Die vrou in die vuur. Riana Scheepers

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die vrou in die vuur - Riana Scheepers страница 6

Die vrou in die vuur - Riana Scheepers

Скачать книгу

sonkant van ’n rooigebakte miershoop gaan lê. Hy het opgekyk, spatsels son sien breek in die skrefies van sy oë. Die stat se bontbees wat hy moes oppas, het naby hom met sy kop in die lang wintergras geloop. Hy kon die bees nie sien nie, maar hy kon hoor hoe die gras afgepluk en gevreet word, die gemaal van die bees se herkoue.

      Die kind het aan die slaap geraak met die warm son wat in sy klere en sy vel ingetrek het. En met die geluide van die bees se maag hier naby hom.

      Toe hy wakker skrik, was dit van koue. Hy het teen die miershoop se stam wakker geword en sy oë oopgemaak. Hy kon niks sien nie.

      Terwyl hy geslaap het, het die mis uit die klowe gekom en hom toegevou soos ’n groot, klam kombers. Om hom was daar niks, net die gedempte stilte van die wit mis. Die berghang en die miershope en die rooi aalwyne wat in die son by hom was, het weggeraak.

      Dit was asof hy in ’n nag inkyk, ’n ligte nag sonder sterre.

      “Hawu, Bakithi!”

      Die kind het dronkerig opgestaan en probeer onthou wat met hom gebeur het. Die koue het hom kom haal uit die ver land waarheen ’n slapende kind gaan, en hy was nog nie wakker genoeg om te weet wat intussen met hom en met die veld gebeur het nie. Die klam lug het hom laat bewe, en hy het sy hande diep in die baadjie se sakke gedruk. Sy hande het deur die gate in die sakke gesteek; hy kon aan sy dun bobene vat. Sy oë het probeer inkyk in die mis.

      “Ubuhalalazi, izinkungu,” het hy wakker geword.

      Dit was nie die eerste keer dat die mis hom op die berg vasgekeer het nie. Hy het nie daarvoor geskrik nie. Maar die ander kere het hy die mis sien aankom. Nog altyd het hy oop-oë in die gras gesit en kon hy sien hoe die witterige wol van die lug dik word en karosse word en wolke word. Hy kon sién hoe die mis soos rook uit die stamme van die dennebome kom. En dan het hy met fluite en klippe die bees gaan aankeer en sy huisrigting reggekry. Teen die tyd dat die mis dik om hom was, was hy reeds in die vasgetrapte voetpad oor die heuwels, wat die bees geken en vanself huis toe laat loop het. Hy moes maar net agter die dier bly aanloop totdat die stat voor hom in die pad opgedoem het en hy die vure kon sien. Partykeer, as hy al naby die huis in die breë, uitgetrapte voetpad was, het hy hard geskree totdat hulle hom hoor.

      “Nango! Baba, nango!” Hier is ek! Die mense by die stat het dan teruggeroep en geskree totdat hy by hulle was en hy hulle kon sien. Soms het sy boetie gekom om hom in die donkerte van die mis te help met die bees se toemaak in die doringkraal.

      Maar nou, in sy slaap, en in die mis, het die hele wêreld omgedraai en op ander plekke gaan lê – hy kon nie sien waar die heuwelpunte en die bome en die afgronde is nie.

      Die miershoop het teen sy been gedruk. Hy het styf teen die harde hoop rooigrond bly staan. Die miershoop moes hom ’n aanduiding gee hoe om te loop. Maar loop kon hy nie – nie so in die niks in nie. Daar was nie meer van die son se hitte in die miershoop oor nie, en hy kon nie onthou presies wáár in die veld die miershoop gestaan het nie.

      Hy het geweet dat die mis oor ’n rukkie kon oopskeur en in die klowe kon wegsak soos water. Dan sou dit weer ’n oop dag wees met drywende wolke en vlekke son op die heuwels. Of dat dit só kon bly lê en kieza vir baie dae aanmekaar. En dat die mense by die huis hom dan nie sal kom soek nie.

      Toe het hy onthou van die bees. En dat die kloof se afgrond tussen hom en die bees en die huis lê. En dat hy die bees moes oppas.

      Die skrik het in sy vleis ingekom soos ’n naarheid, en hy het stadig teen die miershoop af gehurk.

      Ubuhalalazi, izinkungu. Doodmaakmis.

      Hy het baie stil gesit om te luister of hy die bees kon hoor en in die mis ingekyk om te sien of die bees nie dalk naby hom staan nie. Dit het vir hom geklink asof hy naby hom die dowwe plofgeluide kon hoor van ’n bees wat sy stert lig, en hy het opgespring. Om hom was dit te wit om iets te sien. Hy het sy beesfluit gefluit om die bees te laat hoor dat hy daar is en dat die dier na hom toe moet loop. Hy het weer gehurk en geluister, maar kon niks verder hoor nie. Die mis was ’n waterige muur wat die geluid in sy mond teruggedruk het. As die bees daar êrens was, kon hy hom nie sien nie. Hy het opgestaan en ’n paar tree vorentoe geloop, gekyk of hy die bees se bont vel kon uitmaak.

      Sy een voet het in ’n sagtheid getrap wat onverwags warm en welriekend om sy voet gevou het.

      Die bees wás hier! Die bees is hier naby hom! Hy het met altwee voete in die sagte nat beesmis gaan staan, die beesfluit tussen sy tande deur gegee, en gevoel hoe die warmte van die mis in sy koue voete intrek. Hy het weer gefluit vir die bees wat onsigbaar naby was.

      Daar is geen teken dat die mis gaan opklaar nie. Die beesmis het sy hitte stadig verloor, sy lyf in die baadjie het kouer en kouer geword. Hy het teruggedraai en soos ’n blinde mens met sy voete begin soek na die miershoop om uit die wind se skerpkant te kom. Dit was skielik weg.

      Ná nog ’n paar tree het hy hom trompop daarin vasgeloop. Was dit dieselfde hoop grond as netnou? Die bang en die koue en die bees se spook het hom gevat en teen die grond vasgedruk.

      Die bees gaan die afgrondpad vat en by die kranse afval.

      Die Isangoma gaan hom kry en sy lyf stukkie vir stukkie opsny vir muti terwyl hy nog lewendig is.

      Hy sal doodgaan van die koue.

      Hy gaan saam met die bees die afgronde instort.

      Hy gaan verdwaal en verdwaal en by wit mense uitkom.

      Hy sal nooit weer die huis kry nie en vir altyd bly rondloop.

      Hy gaan in die veld van honger doodgaan.

      Die rooikatte gaan hom voorlê.

      Niks was erger as om sonder die bees by die doringkraal aan te kom nie.

      Hy het die miershoop gelos en in die mis ingeloop.

      Dom koei

      Die groepie mense in die takkerige skaduwee onder die doringbome het ’n lustelose gelatenheid oor hulle. Hulle sit buitekant die kliniek, enigste mediese hulpsentrum in die omgewing, en wag sonder haas hulle beurt af om by die deur in te skuifel en die suster te sien. Daar is vroue met huilende babas op die rug vasgewoel, kaal kleuters wat in die stof rondkruip, ou, blinde mans wie se dun bene onder flenterkomberse uitsteek.

      Die meeste vroue wat onder die bome wag, het gekom om blikmelk vir die babas te kom haal, om kleuters te laat inent, of om die inspuiting te kry. Die siekes kom vir salwe wat aan oopgebarste swere gesmeer moet word, verbande en pille, slukgoed wat die duiwels uit die maag moet jaag, of botteltjies oogdruppels om in smetterige oë te gooi.

      Pasiënte wat meer dramatiese siektes het, gaan na die sendinghospitaal 12 kilometer verder.

      Die siekes en die wagtendes het hulle op die grond in die effense koelte tuisgemaak, gereed vir ’n wag wat die hele dag in die Afrika-son gaan duur.

      Die student wat by die kliniek werk, staan in die buitedeur. Sy tel die mense wat alreeds onder die bome sit. Hoeveel van hulle regtig pasiënte is, kan sy nie sê nie; elke pasiënt word vergesel van sy belangrikste familielede. Deur die dag sal die getal wel nog aangroei.

      Die kliniekgebou en die aangrensende buitegeboue is ’n witgekalkte gehuggie op ’n oopgetrapte stuk rooigrond. Die werf is omhein met ’n doringdraad wat plek-plek so slap hang dat dit nog nooit die buurt se bokke en bontbeeste kon uithou nie. Aan die westekant van die oop stuk grond staan

Скачать книгу