as jy twee dae gelede eers gebore is?”

      Hoofstuk twee

      Hoofstuk twee

      Die volgende paar dae is vir Emilia angsaanjaend. Aan die een kant word haar bene sterker, kan sy heen en weer stap, self in en uit die bad klim, maar aan die ander kant pyn haar kop omtrent pal soos sy probeer onthou.

      “Dis mos nie moontlik nie?” wend sy haar tot dokter Beyers. “Waar is al die kennis? Wat het geword van dertig jaar se geheue?”

      “Moenie jouself so treiter nie,” paai hy. “Jy kan nie die geheue terugdwing nie. Dit sal vanself kom. Jy sal geduldig moet wees.”

      “Maar ek ken niemand nie! Nie eers my eie ma nie!”

      Die vorige aand het ’n baie elegante gryskopvrou by haar kamer ingebars gekom, haar omhels en in trane uitgebars. Emilia het stokstyf in die bed gelê en wag dat die vrou tot bedaring kom.

      “Jy weet nie waardeur ons is nie,” het die vrou gesê toe sy weer kalm was. “Ek en Andrew was in Frankryk toe Gerard ons bel met die verskriklike nuus. Ons het dadelik teruggevlieg, en weke lank

Скачать книгу