C'est la vie. Lanie van Reenen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу C'est la vie - Lanie van Reenen страница 12

C'est la vie - Lanie van Reenen

Скачать книгу

met my volle bewuswees. Omdat my reisgenote my nie ken nie, kan ek die één keer maak of ek ’n introvert is – ek leer ’n nuwe vryheid ken.

      Alleen reis is ’n reis na binne.

      Hoofstuk 14

      My man wil reeds geruime tyd nie meer met my saamgaan of meedoen nie. Dit is asof my lus vir die lewe en die nuwe ervaringe wat ek gaan soek en aangryp sy moegheid en depressie onderstreep. Dit is asof hy my verwens omdat ek hom nie gelukkiger kan maak nie. Soms sê hy dit hardop. Miskien is hy net nie met die regte persoon getroud nie, miskien gaan die fout so ver terug soos daardie tyd toe ek in die Denmar-kliniek was en hy vasgekeer gevoel het. Dan slaan hy sy polse saam asof hy geboei is. As hy dit maar by sy “sielsgenoot” uitgehou het.

      Dit voel vir my dat sy ongelukkigheid aan die molekules in die lug kleef, verweef is met die grein van die houttrap in ons huis. Soos ’n swart gat in die heelal verslind dit optimisme en vrolikheid.

      Dit is verby praat en verstaan. Hy trek in die spaarkamer in. Hy sny my van hom af.

      Op die vooraand van ons dertigste huweliksherdenking gaan kruip ek by hom in. “Môre sal ons dertig jaar getroud wees,” sê ek. Ek wil my lyf in die buiging van syne invou, ek wil hê dat hy sy arms moet oopmaak vir my sodat ek my kop in die holte by sy skouer kan neerlê. Ek wil hê alles moet weer goed word soos vorige kere.

      Hy lê doodstil. Dan kreun hy. ’n Geluid wat meer sê as woorde. Uit een van die Simon en Garfunkel-liedjies wat Michael sing, onthou ek ’n reël: He gives the world its saddest sound, its saddest sound . . .

      Ek lê die nag lank seer wakker langs hom tot ons vroegoggend woordeloos opstaan.

      Nadat hy werk toe is, gaan sit ek in my kamerjas by die kombuistafel. Dit is oor, weet ek. Ons huwelik is oor. Die wete maak dat iets in my binnekant inplof en die fisieke gevolg daarvan is dat ek nie kan opstaan nie. Uur ná uur sit ek net. Die meisies van die gastehuis kom my soek. Die een wil dít weet, die ander dát. “Maak maar soos julle goed dink,” sê ek net.

      My vriendin Merwede van der Merwe bel van Greyton. Sy is intuïtief ingestel op my wel en wee en het die buitengewone gawe om my te bel op presies die oomblikke wanneer belangrike dinge in my lewe roer en skuif. Of ineenstort.

      “Mer, ek kan net hier opstaan as ek weet hoe nou verder met my lewe,” sê ek vir haar.

      “Pak in en ry Greyton toe,” sê sy.

      Omdat ek nou ’n plan het, al hou dit net vir die volgende twee uur, gee my lyf gehoor aan die opdrag.

      Staan op, pak in, ry Greyton toe.

      Michael stap die kamer binne terwyl ek inpak. Hy skrik as hy my tas sien. “Wat nou?” vra hy.

      “Ek gaan weg,” sê ek.

      Ons hou mekaar ’n ruk lank vas, niks meer om te sê nie.

      Ek verduidelik vir die kinders dat ek oorwerk voel en sommer net vir ’n paar dae alleen wil weggaan. Nicolaas is altyd gelukkig om by Nina, wat weer by ons woon, agter te bly. Sy is minder streng oor TV kyk en rekenaarspeletjies en bestel baie maklik wegneempizza vir aandete.

      Op Greyton kry ek ’n klein cottage wat soos ’n pophuis lyk, maar ek voel veilig en geborge daar. Elke oggend vroeg stap ek na die smal rivier net buite die dorpie en gaan sit elke keer op dieselfde groot klip in die middel van die stroom. Water vloei weerskante van die klip verby. Ek doen wat ek al tevore gedoen het wanneer die gebeure in my lewe my tot stilstand dwing. Ek sit met toe oë, in die oomblik, sonder verwagting of ’n agenda en met net die een gedagte: Hier is ek nou, Here. Asof die afspraak lankal reeds gemaak is.

      Laatmiddag stap ek en Merwede deur die rustige, gemanikuurde dorpie. Ek praat en sy luister, of sy praat en ek luister. Met haar diep insig wat met jare se ervaring gekom het en selfstudie van die dinge wat ons nie sien nie, help sy my om “van bo” af te kyk, ’n engelperspektief op my lewe te probeer kry.

      Een oggend stap ek terug van die rivier na die huisie en skryf aan Michael ’n brief waarin ek erken dat ons huwelik verby is; erkenning gee aan alles wat ons lewe saam was en hoe dit wat wonderlik en goed was, altyd sal manifesteer in die beste wat uit ons saamwees voortgespruit het, naamlik ons kinders. Ek faks dit deur na sy kantoor in Kaapstad, klim op my fiets en slaan lukraak ’n rigting in. Ek ry ver en hard en my asem jaag. Skielik is daar ’n wind van agter wat so sterk waai dat dit voel of ek vlieg. Vinnig en moeiteloos ry ek. In my verbeelding het ek vlerke, styg ek op. Die gevoel van bevryding is intens en fisiek.

      En by ons huis in Kaapstad gebeur daar presies op dieselfde tydstip iets merkwaardigs: ’n Skelm klim op ons balkon, klim deur die oop venster van die studeerkamer en breek die laai oop waarin ek my juwele toesluit. Hy vat alles, onder meer my trou- en verloofring, wat ek net onlangs daar gaan bêre het.

      ’n Paar dae later gaan ek terug huis toe. Michael het intussen met sy klerekas se inhoud na Walkabout getrek. Die dogters hoor die nuus van ons skeiding somber aan, maar albei bevestig stilswyend: Dis tyd, Mamma.

      Michelli, ons kind wat met die hande op die heupe gebore is, sê selfbeskermend: “Wel, solank julle net weet, ék het in ’n gelukkige huis grootgeword!”

      Nina kyk my met groot, jammer oë aan.

      Nicolaas, wat dertien jaar oud is, se lyf ruk toe ek hom vertel, asof ’n groot vuis sy wind uitslaan. Hy vou inmekaar en huil bitterlik. Wanneer hy bedaar, sê hy net: “Dit suck!”

      “Unspeakable,” sê ’n vriend wat ek raakloop as ek hom vertel dat ek en my man uitmekaar is. Net iemand wat self al daar was, sal weet hoe dit is wanneer woorde tekortskiet. Unspeakable.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4R8HRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAgAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkodpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNS4xIE1hY2ludG9zaAAyMDEyOjEyOjEzIDE2 OjMxOjQ5AAAAAAOgAQADAAAAAQABAACgAgAEAAAAAQAABmWgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAAdzQAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAZgMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/ AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsBAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkK CxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwzAQACEQMEIRIxBUFRYRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWS U/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXCo3Q2F9JV4mXys4

Скачать книгу