Vegter en balling. Chris Schoeman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vegter en balling - Chris Schoeman страница 2

Vegter en balling - Chris Schoeman

Скачать книгу

skiet wortel in Afrika

      Charles von Maltitz se verhaal is in vele opsigte soortgelyk aan dié van tientalle Vrystaatse en Transvaalse Boere­kry­gers. As veldkornet in die Ficksburg-kommando het hy amper ’n jaar lank moedig teen die Britse magte in die Anglo-Boere­oorlog geveg voordat hy in die Brandwaterkom in die Fou­ries­burg-distrik krygsgevange geneem is. Hy is daarna eers by Groenpunt en Simonstad aangehou voordat hy na Trichino­poly in Indië gestuur is. ’n Paar maande ná vredesluiting op 31 Mei 1902 het hy saam met talle ander krygsgevangenes na Suid-Afrika teruggekeer, waar hulle opnuut ’n lewe moes maak in ’n verwoeste land.

      Dié offisier het ’n merkwaardige verhaal en nie net oor sy dramatiese ontsnappingspoging uit die kamp in Trichinopoly in Indië of die wyse waarop hy vriend en vyand se vertroue kon wen nie. Sy getroue dagboekinskrywings toon ’n sterk persoonlikheid en ’n man van bogemiddelde intelligensie wat boonop ’n wonderlike humorsin gehad het. Sy dikwels gedetailleerde aantekeninge en eerlike opmerkings bied ’n blik op die alledaagse lewe in die krygsgevangenekampe, watter fisieke ontberings hulle te bowe moes kom en die emosionele druk wat hulle verduur het.

      Charles von Maltitz kom uit ’n familie met pioniersbloed in hul are en ’n sterk militêre agtergrond. Sy stamboom strek oor twee kontinente, want die eerste Von Maltitz wat in Suid-Afrika voet aan wal gesit het, was die Duitser Johann Conrad von Maltitz (1793-1847) – Charles se oupagrootjie. 3 Hy was ’n afstammeling van die Huis van Von Maltitz wat teruggevoer kan word na Albrecht von Maltitz wat in die jaar 934 n.C. in Sakse in vandag se Duitsland gebore is.

      Volgens die familiegeskiedenis Von Maltitz in Africa het Johann von Maltitz in die 2de Nassau-regiment onder Napo­leon in Spanje diens gedoen. Hy is egter gevange geneem en na Madrid gestuur waar hy aan die Britse owerhede oorhandig is. Hierna is hy na Engeland gestuur waar hy in Portsmouth gevange gehou is.4 Met die uitbreek van die Vierde Grensoorlog in die Oos-Kaap in 1812 het Brittanje weens ’n tekort aan troepe ook onder die Duitse gevangenes vrywilligers begin werf. Johann het saam met die 60ste Regi­ment na Suid-Afrika vertrek waar hy op 2 Desember 1813 aan die Kaap geland het.5 Ná vyf jaar het hy die militêre diens verlaat en vir sowat twee jaar in Sentraal-Afrika grootwild gejag. Daarna het hy besighede in Port Elizabeth, Kaapstad en later in Uitenhage bedryf.

      In 1822 trou Johann met Maria Magdalena Terblanche (1799-1859) en die egpaar vestig hulle ’n dekade later in Colesberg.6 Charles se oupagrootjie was die heel eerste persoon wat ’n winkel in Colesberg bedryf het. Vroeg in 1833, toe die Franse sendeling Eugene Casalis dié dorpie op pad na die Transgariep besoek het, was hy verbaas toe Johann von Maltitz met hom in sy eie taal kon gesels. Von Maltitz het op daardie tydstip in een van die huisies rondom die ou strooidakkerkie gewoon.7 Teen die einde van 1842, toe ’n Britse garnisoen daar gevestig is, was sy winkel een van ’n paar in die hoofstraat. Ten tyde van sy dood in 1847 het hy reeds die plaas Riekertsfontein (later Longwood) en ’n winkel in Dwarsstraat besit. 8

      Johann en Maria se oudste seun was Peter Johan Michael (1825-1893).9 Hy is in 1844 in Colesberg met Johanna Catha­rina van Brakel de Waal (1826-1900) getroud en hulle het elf kinders gehad, waarvan slegs sewe hul kinderjare oorleef het.10 Een van hierdie kinders was Adriaan Friedrich von Maltitz (1848-1910), Charles se pa.

      Peter en sy broer, Ludwig (1823-1865), het later uitgebrei­de belange in die dorp en in die omgewing gehad. Jaar na jaar het hulle plase opgekoop en teen 1860 het hulle een groot veeplaas besit wat myle ver vanaf die Toverberg (vandag Coleskop) al langs die Hanover-pad gestrek het.11 “Out­standing among them and high in social stature in the local community were the Von Maltitz brothers who, with their store in the dorp near to their town house on Vaalbank (as the rise behind the church was called) and their farms with­in riding distance, participated in all spheres of Toverberg [Colesberg] life,” skryf Thelma Gutsche in haar geskiedenis van dié dorp.12 Ludwig was in ’n stadium selfs lid van die Kaapse Parlement.

      Die kleinhandelwinkel in Dwarsstraat, oos van die bekende N.G. Kerk, het hulle in 1847 saam met die plaas Riekerts­fon­tein by hul pa geërf. Hulle het ook ’n vei­lingbesigheid besit. Peter en sy gesin het op Riekertsfontein sowat 20 km suidwes van Colesberg gewoon en later na een van sy ander plase, Middelwater, verhuis. Hul dorpshuis was in Stockenstroom­straat13 – vandag een van die mooiste strate in Colesberg.

      Peter was ’n welvarende boer wat renperde geteel en met skape en volstruise geboer het. Hy was bekend daarvoor dat hy dinge in groot styl gedoen het. In 1853 het hy byvoorbeeld skaapramme van die Franse imperiale stoet ingevoer en hy het gereeld perdewedrenne op die dorp gereël. Hy het egter nie bloot ’n gemaksugtige lewe gelei nie. Voor die uitbreek van die Agtste Grensoorlog in 1850 het Peter ’n groe­pie vrywilligers van Colesberg na Cradock gelei aangesien laasgenoemde dorp op daardie tydstip deur Xhosas en Hot­tentotte bedreig is. Die groep het ’n tydjie aan die front deurgebring14 en sodoende het Peter die militêre tradisie binne die Von Maltitz-familie voortgesit, soos sy seun en kleinseuns ook ná hom sou doen.

      Toe Peter se broer Ludwig in 1865 sterf, is die broers se huise en winkels saam verkoop. Peter wou meer tyd aan sy boerdery afstaan en het op Middelwater aangebly. Die winkel is aan C.W. Mathews verkoop, wat egter nie die mas opgekom het nie en Peter se hoofklerk, ene Kilgour, het toe die besigheid oorgeneem.15 Peter het egter vir hom borg gestaan – met rampspoedige gevolge. Toe die besigheid vou en Kilgour boonop die kluts kwytraak, moes Peter met die aardige bedrag van £36 000 vorendag kom.16 Hy het die saak in die hande van die Raad van Eksekuteurs gelaat, maar hulle het eenvoudig alles aan die hoogste bieër verkoop en Peter is insolvent verklaar. Hy was toe 45 jaar oud.

      Hierna het hy ’n ossewa gepak en ná ’n drie maande lange trek in 1867 by sy swaer, Pieter de Waal, in die Vrystaatse Riemland aangesluit.17 Dié streek sluit die hedendaagse dorpe van Heilbron, Petrus Steyn, Lindley, Arlington en Rosen­­dal in. Hierdie uitgestrekte wêreld van graslande was gedurende die vroeë 1800’s bekend om groot troppe wild. Dié wild is gejag en dit het groot hoeveelhede rieme opgelewer, vandaar dat die Voortrekkers die gebied die “Riemland” ge­noem het.

      Peter het hier drie plase aan die walle van die Kromspruit gekoop wat in 1876 in sy naam oorgedra is.18 Weldra was hy weer ’n welvarende man. Hy is in 1893 op sy plaas Saxony oorlede en sy vrou, Johanna, in 1900.19

      Toe Peter von Maltitz in 1867 al sy bates verloor het, was sy seun Adriaan 20 jaar oud. Adriaan het sy skoolopleiding aan die bekende South African College School (SACS) in Kaap­stad ontvang. Hy was sedert sy kinderjare gewoond aan ’n weelderige leefstyl en die ramp wat sy pa getref het, was vir hom ’n groot slag. Adriaan het sy pa nie na die Riemland vergesel nie. Hy was in daardie stadium verloof aan Alida Hendrina Roos (1848-1913) en hulle is in 1868 in Colesberg getroud. (Alida se pa, Charl F. Roos, het die ossewa geskenk wat Adriaan se pa gebruik het om na die Riemland te trek.)

      ’n Jaar nadat Adriaan en Alida getroud is, is hul eerste­ling, Charles Francois Roos von Maltitz, op 8 Maart 1869 op die plaas Rietbult by Colesberg gebore. Hy was die eerste van vyf seuns wat hul kinderjare oorleef het. Daarna kom Pieter (gebore 1873, gedoop Peter), Jan (gebore 1874, gedoop Johan), Maltitz (gebore in 1877, maar sterf die volgende jaar), Attie (gebore 1881, gedoop Adriaan), Fritz (gebore 1884, gedoop Friedrich), Emil (gebore 1889, sterf as jong seun in 1902), en Ludwig (gebore 1891). Hulle het ook drie dogters gehad: Johanna, Alida en Charlotte.

      Adriaan was ’n aantreklike, lang man en sy oop, vriendelike geaardheid en vrygewigheid het hom gewild gemaak.20 Hy was, om ’n hedendaagse literêre verwysing te gebruik, ’n oom Schalk Lourens-tipe figuur en was bekend as ’n bobaas-storieverteller. Hy was blykbaar ook ’n vreeslose mens wat terselfdertyd rusteloos was en klaarblyklik impulsiewe besluite geneem en opgetree het soos die gier hom beet­gepak het.

      Adriaan het eers vir sy skoonpa (wat geen seuns gehad het nie) op dié se plaas Wittekrantz in die Ficksburg-distrik gewerk.21 Charles von Maltitz sou hierdie plaas jare later uit sy oupa se boedel koop. Die lewe op die plaas was egter vir Adriaan te eentonig en hy het toe besluit om

Скачать книгу